Soektog na vermiste Stutterheim-baba eindig tragies

Abukhanyisile Sitebisa. Foto: Verskaf

Abukhanyisile Sitebisa. Foto: Verskaf

Die eenjarige seuntjie, wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in die veld naby Stutterheim in die Oos-Kaap gelos het, is dood gevind.

Maroela Media het vroeër berig Abukhanyisile Sitebisa is verlede Sondag omstreeks 08:00 alleen gelaat naby ʼn rivier in die Mbulelo-township. Sy 42-jarige ouma, Xoliswa Sitebisa, het hom na bewering daar gelos omdat sy ma nie na hom omgesien het nie.

Die voorval is op 28 Junie by die polisie aangemeld en Sitebisa is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing. Die gemeenskap en polisie het sedertdien tevergeefs in die omgewing na hom gesoek.

Volgens kapt. Siphokazi Mawsa, polisiewoordvoerder, is Abukanyisile se liggaam Dinsdag omstreeks 16:00 deur gemeenskapslede gevind.

“Sy liggaam is in die rivier tussen Stutterheim en die informele nedersetting gevind. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word,” het Mawsa gesê.

Sitebisa word nou van moord aangekla. Sy het reeds op 30 Junie in die Stutterheim-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 19 Julie uitgestel is. Sy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Pops ·

Mag die arme kleinding in vrede rus. Hopelik is hy gelukkiger daar waar hy nou is, as wat hy ooit saam met sy familie sou wees. Jammerte niemand kon ordentlik na jou kyk nie kleinman.

monique ·

My Hart is stukkend as n mamma. Rus saggies kleine lyfie. Ons weet darem nou jy is veilig Bo by ons skepper mag sy ouma die straf kry wat sy verdien

christine ·

Ja nee kleinman hoop hulle hang daai ouma van jou aan haar tone op

Karma ·

Ek kan aan beter plekke aan die liggaam dink waaraan hulle die ouma en die ma kan ophang, maar ‘gravity’ sal nie lekker saamspeel nie …… Vat daai gogo en smyt haar in die diepste, donkerste tronk (soos een kommentator gereeld sê: ‘Bêre haar so ver weg dat haar kos met ‘n kettie ingeskiet moet word’) en vat die ma en steriliseer haar, sodat sy nooit ooit weer ‘n kind kan hê nie.

Merrilynn ·

As ‘n ma is my hart stukkend dat ‘n persoon so harteloos teenoor ‘n baba kan wees. Hy het nie gevra om hier te wees nie! RIV klein mensie, jou familie het jou nie verdien nie

Elsie ·

Ai ai hoe hartseer. Weet hier is nou ‘n vrou wat ek maar los werkies gegee het by my huis omdat sy family is van Magret wat in my huis werk. Sy is vreeslik maer. Ek vra toe vir Magret hoekom is Joyce so maer…..Magret sê sy het 2 kindertjies van haar eie. Die Pa’s van die kinders is non-excitant! Sy kyk ook nog na 2 van haar oorlede sussie se kids en na nog ‘n kind….maw sy het 5 kinders om na te kyk. Sy kry nie werk nie. Hulle kry bitter swaar. Joyce het so ruk terug gif gedrink en ook vir al die kinders gegee want sy het gedink dit sal beter wees om dood te wees as om so te sukkel. Sy is 28 jaar oud. Ek help nou maar waar ek kan. Duisende ander sulke gevalle! Dis sooooo hartseer

E.K. ·

Elsie, dis mooi wat jy doen, ek help ook graag as en waar ek kan maar ons moet beginom hul te leer dat mens geboortebeperkign moet toepas. Mens kan nie net spul kinders kry as jy weet die pa is nie daar, jy het nie werk en daar is nie geld. Hene tog daar is oral klinieke en nou moeeot die kinders ly onder oeurs se onverantwoordelikheid – want dis wat dit is.

Francois ·

Kleinman, jou lewe is baie kort geknip deur n gewetenlose vrou. Wie weet waar jou drome jou kon vat in die lewe. Maar daar waar jy nou is, het jy n Hemelse Pappa wat mooi na jou sal kyk. Robala Ka Kagiso

Annie ·

Ai dis so hartseer. Trane le vlak en as n mamma maak dit seer. Dankie vir jou beautiful woorde Francois.

Karma ·

@Francois ….. ah, hoe kry ek nou trane in my oë. Robala ka Kagiso – rus in vrede … Ditto, Abukhanyisile (die een wat skyn), robala ka kagiso, yethu inkwenkwe.

Melissa ·

Mooi woorde. Rus in Vrede klein mannetjie.

Ek kan my nie indink wat hy moes deurmaak tot hy oorlede is. Hys 1 jaar oud en alleen, honger, koud. Is hierdie mense wat dit aan hulle eie vlees en bloed doen? My ouer hart is stukkend vir hierdie kindjie.

Judy-anne ·

Wat het die arme mannetjie gedoen om dit te verdien dit is vreeslik siestog, darm is hy veilig by liewe Jesus en sal nooit weer alleen gelos word iewers nie, sies man wie doen dit siestog , my hart bitter seer ;-(

Mads ·

Waarom word hierdie mensie se ma, wat nie na hom wou kyk ook nie in hegtenis geneem? Sy het net soveel skuld………..indien nie meer as die ouma!!!!! Sê maar net……….

Gerald Rademeyer ·

As die ouma 42 jaar oud is hoe oud is die ma? dit gaan nie daaroor om ‘n kind
of kinders uit liefde te he nie dit gaan oor die toelae wat verkry word

Marisha ·

Dis vreeslik! Hoeveel ouers smag daarna om ‘n babatjie te hê en ouers wat hulle kinders weggooi of sommer net alleen los kry dosyne kinders. Kleinding, mag jy sag rus in Jesus se arms waar jy nooit alleen of honger sal wees nie.

Joann ·

Francois jy raak my hart. Hy is beter af as wat hy by sulke twee mense moes bly. Dit is moord,sal net 6jr.kry

Wenner ·

Die Koninkryk van die hemel behoort aan kindertjies soos hierdie. Liewe liewe kindjie, jy is nou op die wonderlikste plek, op Jesus se skoot! Waar geen koue, honger of verwerping jou meer kan tref nie! Ek is SELF n Ouma, en my kinders bly ook by my. En ons kry ook swaar ja, maar die hemel weet! Iewers in die ouers en grootouers se koppe is daar mos daardie waarskuwingstemmetjie wat vir jou sê: NOU gaan jy te ver! Ouma, mag die Here daar in die tronk met jou werk, dat jy waarlike en opregte berou sal kry oor dit wat jy gedoen het. Dis DOELBEWUS gedoen!

Gesiggie ·

Is jy nou teverede… Mamma… jy wat jou kind nie wou gehad het. Die arm kind kon nog n kans gehad het om te lewe, om by iemand anders gelukkig te wees… Ek blameer eintlik die Ouma ook… want sy kon vir haarself gedink het, dat die kind nie veilig sou wees… hoekom het sy nie eerder die kind na die naaste polisie stasie toe gevat, of vir n welsyn organisasie gegee… Die arm klein seuntjie… hoe moes hy weet van reg en verkeerd… RIP kleintjie…by God is jy veilig. Hoop die Ma en Ouma word gestraf.

arizona ·

Ek twyfel baie sterk of die seuntjie vanself in die rivier beland het. Sy ouma is n moordedaar en ek hoop sy word baie baie swaar gestraf. Rus in Vrede engel. Jy is nou in n engel se arms.

Cherise ·

My eie seuntjie is nou net oor ‘n jaar. Dis so spesiaal, hy is nou op so oulike stadium. Begin woordjies se, gee my soveel liefde en drukkies en soentjies en gooi tantrums waaroor ons lag want dis eintlik so oulik. Die arme kindjie het dit wragtig nie verdien nie. Rus saggies seuntjie jy sal vir ewig nou voel wat liefde is.

dook ·

Wreed en genadeloos, ek sider as ek dink wat sy laaste gedagtes was, hardverskeurend!

CECILIA ·

Hoe loop my trane nou, Rus in vrede pragtige seuntjie, jy is nou veilig in Jesus se arms.

E.K. ·

Ouma het hom seker nie in die veld gelos maar heel moontlik in rivier gegooi – barbaars. Hoop regtig hulle vervolg die ouma EN die ma want nie een wou na die kind omsien. Daar is mos plekke soos skuilings welsyn ens om, as jy enigsins menslik is die kind te gaan los het. Maar die eintlike oorsaak is dat hulle nie geboortebeperking toepas nie!

jonathan ·

dit gaan seker oor n allpay kaart.die ma wil seker nie die kaart oorhandig nie.die veld sou seker die probleem oplos.sies.dit is waar die ma en die ouma groot geword het.in die veld ja.gewaarborg knapie jy is in goeie veilige hande.honger dors pyn en koue is nie meer vir jou beskore nie.ek is self n pa van 3 kinders.vir my is dit n plesier om my kinders elke oomblik by my te he want hulle bring vir my vreugde.wat daar gebeur het is n skande.
sies. knapie jy sal eendag die voorreg het om dai twee vroue te sien brand in die hel.R.I.V knapie

charlene ·

Ek het nog nooit so gou deur `n berig gelees nie – en al wat ek wou sien is gaan die ouma nou aangekla word vir moord!! Sy is `n moordenaar, sy maak die woord “ouma of gogo” sleg. Ouma’s is vol liefde vir hulle klein kinders en sal nie laat hulle betaal vir die foute van hulle ma’s nie. Die baba se dood was onnodig, hy moes soveel hartseer en vrees beleef het. Ek het so gehoop en bid iemand het om opgetel, huis toe geneem…. maar dis realiteit die, hartseer maar realiteit. Ek hoop die ma word ook aangekla vir kinderverwaloosing want sy dra net soveel skuld as die ouma.

elize ·

Ek is self n ouma van n dogtertjie van n jaar en 4 maande ek sal moordpleeg vi ha dammit maak ni saak of n kind wit,swart,bruin,pienk is ni mens doen dit ni kleine engel kind hulle kon jo vi my gegee ht Rus Sag In Di Arms Van Jesus Christus Engel kind ?

celia ·

Ek is ook n ouma. Ek is sooo lief vir my 3 jarige kleinkind ek sal my lewe net hier en nou vir hom gee. Wanneer ek die voorreg het om na hom te kyk is hy nie vir n second onder my oe uit nie! HOE kan n ouma haar 1 jarige kleinkind naby n rivier in die veld gaan los? Dis defnitief beplande moord om van hom ontslae te raak. Sy eie ma is net so skuldig! As hulle nie kinders kan kyk nie moet hulle nie in die wereld bring nie!!
Mt hart bloei vir daardie ou kleintjie en hoe verlore hy moes voel.

Linda Swart ·

Hierdie berig het ‘n mens se aandag aangegryp, te meer omdat ‘n weerlose seuntjie ter sprake was. Gedurende sy verdwyning, was dit snags minus sewe grade in Stutterheim. Ek wens so ‘n joernalis kan ‘n opvolgberig oor hierdie tragiese gebeurtenis skryf, nie om sensasie te wek nie, maar om agter die kap van die byl te kom. Meer nog, indien daar enige ander kinders tuis is, behoort ‘n maatskaplike werker hulle onverwyld te besoek. Hierdie traumatiese gebeurtenis sal beslis ‘n negatiewe invloed he op die hele familie.

Charmaine ·

Hoe seer voel my hart vir hierdie kleintjie??..jy’s veilig in Jesus se arms,jy gaan n klein Engel wees in n beter plek.Ouma en die ma hoop julle kan slaap saans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.