Soektog na vermiste seuns eindig tragies

Die polisie Saterdag op die toneel waar Luyanda Msomi se liggaam gevind is. Foto: SAPD

Die soektog na twee 10-jarige skoolmaats wat verlede week saam verdwyn het, het tragies geëindig nadat albei se liggame onderskeidelik Saterdag en Maandagoggend opgespoor is.

Die seuns, Njabulo Mankayi en Luyanda Msomi, het verlede Dinsdag in die Brighton Beach-omgewing verdwyn. Hulle was albei graad 3-leerders aan Clairwood Boys Primary School en is die laaste keer gesien toe hulle ná skool op pad huis toe was.

Kol. Thebeka Mbhele het gesê Luyanda se liggaam is Saterdag in digte bosse op ʼn steil wal in Montclair, suid van Durban, gevind. Die soektog na Njabulo het in en langs die Grunter Gully-kanaal voortgeduur.

Volgens Mbhele is Njabulo se liggaam Maandagoggend in die kanaal opgespoor. “Die liggaam, wat reeds begin ontbind het, is deur ʼn Transnet-werknemer naby Langebaanweg in Bayhead gevind nadat die werker die liggaam sien dryf het,” het sy gesê.

Twee vroue is intussen in verband met die moorde in hegtenis geneem. Buiten moord, sal hulle ook teregstaan op aanklag van ontvoering. Die oorsaak van die seuns se dood en die motief vir die moorde is nog nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek. Nadoodse ondersoeke sal gedoen word om die oorsake van hul dood vas te stel.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gert ·

Mense word soos hoenders doodgemaak !! Elke dag !! Ongelooflik !!

Anta ·

Gebeur die moorde op kinders net hier in suid Afrika?lees elke dag n kind word vermoor!!of verkrag!!wow!!tragies!!en onmenslik!!

Magda ·

Ja-nee Anta, elke dag lees mens van kinders wat vermoor, verkrag of mishandel word en kinderpornografie!!!! Dis ‘n siek wereld waarin ons deesdae leef!

jaco ·

Ras van verdagtes word gewoonlik net genoem as die verdagtes wit is. So nou wonder ek maar net: maak ander rasse dan mekaar ook dood? Volgens ons minister van polisie is misdaad dan nie zo erg nie en word plaasmoorde en ander moorde op wit mense oordryf.

Ashley ·

Lana, “ons” land? Dit is hulle land. Verstaan tog. Gee tog pad terwyl jy nog kan asem haal.

Ronel ·

Ashley, RERIG meisie? Hulle land? Ek is gebore in Suid-Afrika, nes “hulle”. Ek het groot geword in SA, nes hulle. Ek het lief geword vir my land, nes hulle. As hulle (en jy) nie kan sien dat ‘n mens in vrede kan saamleef nie, sien ek ‘n swak toekoms vir julle. En ja, ek het hoop vir ONS land waarin ons moet bly. Ek is hier om te bly.

Ouma ·

Nee. Dit is ons ALMAL se land. As ek hoor van ENIGE kind wat aangerand, verkrag of vermoor is, breek my hart. Ons moet saamstaan as volk van Suid Afrika en hande neem oor kleurgrense, en SAAM opstaan teen misdaad in hierdie land. Want ALMAL is moég om sulke dinge te lees? Hoe weet nie. Dit los ek vir die slim mense. Maar in my klein hoekie, probeer ek verhoudings bou. “Die lewe is vol draaie en doodloopplekke, maar met Sy hand op ons skouers, sál ons deurkom” – Annoniem. En ek glo dit vas vir ons land ook.

Aitoggie ·

Dis baie erg. Ek dink nie die statistieke is reg nie, ek glo die helfte van misdade en moorde word nie genoem nie, sodat dit n nie te slegte beeld van S.A. uitdra, maar intussen is dinge baie, baie erger daarbuite, as wat ons regtig besef.

madels ·

Dis so verskriklik! n 10jarige kind is nog so klein en so onskuldig, sal maklik, veral n vrou vertrou want hulle sal nooit dink n vrou sal iets aan hulle doen nie, dis verskriklik! verskriklik! verskriklik!.. Ek sal van my kop afraak as so iets met een van my kinders moes gebeur :-(….. dit lyk my al hoe meer vrouens raak betrokke in gruwel misdade

Louise ·

Goed gestel Ronel. Mense praat van ons en hulle??? wie is “ons” en wie is “hulle” terwyl ons hulle daagliks vertrou met ons kosbaarstes (ons kinders). Hulle maak skoon waar ons mors, kyk na ons kinders, veer snot neusies af tel honde strooi op, vee en ws ons klere…so waar kom die verwaandheid vandaan om te praat van ons en hulle. Hulle het ook gesinne om te versorg, wat doen ek om hulle lewens te verryk? Wat doen ek om ‘n hand uit te steek om hulle lot te verlig. Ek dink ek is blank en verhewe bo die normale emosies van ouer wees, lief he, honger ly ens. “Hulle” bloei ook as ons ‘n mes oor hulle vel trek. Hou op haat aanstig en lewe in vrede met mekaar. Sien die groter prent en weet verseker dat as jy met die swaard lewe sal jy met die swaard sterwe

LInda ·

En dis presies waarom ek hoop dat “ons” nie die wereldbeker sal aanbied nie. Hoe kan ons die wereld nooi na ‘n land waar jy nie eens veilig is op jou eie voorstoep nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.