Soektog na vermiste peuter eindig tragies

Foto: Verskaf.

Die liggaam van die tweejarige Ntlaleng Kgola wat vermis geraak het toe haar ouers, vermoedelik onder die invloed van alkohol, aan die slaap geraak het, is gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die nuus Maandagmiddag aan Maroela Media bevestig. “Haar liggaam is so ʼn rukkie gelede deur die polisie opgespoor. Sy het geen sigbare beserings opgedoen nie en geen vuilspel word in dié stadium vermoed nie,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het gesê die nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.

Maroela Media het vroeër berig die polisie in Limpopo het ʼn volskaalse soektog na Ntlaleng van stapel gestuur nadat sy Sondag in die Witpoort-omgewing buite Lephalale vermis geraak het.

Ngoepe het gesê Ntlaleng se ouers, wat vermoedelik dronk was, het saam met Ntlaleng en haar vierjarige suster van die dorp af huis toe geloop. Die ouerpaar het toe glo besluit om te rus en het onder ʼn boom aan die slaap geraak.

“Toe hulle later, omstreeks 19:00, wakker word, kon hulle die tweejarige nie opspoor nie,” het Ngoepe gesê. Die ouerpaar het die polisie van die voorval in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Antoinette ·

Hoop ouers word aangekla van moord of verlating. Hul sal nooit weer in hul lewe dronk wees nie. Net jammer is te laat

leon ·

So tragies hoop die ouers word van n ernstige misdaad soos strafbare manslag aangekla hulle het deur hul nalatigheid kind se dood veroorsaak

Nolene ·

Ek hoop van harte hierdie mense word toegesluit en die ander kind word vir mense gegee wat haar kan oppas en na haar sal kyk.
Skandelik

G ·

Sluit daai twee nikswerd van ouers toe en gooi die sleutels weg
dit maak mens net baie omgekrap as jy sulke nuus lees

Jan ·

Wat is ń ” peuter”?

Bedoel julle dalk “kleuter”?

Kan julle net nie speel nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jan

‘n “Peuter” is ‘n kind groter as ‘n baba, maar jonger as ‘n kleuter.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Klasie van Heerden ·

Ek dink jy moet jou Moedertaal opknap voordat jy kritiek lewer

Speedguard ·

Ai Jan , in watter era leef jy? Jy slaan werklik jou naam met ‘n plank! Dankie MM , nou behoort selfs die Peuters dit te verstaan !!

Sdl ·

Laat ons sien hoe lyk die ouers net soos met Poppie se saak. Hoop die saak gaan ook Hooggereg Hof toe.

Johnny ·

2 jaar ; ouers in koma van drank Asseblief Here neem haar in u arms ; Dit is so hartseer

Alida ·

Dit is aaklig. Die dronk ouers moet tronkstraf kry dit is moord. As sy nie vermoor is nie kon n slang haar gepik het. Siestog.

Noem my Sarie ·

Kindermishandeling op sy beste. Ma en pa uitgepass van dronk en die kind raak weg en gaan dood. Ds baie baie erg.

Piet Pompies ·

Dit is die tragedie van swak sosiale bestaan onder mense, onskuldige kinders ly daaronder. ‘n Tyd gelede het ‘n dronk ma met haar baba op haar rug by my broer se huis aangekom, in haar dronkenskap het sy agteroor op die kind geval, na ‘n tweede val het hulle die kind by haar weg geneem en die polisie ontbied.

Sulize ·

Dit is so hartseer om te sien dat ouers nie na hul kinders kan omsien nie.en veral as daar drank betoke is. Ek hoop van harte dat die ouers veranwoordelik gehou gaan word vir hul kind se dood.
Dit is nie vir my lekker om die tiepe van goed te lees nie.

Sulize ·

Die ouers moet aangekla word! Dit is so hartseer as daar drank betrokke is.

Engela de Klerk ·

Hierdie man en vrou het ‘n drank probleem en het hulp nodig. Hulle is nie noodwendig slegte ouers nie, want hulle het hul vermiste kind aangegee by die Polisie. Tragies.

Cindy ·

Ag nee, dit is so hartseer. Ek het self n 2 jarige. Ek hoop die ouers word aangekla.

Carlia ·

Dit is ‘n algemene gesig as jy op die plotte bly. Ma en Pa lê dronk en of die kinders sit en wag, of hulle loop huis toe. Daar is mos orals shebeens.

Louise ·

En wat van haar sussie van 4…..word sy in die sorg van haar ouers gelos??? Die lot van die arme kind.

Miekie ·

Mens dink aan so baie dinge as jy so iets lees. Dalk kon sy ontwater het.
Hoop regtig die sussie sal in goeie sorg geplaas word en sussie is klaar in Jesus se arms

Bosbok ·

Wat het van die 4jaarige geword wat ook by was? Daar word niks van haar genoem nie.

Theresa ·

Wonder ook waar was die 4-jarige wat genoem word? Het die ouers geslaap van uitputting of was hul werklik albei dronk? Waarom het die ander kindjie dan nie hul wakker gemaak toe die kleintjie wegstap nie?
Persoon bo iewers wat wonder wat ‘n peuter is: Ouer as baba – kan al loop en so aan, maar nog nie kleuter nie. Bekende, beskaafde Afrikaanse woord en te vinde in Woordeboeke.

Cynthia TREDOUX ·

Die woord OUERS…voldoen nie aan n toepaslike naam vir hierdie dronkies nie! Hul moet beslis volgens die REG STELSEL…baie swaar straf opgelê word…Hoe tragies om te dink die ou kleintjie is dood gevind…maar hoe dan anders…blootgestel aan die natuur se elemente.

Mrs.B ·

MM, mag ons asseblief ‘n opvolg op die berig kry? Ek sal graag wil weet wat met die ouers gaan gebeur na die tragiese einde van die 2 jarige kindjie se lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.