Soektog na vermiste Pta-ma eindig tragies

Vicky Myburgh. Foto: Facebook

Vicky Myburgh. Foto: Facebook

Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Vicky Myburgh (40), wat verlede week as vermis aangemeld is, dood in ʼn veld in die weste van die stad gevind is.

Myburgh, ʼn ma van Phillip Nel Park in die weste van Pretoria, is Vrydag deur haar familie as vermis aangemeld.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê Myburgh se liggaam is Sondag deur ʼn verbyganger in ʼn veld tussen die Andeon-kleinhoewes, sowat 9 km van die buurt waar sy woon, gevind.

“In dié stadium is dit nie bekend hoe sy dood is, of wat die omstandighede rondom haar dood is nie. Sy het geen sigbare beserings opgedoen nie. Die oorsaak van haar dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word,” het Msimango gesê. Hy het gesê die moontlikheid bestaan dat Myburgh elders dood is en dat haar liggaam in die gebied, waar daar tans baie ontwikkeling plaasvind, gestort is.

Een van Myburgh se dogters, Deona, het Woensdag in ʼn huldeblyk aan haar ma op haar Faceboek-blad geskryf: “Rus in vrede mammie. Gaan geniet die res van die tyd saam pappie en rus sag. Lief ma baie en verlang al klaar. My hart is so seer om af te staan aan ons enigste ouer wat ons oorgehad het. Ons paaie sal weer kruis. Ek kan nie wag om julle twee weer eendag saam te sien nie.”

Msimango het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die Hercules-polisie kan bystaan in die moordondersoek. Bel die polisie by 012 377 4122.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

peanut ·

en soos in die dae van Noag sal dit raak……………………………..
Vrede vir die familie wat agterbly, mag Hy jul trane sien en julle styf vashou en troos in hierdie tyd.

Marina ·

Ek is sommer lus en huil, kyk hoe jonk is sy nog en wat word nou van die kinders? Agge nee

marita nunes ·

Sy het nog ‘n pragtige dogter wat by my vriendin se dogter woon. die arme kindjie is maar nog net 11jr. oud. ai Here hoe bitter is dit nie vir die kinders nie. R.I.P. Vicky

andre ·

kan hierdie wereld nie maar tot n einde kom nie . die wereld is boos .ek wil nie meer deel wees van die vieslike wereld nie,

Ek ·

Ek stem saam Andre, dit is nou darem net ondraaglik, weet nie of dit in Noag se tyd so woes gegaan het nie

Hannelie ·

Andre ek stem saam, dit sal beter wees. Want ons land is een groot GEMORS!!!! En dit gaan nie beter word nie.

Daisy ·

Andre en almal wat soos jy voel, daar is hoop, Jesus het gese dit is hoe dit sal gaan wanneer sy koms naby is. Lyding sal net eindig wanneer God die aarde van slegte mense reinig (Sefanja 2:3). Wanneer sal dit gebeur? God se Woord het die toestande voorspel wat die mensdom nou bedreig. Gebeure wat nou plaasvind, dui aan dat God se tyd om op te tree, naby is.—Lees 2 Timoteus 3:1-5 vir meer inligting gaan na jw.org

Anti DA ·

Die boosdoeners het hulle vrees vir die wetstoepassers en die wet verloor nie eers gepraat van die grootste wet die van God wat se jy mag nie doodmaak nie.

Tong innie kies ·

Jammer om dit te lees maar dis ons almal se voorland!

plaasjapie ·

Lyk my dit het n gereelde “toevoeging” geraak by die plaasmoorde….kaap persoon, vermoor persoon, los lyk erens waar iemand dit een of ander tyd sal kry.
Deel van die uitwissing van ons volk….maar die wiel gaan nog draai !

Eend ·

Die wiel sal draai ja. Die mense word kwaad, slim en voorbereid vir moordenaars.

Janneman ·

Dit is voorwaar tragies dat n menslike wese soos n stuk lap in die veld gegooi kan word en die regering is bekommerd oor rassisme – wat nie op grondvlak ervaar word nie maar deur hulle aangeblaas word as weerligafleier.
En nog meer kommerwekkend is die hoofstroom politiek korrekte media en die buiteland gee nie n duit om nie. Hier is volksmoord aan die gebeur wat afgemaak word as misdaad.
Ek het dit al baie gevra en nog nie n antwoord van Afriforum gekry nie. Plaas asb vir ons n stuk asb oor die moontlikheid om ons enigste wapen, belastingweerhouding in te span teen die varke met die snoet in die trog?

Wat-ek-lees ·

Jy is só reg Janneman. Iemand in die fleur van haar lewe sommer net weg. Dit is onaanvaarbaar.

Eend ·

Ja, plaas asseblief berigte oor wat ons kan doen, van belasting terughou tot selfbeskikking en selfverdediging.

Frikkie Viljoen ·

Skokkend. Het hasr nie lank geken nie. Sy het altyd saam met ons poolspan gery en ons ondersteun. Kan dit nie glo dat iemand so wreed kan wees nie

Anoniem ·

Die wereld is nie boos nie dit is die mens. My oorlede ma se gunsteling spreekwoord was altyd – “God slaap nie”

Jean ·

Iemand wat sy geken het heel moontlik….glo nie die moord is iets met ras uit te waai nie.Miskien vorige kerel of so iets… Maar net n vermoede…mensdom is siek,vrot siele wat boos is, geen respek vir lewe nie die siek satans! Maar hul sal nog braai wag.
Goeie genade Ai..sterkte aan familie,mag die Here jul deur die harde tyd dra..RIP.

Carlia ·

In Bloemfontein is ‘n vrou gister met ‘n mes in haar gesig gesteek nadat sy in haar huis oorval is. Watse saak word deur die Polisie oopgemaak? ‘n Diefstal saak. Nie eers poging tot moord nie. As sy nie haarself teë gesit het nie, was sy dalk vermoor. Om SAPD statistieke mooi te hou, word daarna verwys as ‘n gewone diefstal. Niemand se lewe is meer iets werd nie. Vicky se arme kinders. Ek bid net dat hulle versorg sal wees na hul verlies.

Neels Ras ·

I’vm straat name:ek glo nie eers n volbank regters sien die breer prentjie nie dit gaan nie net oor die naam per se nie mar ales daar om .Die kostes ,die ongerief vir one as aflewerigs mense. Die feit dat die name 150 jaar al daar is.dit het niks met poletiek te doen noem what jy wil dis plein stupid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.