Soektog na vermiste polisievrou eindig tragies

Argieffoto

Die liggaam van die polisiebeampte is in die Mzimvuburivier in Port St. Johns in die Oos-Kaap gevind nadat sy dae gelede as vermis aangemeld is.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, sê die eienaar van ’n bekende lodge in die omgewing het ao. Nosipho Mphakathi se liggaam Saterdag omstreeks 15:00 in die rivier sien dryf waarna die polisie ontbied is.

Mphakathi (40) is Dinsdagaand die laaste keer lewend gesien. Haar tienerseun (16) het omstreeks 23:00 gesien toe sy hul huis in Tyibane verlaat. Sy het egter nooit teruggekeer nie en die polisie in Mthatha se honde-eenheid het sedertdien met behulp van ’n helikopter en gemeenskapslede na haar gesoek.

Soci sê ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Mphakathi se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

johanf ·

Tragies, my Simpatie aan die familie en naasbestaandes….

MVH ·

Jammerte dat ons nog ń polisielid verloor.Sterkte vir die familie.RIP

Nico ·

Het n rooihoed nar nie onlangs gedreig dat hulle die SAPS lede gaan aanval nie? Hy moet pa staan vir sy uitsprake.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.