Soektog na vermiste Pta-vrou eindig tragies

Die soektog na ʼn vermiste vrou van Pretoria het tragies geëindig toe haar familie Woensdag, ʼn week nadat sy vir die laaste keer gesien is, haar erg beseerde liggaam in ʼn plaaslike lykshuis gaan uitken het.

Dianne Rose Ayres (36), ʼn inwoner van Kilnerpark in Pretoria se Moot-gebied, is verlede Woensdagaand vir die laaste keer gesien.

Volgens Annari Nemo, ʼn vriendin, het sy Ayres die middag nog by haar huis naby die aansluiting van Boegoebos- en Magdalena Willersstraat afgelaai en het Ayres later die aand spoorloos verdwyn.

Haar familie en vriende het onmiddellik ʼn soektog na haar van stapel gestuur en is Dinsdag deur die polisie ingelig dat haar liggaam gevind is.

Rose Ayres, Ayres se ma, het Woensdag die mense op Facebook bedank wat gehelp het om na haar dogter te soek.

“Dankie aan almal. Ek het nou-net teruggekom nadat ek my geliefde Dianne gaan uitken het. My dogter is doodgekap en uit ʼn motor gegooi. Haar gesig is weg, albei haar bene is bo haar enkels afgekap met messteke reg oor haar liggaam. Mag die mense wat dit gedoen het vir altyd en langer in die hel brand,” het Rose geskryf.

Rose het haar dogter gaan uitken nadat Ayres se lykskouing reeds gedoen was.

Die Lynettestraat brug, oor die N1, naby waar Dianne se liggaam gekry is. Foto: Google Maps

Intussen het ʼn motoris op 29 November, die aand waarop Ayres vermis geraak het, die Villieria-polisie ontbied nadat ʼn vrou se erg beseerde liggaam op die N1-snelweg, wat oos van Kilnerpark geleë is, naby die Lynettestraatbrug gevind is. Dié brug is naby aan die oorledene se huis geleë en is een van die min roetes wat voetgangers en voertuie kan gebruik om die besige N1-snelweg te kruis.

Die vermoede bestaan dat ʼn voertuig of voertuie oor haar gery het voordat die polisie ontbied is en die toneel afgesper is. Sy het geen identifikasie aan haar gehad nie.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die ondersoek is nog in ʼn vroeë stadium en geen bespiegelinge of gevolgtrekkings kan nou gemaak word nie.

“Alle moontlikhede van wat kon gebeur het word tans deur ʼn span speurders en forensiese kenners ondersoek. Alle getuies en leidrade word opgevolg. Ek kan bevestig dat die polisie ʼn saak van strafbare manslag ondersoek wat op 29 November reeds aanhangig gemaak is. Die vrou was in daardie stadium onbekend,” het Brits gesê.

“Die Villieria-polisie het daarna op verskeie manier probeer om haar identiteit vas te stel. Sy is op Dinsdag 5 Desember as vermis aangemeld en ons kon toe die twee sake verbind.”

Volgens Brits is die vrou se naasbestaandes sonder versuim in kennis gestel en ontvang hulle alle moontlike bystand van die speurdiens.

Brits het bevestig dat Ayres se liggaam “baie ernstige beserings” opgedoen het. “Die polisie wag nóg vir die uitstaande lyksskouingverslag vanaf die regsgeneeskundiges om die presiese oorsaak van haar dood en die aard van haar beserings te bepaal.”

Brits het bevestig dat geen liggaamsdele vermis word nie.

Sy het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan. Bel die Villieria-speurtak by 012 403 8607 of ao. Mamabolo by 078 421 8254. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Carl Foutie ·

Dit is absoluut afgryslik en mens kan dit nie in woorde beskryf nie. Mense doen nie sulke dade aanmekaar nie. Ons lewe in n wereld van haat en geweld en die wat verantwoordelik vir hiedie afgryse daad verdien nie om te lewe nie

Zurika Visser ·

Daar is baie snaakse status updates op haar Facebook..n maand of twee gelede het iemand haar twee keer fisies aangerand in die publiek, o.a deur haar te wurg. Daar is verder gese dat sy n saak gaan maak.

Annari ·

Dit is waar. Daar was toe nooit ‘n restraining order gekry nie, maar polisie was ingelig dat die aanval gebeur het.

Mel ·

Ooooo genade nee dis verskriklik! Baie sterkte aan haar naasbestaandes in hierdie hartseer tyd, mag Jesus jul styf vashou

Lilith Seaborne ·

Sy was ‘n wonderlike mens en het dit nie verdien nie

Sussie ·

Uit die diepte van my hart Rose wil ek vir jou se so vreeslik jammer dat jy jou kind so moes gaan uit ken, Watter tipe mense doen sulke dinge? en voel niks. RIV Dianne daar waar jy geen pyn ken nie.

honouorable member ·

Sjoe dis afgryslik. Hier is baie siek mense wat in die strate rondloop. Geen mens verdien om so te sterf nie.

hans ·

Mag die een wat haar reg op lewe geneem het dieselde mee gedoen word.

Theresa ·

Baie innige simpatie. So jammer dat sy moes huistoe loop. NIemand kan dit meer waag nie.
Mag die speurders die gebeure aan die familie spoedig kan deurgee – dis ongewoon wreed.

Henriette ·

Bitter hartseer. Hoe swaar moet dit nie wees vir ‘n ouer om ”n kind te verloor…
Ongeag onder watter omstandighede sy gesterf het, geen mens verdien dit. Ek is siek vir hierdie kultuur van haat en afguns waarin ons land verval het. Mag die skuldiges vinnig vasgetrek word en aan die pen ry.

Robin Nel ·

Ek kan nie glo jy is weg nie dame :( en so wreed. Rus in Vrede. Jy was n besonderse mens. Sterkte aan haar familie

Robin Nel ·

Dit maak nie saak wat haar geloof was nie, geen mens verdien om so uit die lewe geneem te word nie. Moet ook nie oordeel waar dit nie van toepassing is nie. Sy was altyd daar vir haar medemens altyd, sy het dit nie verdien nie.

Anneline ·

Dit sê baie van jou as mens wanneer jy in plaas van medelye wys, op haar FB blad gaan soek en dan negatiewe kommentaar kom lewer oor hoe donker sy voorkom, vir haar vriende en familie om te lees. So laat val maar die klippe in jou hand. Vir my altyd ‘n oog oopmaker hoe sommige leliewit “gelowiges” self in die modder staan maar ader wil uitwys. Dis ‘n baie lelike eienskap. Gaan kyk in die spieel en werk daaraan.

Clyvia ·

Hulle noem dat ‘n voertuig of voertuie oor haar gery het. Haar beserings kan as gevolg van dit wees. Hulle noem ook dat geen ligaamsdele vermis word nie. Mense is nou weer besig om dinge kwyt te raak voordat hulle al die feite by mekaar het. Sterkte aan haar familie en vriende. Dit bly verskriklik hardseer maak nie saak wat gebeur het nie.

fm ·

My simpatie vir die naasbestaandes van die oorledene. Baie sterkte.

Dit is jammer dat sommige mense altyd ander op ‘n kru en negatiewe wyse oordeel en veroordeel. Kyk eers na jouself (dit behoort jou baie lank besig te hou) voordat jy ander mense ondersoek om jou eie onsekerhede en tekortkominge te voed om sodoende beter te voel oor jouself. “Small things amuse small minds”.

Ria Snuggle Panda ·

En wie is julle om te oordeel wat haar geloof was? Hoe mense aantrek het absoluut niks te doen met hulle geestelike uitkyk nie.

vytjie ·

EK KAN NIE ANDERS AS OM NET TE HUIL!!!.DIS ERG VERSKRIKLIK

Stella Barnard ·

Vytjie EK STEM 100% SAAM MET JOU..GEEN MENS DOEN SO IETS AAN N ANDER NIE..GEEN MENS!!!

Lady D ·

Russian in vrede mens. Hoop die wat dit gedoen het kry als drie keer terug.

Daar is baie mense wat lief was vir jou. Jy het soos n wonderlike mens geklink. My gedagtes is saam met elke een.

Dit is hartverskeurens

Lady D ·

Russian in vrede mens. Hoop die wat dit gedoen het kry als drie keer terug.

Daar is baie mense wat lief was vir jou. Jy het soos n wonderlike mens geklink. My gedagtes is saam met elke een.

Dit is hartverskeurend

Lady D ·

Rus sag liewe mens. Mense is baie lief vir jou en kan sien jy was n wonderlike mens. My gedagtes is met hulle. Dit is hartverskeurend.

Mag die skuldiges drie keer terug kry wat hulle toekom

Denise erasmus ·

Ai my tannie Rose so jammer om te hoor weet waardeur tannie gaan dit nou al 2 jaar na my kind se moord en ek wag nog steeds op antwoorde.

cassie ·

Baie tragies om so aan jou einde te kom.Inligting is weersprekend.Is haar voete verwyder.Nie volgens die polisie nie.Wie het gesien sy is uit die motor gegooiIs sy ontvoer en toe in die motor met die byl doodgekap en toe uitgegooi.wat was haar geloof.is dit nie hoekom sy vermoor is nie.?.Die sak wat sy teen haar aanrander gemaak het kan moontlik ook ‘n rol gespeel het.Die polisie het werk op hullu hande om die saak te ondersoek en op te los

Ook 'n ma ·

Geen mens verdien dit nie. Allermins ‘n ma wat haar kind moet uitken. Nie hierdie dood nie en ook nie afbrekende kommentaar op Dianne nie. Moenie die familie se pyn vererger nie. Omarm hulle en troos hulle. Dit kon met enige van ons kinders gebeur het.

Ragel ·

Nee jong. Dit maak nie sin. Die are waar sy gekry is , is REG waar sy “afgelaai” was. Binne ‘n 650m radius. As ek die SAPD is sou ek begin by haar naaste vriende en familie. Ja nee snaakse goed gebeur so onder almal se neuse en jy sou nooit weet. Dis soos dit is. Trust nobody. :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.