Soektog na vermiste tiener eindig tragies

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn tienermeisie van Port Elizabeth is Vrydagoggend gevind in dieselfde omgewing naby haar ouerhuis waar sy Dinsdagoggend vir die laaste keer lewend gesien is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die liggaam van Charmaine Magielies (17) is omstreeks 05:15 buite ʼn huis in Kadettstraat, ses blokke van haar ouerhuis af, in Missionvale in Algoapark gevind. Haar liggaam was vasgebind en in komberse toegedraai.

Daar word beweer dat Charmaine Maandag omstreeks 19:00 haar ouerhuis in Camarostraat verlaat het om na haar broer te gaan wat daar naby woon. Sy is vermoedelik Dinsdag teen 03:00 by haar broer weg, maar het nooit by haar ouerhuis opgedaag nie. Haar ouers het haar later die dag as vermis aangemeld.

“Die omstandighede rondom haar dood word ondersoek,” het Naidu gesê.

Die Algoapark-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Naidu het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie in sy ondersoek by te staan. Mense met meer inligting oor die voorval word versoek om kapt. Harold Seku by 079 896 7749 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jennefer ·

Wanneer gaan kinders besef dat mens nie meer alleen in die nag kan rondloop nie.

ANDRE ·

3 uur in die oggend ! n meisie aleen huistoe stap ? Sy was of onder die invloed of het nie geweet wat sy doen nie…onverandwoordelik.

adpvil ·

Ons lewe nie onder dieselfde omstandighede nie. Om te wonder of sy onder die invloed was, is onvanpas.

Sputnik ·

Indien sy met haar broer se medewete alleen die pad gevat het is hy darem erg onverantwoordelik! Die woorde “…Sy is vermoedelik 03:00 van haar broer weg…” laat my dink dat hy nie geweet het sy vertrek nie (of hy kan nie horlosie lees nie).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.