Soektog na vermiste vrou begin

Meghan Cremer

Meghan Cremer (30) het Saterdag spoorloos verdwyn nadat sy haar huis in Philippi verlaat het.

Cremer woon in ʼn kothuis by die Vaderlandsche Rietvlei-stalle en is omstreeks 18:00 Saterdag in haar wit Toyota Auris daar weg.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die Philippi-polisie het intussen die hulp van die publiek versoek om Cremer te probeer opspoor.

“Sy het ten tyde van haar verdwyning ʼn swart broek en ʼn groen top aangehad. Meghan is skraal gebou, omtrent 1,67 m lank en het lang bruin hare.”

Cremer se motor se registrasienommer is CX29727.

Enigiemand met inligting word versoek om lt.kol. Gavin Sias te nader by 082 469 7243 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

WIEBO ·

Word sy opgespoor, mag niemand weet hoekom sy weg was nie……………… soos altyd…………..

Lizelda ·

@WIEBO, ons as buitestaanders hoef nie altyd te weet hoekom sy weg was of wat die omstandighede rondom haar verdwyning was nie. Solank sy veilig gevind word.

Jacoba ·

Hoekom iemand weg was is nie jou besigheid nie. Die belangrikste is dat die persoon gesoek en gevind word en veilig is. Mens hoef nie alles te weet nie.

Gaitsigubib ·

Ek se dis wel ons besigheid. Die belastingbetaler finansier die soektog. Mens wil ook weet of daar n misdaad was of nie.

Jaco ·

Die wat se hulle wil alles weet as sy gevind word… dit het basies niks met jou te doen nie.

Om n belasting betaler te wees gee jou nog steeds geen reg om te weet.

Linda ·

Maak dit nooit saam hoekom mense nie opgespoor wil word nie. Miskien her sy net moeg geraak vir alles in haar lewe. Ek weet ek sal graag will verdwyn want ek gaan deur n helse tyd. Ek is permanent op my kniee voor die Here on my sterk te hou. Maar dis partykeer net eenvoudig te veel.

Sara ·

@Linda, byt vas dame… hulle sê die donkerste tyd is net voor sonopkoms. Soms moet jy net jou seer met ander deel, dan word gedeelde smart ‘n ligter las. Gesels met enige persoon/berader in jou omgewing wat jy vertrou. Mens kan gelowig wees en nog steeds stoei. Moenie tou opgooi nie.

Sam ·

Linda, al gaan jy nou deur doodskaduwee in jou lewe, moet nie hoop verloor nie. Bly buigend voor ons Vader.

Die Woord sê dat, saam met die versoeking, Hy uitkoms sal gee en jou nooit bo jou vermoë sal versoek nie. Hy is ons Herder. Wag op Hom. Hy sal die geknakte riet nie breek en die gloeiende lamp nie uitblus nie. Jy glo mos die Bybel?

Trek die volle wapenrusting (Ef 6) aan in jou stryd, en veg tot oorwinning. Jy is nie alleen nie.

Lizelda ·

Ek hoop van harte die pragtige jong vrou word veilig opgespoor. Ons hoef nie altyd te weet hoe en wat die omstandighede was wanneer vermiste persone opgespoor word nie solank hulle veilig is. Hoop MM hou ons op hoogte. Sterkte aan die bekommerde familie en vriende.

Ekke ·

Hoop van harte sy sal veilig gevind word. Het hierdie adres gegoogle en dit lyk glad nie baie veilig nie. Afgesonder en en en….

Nog 'n Cremer ·

Kom ons bly positief en hoop dat sy ongedeerde gevind word.

Jeremia ·

Hoop sy word ongedeerd opgespoor.
En alles gaan buitestanders aan nie.
Belastinggeld word buitendien rojaal misbruik deur diegene wat aangestel is om die land na behore te bestuur.
Waarom sit en pennies tel, terwyl ander al miljarde spoorloos laat verdwyn het?

humor ·

Daar kan privaat aangeleenthede rakende haar verdwyning wees wat niemand aangaan nie. Kom wees maar eerlik hoekom jul wil weet is louter sensasiebeheptheid wat die geleentheid skep om ritse sensasie sterte aan te las. Kamma belastingbetaler????????

Eugene ·

Jy is so reg. As daar n misdaad gepleeg was dink ek moet ons weet. As dit privaat redes was het dit niks met ons te make nie. En die belastingbetaler hierbo wat so kerm, ek sal maar jou R2 wat jy spesifiek as individu bygedra het tot enige soektog vir jou terug betaal! Ek hoop hulle vind haar en dat sy veilig is.

Gaitsigubib ·

Nee jy’t seker nie mooi gelees nie, want ek kerm mos nie. Hou maar die R2 om jou dag op te kikker.

Kobus ·

Indien jy nie will deelneem aan die berig en soektog net omdat hy nie later mag weet hoekom nie jou keuse. Moet dit dan nie doen nie. Mense raak wreed en ongevoelig en gebruik die inligting om te veroordeel en te skinder en die mens se grootste stokperdjie op sosiale media om medemens te beledig en te vernietig.

Carol ·

Ag nee, Mag die Here hierdie meisiekind beskerm en omvou met Sy goddelike genade.
Hoe kan enige iemand se nuuskierigheid oor die waar, wat en hoekom van haar doen en late bespiegel? Dit kon JOU kind gewees het!
Bid liewer dat sy veilig is.

Linda ·

Ek hoop en bid dat sal gevind sal word. Geen vrae oor waar sy was nie sy moet net omring word met bystand en liefde. En julle omies en tannies wat so oordeel Los die oordeel aan God toe. Dit kom jou nie toe om oordeel te vel nie. Drink maar julle teetjies en koekies rustig en skinder maar onder mekaar soos gewoonlik.

Nel ·

@Huh: Nee, dis ‘n waarneming/waarskuwing en nie ‘n veroordeling nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.