Verwikkeling in soektog na vermiste seun

Maneliswa Ntombela.

Maneliswa Ntombela.

Die soektog na ʼn vermiste albino-seun van KwaZulu-Natal het tot die inhegtenisneming van ʼn vrou gelei wat na bewering ʼn albino-seun vir R100 000 aan ʼn sangoma wou verkoop.

“Maneliswa Ntombela (4) is op 21 Junie vir die laaste keer in Esikhaleni gesien, toe hy saam met sy niggie na ʼn nabygeleë kerk geloop het,” het Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, aan Maroela Media gesê. “Hy is na bewering later deur ʼn onbekende man ontvoer wat gesê het hy is die seun se oom.”

Die seun is as vermis aangemeld by die Esikhaleni-polisie, waarna die saak deur die Empangeni-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings oorgeneem is.

ʼn Uitgebreide soektog in die gebied met die hulp van die polisie se honde-eenheid het tot dusver niks opgelewer nie.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê verdere ondersoek het die polisie na die Emanguzi-gebied gelei, waar inligting ontvang is oor ʼn 28-jarige vrou wat na bewering besig was om reëlings te tref om ʼn albino-seun aan ʼn plaaslike sangoma te verkoop.

“Die beamptes kon daarin slaag om die vrou op te spoor en sy is op 1 Julie in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel,” het Zwane Dinsdag gesê. Dié vrou het Maandag in die Ubombo-landroshof verskyn. Die saak is tot 12 Julie uitgestel vir borgtog. Sy bly in aanhouding.

Zwane het gesê die soektog na Maneliswa duur voort. Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om hulle met hul ondersoek by te staan. Mense wat Maneliswa sien of weet waar hy is, word versoek om lt.kol. Makhosi Ncube by 082 557 0465 of die Pink Ladies by 072 274 7439 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stoney ·

Ons leef in 2016 en daar is nog mense wat so oningelig ( ongeskoold) is wat sulke duistere motiewe het . Dit sal seker nog 2 eeue neem voor die beskawing na die suidpunt van Afrika kom.

Gesiggie ·

Goeie genade… nogal R100 000.00 Waar sou die Sangoma al die geld kry? en wat sou nou so belangrik gewees het om n Albino kind te kan verkoop… Die arm kind… so weerloos… 21 Junie die laaste keer gesien ? vader tog dit is al Jullie… en nogsteeds is hy nie gevind, ai tog seker al lankal oor gelaat vir sy genade… dit so hartseer, dat n kind deur al die trauma moet gaan.. ek hoop dat die kamstigge Oom nie ander bedoelings het met die kind..

Andrea ·

Albino kinders en mense met enige afwyking, veral verstandelik, word as groot muti beskou…

rr ·

Wat ek graag sal wil weet is waarvoor. Omlangs was dit wit leeus. As dit is wat ek dink dit is dan maak die samgoma geld soos bossies

Leana ·

So barbaars om die arme kind vir muti te gebruik en dit gebeur gereeld.

Lida ·

Barbaarse optrede! Hulle verkoop die liggaamsdele. Die arme kind is seker al dood! Suid-Afrika is n bose plek met bose mense!

johann S ·

Seker al lankal opgekap, organe ge-oes en die kind nou ‘n muti produk.. .. siek! Wat gaan aan met die mense?! Barbaars!!

John ·

Albino’s vir muti en besnydenis vir jongmans in die winter-wildernis met vuil slagtersmesse, sangoma’s en toordokters, renosterhorings as toormiddel… die wereld het regtig groot vooruitgang gemaak. Binnekort gaan die Springbokke heel moontlik ook hul eie sangoma aanstel. Ek hoop Saru sal hom kan bekostig met al die lee stadions in gedagte. Nasa moet tog ook onthou om heelwat renosterhoring in te pak vir die komende reis na Mars… ‘n mens weet nooit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.