Soektog na vermiste polisiebeampte van stapel gestuur

Thabo Mahlaba

Thabo Mahlaba

Die polisie in Kagiso, buite Krugersdorp, aan die Wes-Rand het die publiek se hulp gevra in hul soektog na ao. Thabo Abednigo Mahlaba (50) wat sedert verlede week vermis word.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê Mahlaba is op 6 Junie as vermis aangemeld deur sy vrou. Hy is op 5 Junie die laaste keer by die Kagiso-polisiestasie gesien.

Mogale sê daar word beweer dat Mahlaba op 5 Junie geld gaan trek het by ‘n ABSA-bank in Krugersdorp en nooit weer teruggekeer het huis toe nie. Mahlala is omtrent 1,69m lank en loop kruppel. Hy het ‘n swart hoed en blou denimbroek en -baadjie aangehad ten tyde van sy verdwyning.

Enigiemand met inligting oor waar Mahlaba hom bevind kan die ondersoekbeampte, ao. Lucky Nldovu, kontak by 082 589 5025 of 011 696 9000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.