Die liggaam van die vermiste Devereaux Pienaar (53), ’n ingenieur van Pretoria, is vroeër vandag in die Wolkberg-wildernisgebied in Limpopo gevind.
Verskeie soek-en-reddingspanne wat by die grootskaalse soektog na Pienaar betrokke was, het die hartseer nuus op Facebook bevestig. Besonderhede rakende sy dood is nie in die stadium bekend nie.
Maroela Media het vroeër berig Devereaux en sy broer Nico (47) het verlede Dinsdag op ’n tweedag-staproete deur die bergreeks gegaan.
Dinge het egter skeefgeloop toe die broers op pad na Devil’s Knuckles besluit het om liefs terug te keer en mekaar toe verloor het. ’n Soekgeselskap het sedertdien na die broers gesoek.
Nico kon Maandagaand sy weg tot by ’n dam in die omgewing vind waar hy te hulp gesnel is. Hy was in ’n slegte toestand en moes inderhaas mediese behandeling ontvang voordat hy vandeesweek saam met die soekgeselskap na sy ouboet begin soek het.
Maroela Media het die polisie vir meer inligting genader en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Dit is baie tragiese nuus. Sterkte aan die familie en vriende
Weermag veldkuns leer sodra so iets plaasvind, moet onder geen omstandighede verder stap nie. Bly op daardie punt en maak eerder vir jou skuiling. Wanneer die son opkom wees dan so prominent sigbaar as moontlik.
Ai hartseer.Het hul nie selfone gehad? Of geen opvangs daar?
My man sê altyd vir kinders, as julle wegraak. Gaan na die plek waar ons mekaar laas gesien het. Hier sou dit verseker nie gewerk het
n Lekker uitstappie wat sleg uitgedraai het en onnodig. Die ou rooikappie en Hansie en grietjie stories kan maar altyd onthou word om oorlewing. So hartseer.