Soektog na vermiste sielkundige eindig tragies

Diane Nelson (Foto: Facebook)

Die kliniese sielkundige van Kaapstad wie se verlate motor dié naweek in die Cecilia-woud in Constantia, aan die voet van Tafelberg, aangetref is, se liggaam is gevind.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig dat Diane Nelson (49) se liggaam Donderdag op Tafelberg gevind is.

“Die omstandighede rondom haar dood word ondersoek en ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.” Traut wou geen verder besonderhede bekend maak nie.

Geliefdes van Nelson het haar die afgelope naweek by die Claremont-polisiestasie as vermis aangemeld. Nelson is laas op 23 Junie om 20:00 lewend gesien. Verskeie ondersoekspanne, onder wie die Wilderness Search & Rescue-groep en die polisie se honde-eenheid, soek al sedert 23 Junie na haar.

Nelson was ’n inwoners van Claremont en het as ’n kliniese sielkundige by die Crescent-kliniek gewerk. Boodskappe van medelye stroom intussen in op sosiale media.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ’n organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ook haar medelye met Nelson se ouers, kinders, familie, kollegas en vriende betoon. Sy het haar dank uitgespreek teenoor almal wat by die soektog betrokke was.

Rechner het vroeër gesê dié organisasie wil mense maan om nié gebiede wat as gevaarlik geklassifiseer word alleen te besoek nie.

“Mense moet ongelooflik versigtig wees wanneer hulle hulself in gebiede bevind waar daar nié ander mense om hulle is nie. Ons bly hoop dat Nelson gevind word, maar wil intussen mense maan om ekstra waaksaam te wees – veral in die nag en wanneer hulle alleen is,” het sy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pietman ·

“…gemaan om nie gebiede wat as gevaarlik geklassifiseer word alleen te besoek nie…”

Waar vind ons die klassifikasie van gebiede volgens gevaarlikheid? Is daar iewers ‘n webwerf met ‘n kaart wat hierdie klassifikasies bevat? Hoe moet ons weet watter gebiede vermy moet word?

volla ·

Om in die aand alleen na ‘n voetpad in’n woud te gaan, klink vir my gevaarlik en nie net in SA nie.

VanAfrika ·

Orals, Pietman, orals. self jou eie huis. wees paraat al die tyd

Nettie ·

Pietman, danksy die ANC-regering se onvermoë om die land na behore te bestuur en die landsgrense behoorlik te bewaak asook om volksvreemdelinge nie te natureliseer nie, kan géén, maar GEEN gebied in SA vandag as veilig verklaar word nie.

Jy is nie veilig daar waar jy werk, woon, stap, staan, inkopies doen, eet, slaap, TV kyk, sport beoefen …… niks, nêrens nie.

MET OPREGTE DANK AAN DIE IMPOTENTE, ONVERMOËNDE, ONVOLDOENDE, SKELM, KORRUPTE ANC!!!!!!!!!!!!!!!

Veilige gebiede ·

Daar is iets soos common sense? Mens moet altyd bedag wees, veral vrou alleen.

Afrikaanse Knaap ·

Kyk net na die hele kaart van Suid Afrika op google maps.

Jordaan ·

Ek stem saam met die ander lesers se kommentaar – die onveilige gebiede is die hele land. Net by die hogere regeringslede se huise en om hulle persoonlike ruimtes as hulle reis is dit veilig. Daar word meer op BBP beskerming spandeer as op die totale grondherverdelingsprogram (of die res van die veiligheidsdienste dink ek)

Jakalas ·

Ek het juis vanoggend gewonder wat geword het van die soektog. So gehoop hulle kry haar lewendig. Sterkte vir die familie.

Eurika ·

Nelson was ‘n inwoner (maroela media)
Innige simpatie met familie en naasbestaandes!

Afrikaanse Knaap ·

Op Fort Klapperkop is 5 sterk jong volwassenes nou die dag beroof. Bly tuis sluit al jou deure en sit jou alarm aan. Bly in jou tronk, net daar het jy ‘n kans vir oorlewing in hierdie oorlog zone wat as Suid-Afrika bekend staan.

PJC ·

So tragies en tog sien ek elke dag dames wat alleen stap of draf op plekke waar ek as man dit nie eers sal waag nie.

Nikita ·

Dis tragies nes al die ander moorde. Mense in SA is nerens meer veilig nie dag en nag. Die more weet nie wat die aand bring nie…..soggens is jy onbewus van wat later in dag kan gebeur. Wens ons kinders kon die kommerlose, sorgvrye goeie ou dae beleef het. Sterkte aan die familie

Jana ·

Volgens die WGO is daar iets soos elke 40 sekondes ‘n selfmoord en elke 5 sekondes ‘n poging. Dis ‘n globale tragedie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.