Die soektog na ʼn 10-jarige meisie van Pretoria wat met outisme gediagnoseer is, het tragies geëindig toe haar liggaam Sondagmiddag opgespoor is.
Die meisie, Katlego Joja, is Donderdag vir die laaste keer by haar huis in Mamelodi, in die noordooste van die stad, gesien. Sy het ʼn oranje baadjie, pienk trui, pienk spanbroek en pienk tekkies aangehad.
Haar ouers het haar as vermis by die polisie aangemeld en ʼn saak van ʼn vermiste persoon is aanhangig gemaak. ʼn Soektog na haar is daarna van stapel gestuur.
Kapt. Johannes Maheso, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn lid van die publiek het Sondagmiddag ʼn voorwerp in die Moretelerivier in Mamelodi sien dryf.
“Die inwoner het gesien die voorwerp lyk soos ʼn persoon se liggaam en het die polisie ontbied. Beamptes van die soek-en-reddingseenheid het die liggaam omstreeks 17:00 uit die rivier gehaal en daar is vasgestel dat dit die liggaam van Katlego is. Haar ouers was ook op die toneel en hulle het haar uitgeken,” het Maheso gesê.
Haar liggaam is na ʼn staatslykshuis geneem waar ʼn nadoodse ondersoek gedoen sal word.
“Die oorsaak van haar dood is nog onbekend en dit is ook nog nie duidelik hoe lank sy in die rivier was nie. Ons kan dus nog nie vasstel of daar vuilspel vermoed word nie. Die uitkoms van die lykskouing sal dit bepaal,” het hy gesê.
Die polisie doen tans ʼn geregtelike ondersoek.
Dis tragies baie sterkte aan die familie en haar ouers
So jammer oor die meisietjie! Mag haar ouers krag en sterkte ontvang om haar dood te verwerk.
Ai my hart is seer vir hierdie dogter enha ar familie en maatjies. Rus sag en in vrede.
Ai foeitog die arme ouers en familie. Sterkte vir julle.
hoe absoluut tragies! mooiste gesiggie!!
Dis baie jammer. Die pragtigste kinders. my 7 jarige ook outisties.
Ai, tragies om sulke nuus te lees van die dood van ‘n jong kind.
Die arme kindjie…
So hartseer. Mag jy sag rus x
Dit is jou waarlik hartseer en ‘n tragiese einde van so ‘n jonge kind se lewe. Mag hierdie ouers hul groot verlies kan verwerk en vertroosting in die Hemelse Vader vind. Alle medelye en sterkte aan hiwrdie Ouers, familie, vriende en maatjies. RIV jonge kind.
Mag sy in vrede rus. Sy was ‘n mooi dogtertjie. Sterkte aan haar naasbestaandes.
Oe! … Tragies … baie hartseer, maar net kind.
My hart gaan uit na haar familie.
RIP BABY GIRL…?????