Soektog na vermiste seuntjie eindig tragies

Matthew Ryan Olivier wat op 27 Desember 2015 in die Tarlton-omgewing verdwyn het

Matthew Ryan Olivier wat op 27 Desember 2015 in die Tarlton-omgewing verdwyn het

Die soektog na die vermiste Matthew Ryan Olivier is Dinsdag afgelas nadat sy liggaam in ʼn leivoor gevind is.

“Ons vermoed hy het verdrink,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Die leivoor is ongeveer 500 meter van die huis af.”

Maroela Media het vroeër berig die vyfjarige Matthew het Sondagaand op Groenplaas in die Tarlton-omgewing naby Krugersdorp in Gauteng verdwyn. ʼn Groot soektog is van stapel gestuur en vrywilligers en die polisie het Maandag die hele dag lank tot laat in die aand bly soek na hom.

Ernst het gesê daar is ʼn koolland tussen die leivoor en die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

elize naude ·

ai… dit is so teen die natuur dat jou kind voor jou gaan… mag die ouers dierbares hê wat hul in die dal van dood skaduwee bystaan…

HENNA ·

SO – SO jammer vir die familie – baie sterkte in hierdie dae

Langtand ·

Agge neee! Dis so verskriklik tragies! My gebed is dat God die familie sal vertroos en uiteindelik Sy vrede sal gee! Soo jammer….

Daleen Prinsloo ·

Ai … ek was in my hart oortuig dat dit nie so sou eindig nie. Dit is net verskriklik hoe die kindertjies deesdae op allerhande wyses vermis raak en seerkry of hul klein / kort lewentjies beeindig word. My hart gaan uit na die Ouma en Oupa en die ander kindertjies en peet kindertjies op die plaas. Mense, net GOD kan julle nou dra! Baie jammer vir julle verlies! GOD met U. Daleen.

PAM ·

R.I.V MATHEW. MY MEEGEVOEL AAN DIE GROOTOUERS. MAG JULLE BERUSTING VIND.

Monique ·

Vader in Jesus naam wees saam die ouers en familie in hierdie moeilike tyd. Gee hulle krag en vrede in hul harte om aan te gaan, Amen

Tiaan ·

Ek spreek die Here se genade uit oor die familie van klein Matthew ons bid vir julle dat die Here julle sal versterk in die tyd baie sterkte en julle is in ons gebede

Geraldine ·

Baie baie hartseer. Net Jesus kan vertroosting gee. Dink aan julle in julle groot verlies.

Jessica ·

No parent should ever have to bury their child. My heart goes out to this family. May the Lord give them strength through this difficult time.

Magda ·

Dit is bitterlik hartseer. Sterkte aan die Ouers en Grootouers en familie. R.I.V liefiekind.

Shirley ·

Dis verskriklik hartseer. Sterkte aan die grootouers en naasbestaande. R.I.V seun.

tanya ·

RIV klein engeltjie. My hart gaan uit aan ouma, oupa en veral aan die twee 9 jarige dogtertjies saam wie hy gespeel het. Dink net hoe gebroke en verward daardie dogtertjie hartjies nie moet wees nie. Ek self bly op ‘n plasie. My dogtetjie is 11 en boeta is 4…..kan net dink hoe sy sal reageer as enige iets (hoe gering) ookal met haar boetie gebeur terwyl hulle saam speel. Ek stem saam met almal hierbo. Dit is onmoontlik om kinders 24/7 onder oog te hou. Hulle speel en kind wees….hulle wil hul verbeeldig laat gaan en plekke verken. Hierdie is ‘n vreeslike ongeluk wat soveel harte gebreek gelaat het. Ek bid dat Jesus vir ouma, oupa en al die kindertjies in daardie huis styf teen sy bors sal vasdruk en hulle trane sal affee……rus sag klein Matthew.

John ·

Dis n baie hart seer storie ja.ma dit sal ook ander ouers ook leer om better na hulle kinders te kyk.ek se nie dis iemand se skuld nie kinders is kinders ma ons as ouers moet op en wakker wees.baie jammer ouma en oupa mamma pappa.

Susan ·

God sal u hartseer verlug sterkte aan die ouers en groot ouers

Sandra ·

Bitter hartseer… baie sterkte aan die geliefdes, vriende en familie…Ons harte en gebede gaan uit na jul elkeen!

Eliza-beth ·

Simpatie, genade, aanvaarding en sterkte vir al die familie en vriende.

Elbie ·

Ag nee, arme kind! Dis bitter hartseer. Sterkte vir sy familie. X

Gert ·

Baie hartseer Jesus het n doel met elkeen van ons se lewens ons mag nie vta hoekom of waarom nie sterkte aan die familie sal vir julle opdra met gebed na God ons Vader wat Hemel en Aarde geskape het wat sy seun vir ons gegee het.Ons sal bid vir elkeen se hartseer en pyn en vir Jesus vra om elke traan af te droog en weet Jesus is lief vir elkeen van julle sterkte

ERIC ·

GEEN OUER MOET SIEN HOE HUL KIND TER RUSTE GELE WORD NIE. ONGELUKKIG MAG ONS NET NIE DAARDIE BESLUIT MAAK IN DIE LEWE NIE. STERKTE AAN DIE FAMILIE. MAG DIE VADER SY ENGELE STUUR OM OOR JULLE TE KYK, TOT DIE PYN EENDAG BETER IS.

dominique ·

Die pyn gaan nooit beter raak vir n mamma en n pappa nie ek het my seuntjie verloor hy was 2 maande oud en ek huil elke dag en wonder hoekom so iets met my gebeur het. Hy is die 30ste sep2015 oorlede en ons vat dit nog baje erg

Dee ·

Ek kan met jou saam stem!!! My hart dra swaar aan die wete dat die klein man se kort lewetjie so moes eindig. Ek kan my nie indink hoe daai arme oupa en ouma voel nie. Die hartseer moet ondraaglik wees! Ek mag my seker nie uitlaat nie maar ek dink Liewe Jesus het sy klein engeltjie kom haal omdat hy van beter weet. Ek raak net bitter as ek een van die ouers waarvan ek liewer nie noem nie in die strate sien aangaan met haar daaglikese roetine asof niks gebeur het nie. Waarheen gaan ons lewe? Ouma en Oupa julle is onbekend maar in my gedagtes en ons bid vir julle vir vertroosting.

Gerhardt ·

Ek bid sy ouers en familie en vriende groot sterkte toe.

Petro Jahnel ·

Anmor Begrafnisdiens in Krugersdorp het aangebied om die begrafnis vir klein Matthew gratis te doen.
Hoe kan hulle in kontak kom met die familie? Kontak gerus vir Ansie ### ### ####

Mariné Lourens ·

Dagsê Petro

Dankie vir jou kommentaar. Ons het die boodskap aan die familie oorgedra en hulle het ons ingelig dat hulle glo reeds met Anmor Begrafnisdienste in kontak was.

Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media

Eliza-beth ·

Petro, ek ken jou nie en ook nie die firma nie, maar ek dink dis absoluut wonderlik vir iemand om in hierdie seer tyd vir die mense ‘n hand van welwillendheid uit te steek. Ek hoop jy lees my kommentaar en sê aan hulle ek dink hulle sal vorentoe voorspoed hê en geseënd wees om so ‘n mooi ding te gedoen het.

Justus Oosthuyse ·

Baie jammer oor julle kind. Mag die Here julle krag gee om te deel met die verlies.

madz ·

Rip boeta daar nou geen hartseer of trane vir jou meer nie papa JESUS het jou n pragtige blom vir sy tuin kom pluk.

Kathy ·

RIV Matthew – sterkte aan sy ouers en grootouers. Ons mag nie vra hkm nie maar kan net vir julle bid. Dankie aan elkeen wat help soek het.

Norman Wales ·

Ek bid dat die Here die hele gesin in sy handpalm sal toevou en sy vrede julle almal sal omvou en rustigheid bring. Ek dra ook almal wat gehelp het asook die SAP op aan Here, dankie mense. Matthew is huistoe RIV engeltjie.

anna ·

soooo jammer vir almal betrokke. “will not the deepening darkness brighten the glimmering star” sterkte.

Geraldine ·

Dit is baie hartseer. Sterkte aan die familie. Ons bid vir julle.

SANTOINETTE ·

Ek was so hartseer en baie sterkte aan sy familie. Jesus gee krag. Bid vir julle in die hartseer tyd

Koos ·

Here Jesus, troos asb net soos U kan en help asb die familie om geensins U besluit te bevraagteken of enige verwyte te he nie. Ek bid dit in U Vader se Naam en smeek ook die vertroosting van die Heilige Gees af aan die familie. Amen.
Geliefdes, my hart is stukkend en ek sit en huil, maar ek berus by ons Hemelse Vader, en smeek julle om dit ook te doen. Baie sterkte in die komende tyd.

Sophia Liebenberg ·

ai ai, eks n ouma van n 5 jarige pragtige seuntjie en hy lyk soos die pragtige kind, ek kan of wl my nie voorstel die vreeslike pyn wat daai mamma, pappa en ouma, oupa moet deur gaan nie,
ek kan net se ek BID vir KRAG EN GENADE VIR JUL!!
Baie baie sterkte

Felicity ·

Ai, dis so, so bitter hartseer. Sterkte aan julle almal en ek bid dat God julle sal troos en styf vashou in hierdie bitter hartseer tyd waardeur julle nou gaan. Ek is ook ‘n ouma van ‘n kleinseun wat April 5jaar oud word en kan my net voorstel die hartseer wat julle nou moet deurmaak. R.I.V klein mannetjie. Jy is nou een van die mooiste engeltjies in die Hemel.

Hermien ·

Ai, geen woorde van troos sal nou kan vertroos nie. Hou die Woord net altyd naby, dit sal die troos gee wat nodig is.

JaNee ·

So jammer om te hoor. Baie sterkte aan ouers, familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.