Soektog na vermiste sesjarige eindig tragies

Noluthando Masango (Foto via Pink Ladies)

Die polisie in Mpumalanga is op soek na die persone wat ʼn sesjarige meisie, Noluthando Masango, wat op 21 Julie 2018 verdwyn het, ontvoer en vermoor het.

Noluthando se liggaam is Donderdagoggend in ʼn stroom, ʼn paar meter van haar familie se huis waar sy laas gesien is, gevind, het kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê. Die persoon wat op haar liggaam afgekom het, het alarm gemaak en die polisie is ontbied.

Noluthando het Saterdag saam met haar ouma ʼn tradisionele seremonie in Siyabuswa A, sowat 35 km buite Marblehall, bygewoon. Sy was ‘n graad 1-leerling van Siyabuswa B. “Sy het in ʼn kamer saam met ander kinders in ʼn kamer gespeel terwyl die volwassenes buite besig was met die seremonie. Sy het skielik die vertrek verlaat en nie weer teruggekeer nie,” het Bhembe verduidelik.

Sy is verwurg en vermoedelik verkrag, maar ʼn nadoodse ondersoek sal verdere inligting kan bevestig.

Noluthando se ouers is geskei. Haar pa woon in Witbank en hy kon nie die seremonie bywoon nie. Haar ma was in daardie stadium in ʼn hospitaal opgeneem.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gatiep ·

Se ek ook ek wil nie eens meer die moorde kyk nie.
Ons bruin broers en susters(wat ons afgeskeep het)moet ook elke dag vrees vir hulle lewe net soos ons.

Jean, Australia ·

Maak n mens so hartseer en kwaad…n klein kind ..Wat moet sy nie deur gegaan het nie…Watter gedierte van n wese doen so iets aan n kind? Die galg is al wat daai persoon verdien!Siek en nogmaals siek siek gediertes daar buite…Rus sag kleinding…

NamGrl ·

ek is met jou…wat het sy net nie deur gemaak voordat haar laaste asem uit haar gedruk is…Vader van Genade…dis verskriklik…mens kan jou selwers nie indink nie, net aan die vreesbevange oomblike wat sy moes deur gemaak het. moet my nie nou stenig nie, maar, ek hoop dit was vinnig. So baie pyn en lyding vir ons jong kindertjies, hul moet nog vertroetel word.

Yankee ·

Jou pragtige kleinding!! Ek is verstom, en sidder net om te dink watse angs en vrees in daardie lewendige ogies was, net voor jou laaste snik en asemteug.

Theresa B ·

Dis siek!! Ek weet nie meer wat om te sê nie. Daar is soveel sigopate daar buite. Hoe siek kan mense net nie wees nie. Die arme kindertjies boet vir al die wetteloosheid in hierdie land en hulle is so onskuldig en het ook nie gevra om in hierdie aanklige lewe te wees nie.

Meisiemens ·

Ek wens ons president kan daagliks Maroela Media se berigte lees.

Elke dag Mammas, kinders, bejaardes wat verkrag, verniel en vermoor word.

Ek wil nie eens meer die berigte lees nie. Mense skiet mekaar in die strate, verkrag kinders en oumensies. Ek verstaan nie hoe die wetteloosheid net gelaat word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.