Soektog na vermiste stapper eindig tragies

Devereaux Pienaar en sy vrou, Veronica. (Foto: Facebook)

Die liggaam van die vermiste Devereaux Pienaar (53), ’n ingenieur van Pretoria, is vroeër vandag in die Wolkberg-wildernisgebied in Limpopo gevind.

Verskeie soek-en-reddingspanne wat by die grootskaalse soektog na Pienaar betrokke was, het die hartseer nuus op Facebook bevestig. Besonderhede rakende sy dood is nie in die stadium bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig Devereaux en sy broer Nico (47) het verlede Dinsdag op ’n tweedag-staproete deur die bergreeks gegaan.

Dinge het egter skeefgeloop toe die broers op pad na Devil’s Knuckles besluit het om liefs terug te keer en mekaar toe verloor het. ’n Soekgeselskap het sedertdien na die broers gesoek.

Nico kon Maandagaand sy weg tot by ’n dam in die omgewing vind waar hy te hulp gesnel is. Hy was in ’n slegte toestand en moes inderhaas mediese behandeling ontvang voordat hy vandeesweek saam met die soekgeselskap na sy ouboet begin soek het.

Maroela Media het die polisie vir meer inligting genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hagar ·

Weermag veldkuns leer sodra so iets plaasvind, moet onder geen omstandighede verder stap nie. Bly op daardie punt en maak eerder vir jou skuiling. Wanneer die son opkom wees dan so prominent sigbaar as moontlik.

WAB ·

Hulle water het opgeraak. Beide was alreeds erg gedehidreerd en hulle het besluit om water te gaan soek.

Ilse ·

Eintlik gesonde verstand, maar mens skrik en tree dan paniekerig op.
So hartseer.

Desire ·

My man sê altyd vir kinders, as julle wegraak. Gaan na die plek waar ons mekaar laas gesien het. Hier sou dit verseker nie gewerk het

Willie ·

n Lekker uitstappie wat sleg uitgedraai het en onnodig. Die ou rooikappie en Hansie en grietjie stories kan maar altyd onthou word om oorlewing. So hartseer.

Nelius Louw ·

Het die voorreg gehad om saam met hom te gewerk het. Saluut my vriend

- ·

Baie hartseer nuus.
Baie sterkte aan al die familie en sy vrou en kinders, hulle is sulke goeie hartsmense en bid vir julle in hierdie moeilike tyd.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.