Die polisie het ʼn soektog afgelas na ʼn negejarige seun wat Donderdag spoorloos verdwyn het.
Kol. Thembeka Mbele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Dinsdag gesê die seun, Mfundo Hlophe, is ongedeerd opgespoor en met sy familie herenig.
Mfundo is Donderdag die laaste keer teen 16:30 op bure se plaaswerf in die Mgekayi-reservaat in die KwaMsane-omgewing gesien. Hy het die bure se woning verlaat en nooit by die huis opgedaag nie.
“Daar is intussen vasgestel dat Mfundo en sy boetie op pad huis toe water gaan haal het. Mfundo het besluit om in die bos te gaan speel. Hy het nie tred gehou met die tyd nie, dit het donker geword en hy het gesukkel om terug te keer na sy huis toe,” het Mbele gesê.
ʼn Lid van die gemeenskap het gesien die seun lyk verdwaald en het hom na haar huis geneem aangesien dit laat en donker was. Die seun is daar versorg totdat sy familie met die hulp van die gemeenskap en polisie opgespoor is.
nege…
Dis ‘n ou foto, blykbaar het die ouers nie ‘n onlangse foto van die kind nie maar baie bly hy is veilig gevind
Dank die Vader dat hierdie seun ongedeerd gevind is…. Ek wens net dat al die vermistes ongedeerd gevind kan word.
Dis sulke wonderlike nuus.
Wonderlike nuus in teenstelling met dié van die ou 6-jarige dogtertjie wat vermoor is a.g.v. R5000 wat nie betaal kon word nie.
Dit is opvallend dat by elke moord/roof/verkragting wat verskyn die volgende standaard sin verskyn “Die verdagtes is nog nie op gespoor nie” My vraag is sal dit nie beter klink met “Daar word dringend na die verdagtis gesoek” Of soek die polisie nie meer nie???