Soektog na vermiste polisieman eindig tragies

Ao. Sabelo Mali. Foto: Verskaf

Die soektog na ʼn beampte van die Oos-Londen-polisie se misdaadintelligensie-eenheid het tragies tot ʼn einde gekom toe sy liggaam Vrydag geïdentifiseer is.

Ao. Sabelo Mali, wat woonagtig was in die Ngxwalane-nedersetting buite King William’s Town in die Oos-Kaap, is Dinsdag omstreeks 07:00 vir die laaste keer lewend gesien toe hy op pad was werk toe.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê Mali se liggaam is Donderdag deur lede van die Punzana-gemeenskap in ʼn bebosde gebied gevind.

“Hulle het die polisie ontbied en die liggaam is uit die bosse gehaal, en hy is Vrydagoggend geïdentifiseer. Hy het ʼn koeëlwond aan sy bolyf opgedoen,” het Tonjeni gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oom Kalahari ·

Nog ‘n moord en nog ‘n familie wat in rou en hartseer gedompel is. Hoe lyk dit dan vir my Mev Lindiwe se statistieke is besig om geweldig vinnig te groei. Gaan sien die families en noem aan hul dit is maar normale misdaad.
Alle simpatie en medelye aan die Mali familie, vriende en kollegas en wens jul alle sterkte toe gedurende jul rou tydperk.

Christo ·

Die totale wanorde in Suid-Afrika kan net voor die ANC gelê word. Misdaad is aan die orde van die dag. Protesaksies is as gevolg van leë beloftes van die ANC aan die mense. Die protesaksiek lei to geweld waar gewone mense, soos winkeleienaars deurloop. Die gades en kinders van polisiemanne/vroue weet nie of hulle mans of vrouens lewend aan die einde van die skof tuis gaan aankom nie. Leerders is so ongeskik dat geen onderwyser dit kan uithou nie. Plaas dat die ANC ophou aan die grondkwessie en liewer aandag skenk aan die ‘pragtige grondwet’ wat net kriminele beskerm. Ons moet nie vergeet dat Roef Meyer die swakste onderhandelaar was wat uitoorlê is deur Ramaphosa nie. Die grondwet is deur ANC simpatiseerders van die Nasionale Party en die ANC se terroriste opgestel.

Faan ·

Christon, Jy vat die ding bietjie wyd, wat het ongeskikte leerlinge met die Grondwet uit te waai? Het julle nie kameras in julle skool nie? Kry dit, dit verbeter dissipline merkbaar en beskerm onderwysers teen valse aantuigings. Het jy als gesien hoe oorvol is die tronke? Nou hoe het die Grondwet daardie kriminele beskerm? Die interpretasie van die Grondwet is die probleem, nie die Grondwet nie. In 1995 het die Grondwetlike Hof ‘n fout begaan deur die doodstraf in ‘n saak as ongrondwetlik te bevind en toe word dit in geheel afgeskaf. Ons ly daaronder. Ek glo die doodstraf het afskrikkingswaarde, maar die regering se regstelsel is nou maar eenmaal nie doeltreffend genoeg nie en dit sal nooit verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.