Soektog na vermiste seun eindig tragies

Argieffoto ter illustrasie. Foto: Pixabay.com.

Die seuntjie wat verlede week saam met vyf ander kinders deur ʼn rivier in die Mount Fletcher-gebied in die Oos-Kaap meegesleur is, se liggaam is Maandag gevind.

Gemeenskapslede het gister die liggaam van Esona Ntsimbi (8) sowat 80 km van dié gebied gevind.

Esona was die enigste van die ses slagoffers wat nog vermis was. Die liggame van die ander vyf kinders is reeds verlede week gevind.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê snuffelhonde het reeds op Sinekhaya Mfolozi, Sixolile Ndleleni, Boitumelo Lebenya, Hlalanathi Mbuleka en Masixole Molekoase se liggame afgekom.

Tonjeni het gesê die kinders was op pad huis toe ná skool toe hulle die Freyistata-rivier probeer oorsteek het. Hulle is egter deur die water meegesleur.

Soek-en-reddingswerkers van Mthatha en Elliot het onmiddellik saam met verskeie ander rolspelers gereageer en na die kinders begin soek. Dit is tóé dat snuffelhonde op die vyf ander se liggame afgekom het.

Die soektog is sedertdien afgelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Zettie ·

Dis so hartseer. Mens hou nie daarvan om sulke nuus te hoor (lees) nie……….sterkte aan die families en geliefdes.

GRIET ·

?? soo jammer om te hoor, baie sterkte aan sy en die ander se naasbestaandes

willem Botha ·

Dit is regtig hartseer,darem n troos dat die snuffel honde in beheer was en die kinders se lyke gou opgespoor het ek vrees om te dink wat sou gebeur het as die “polisie” in beheer was

IK ·

Water, Wind, Vuur, die ergste wat jy kan kry wat gewoonlik pieperig en klein begin.
Sterkte aan die naasbestaandes.

Annette ·

Ja, wind, water en vuur moet nooit onderskat word nie. Dit is regtig baie hartseer. Ek kan nie eers dink aan die angs en vrees van daardie kinders se laaste oomblikke nie! Baie sterkte aan die families.

Ekke ·

So jammer vir die ouers, families, vriende, almal wat geraak word deur die kinders se afsterwe. Water is so gevaarlik! Baie bly die honed het al die kinders gekry.

Limpopo ·

Ek voel nie jammer nie – dit wat ek nog wil sê, gaan ek eerder nie. Maar dit kom op dieselfde neer wat daai klomp van blf oor die Driehoek kinders gesê het! My kommentaar gaan seker nie geplaas word nie want my vel is wit. Toe hulle daai snert kwyt geraak het oor die Driehoek kinders is dit op al wat ñ nuusberig was maar sodra ñ blanke ñ kommentaar wil maak oor so iets dan word dit nie geplaas nie….

Boervrou ·

@Limpopo You seem to be cut from the same cloth as the BLFs. As a mother I find your comments abhorrent, ugly and without any faith in God. ‘n Kind is ‘n Kind. One does not dance with devils – which you are doing now. May God have mercy on your soul.

To the families of these little ones: Holding you in my heart and may God give you the strength and comfort you need to get through this.

Wouter ·

Dankie vir die SAPS se vinnige aksies om sunffel honde op die toneel te kry. Baie sterkte aan die familie en vriende van die kinders!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.