Die 30-jarige Meghan Cremer wat Saterdag vermis geraak het, se liggaam is gevind.
Cremer se ligaam is omstreeks 01:00 vanoggend op ʼn sandmyn op ʼn plaas in Philippi gevind, het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.
Cremer het Saterdag spoorloos verdwyn nadat sy haar huis in Philippi verlaat het. Sy woon in ʼn kothuis by die Vaderlandsche Rietvlei-stalle en is omstreeks 18:00 Saterdag in haar Toyota Auris daar weg. Haar motor is Maandag in Grassy Park opgespoor.
Drie verdagtes, onderskeidelik 27, 34 en 35 jaar oud, is vroeër in verband met die diefstal van Cremer se motor in hegtenis geneem.
Een van die verdagtes, die 27-jarige man, word nou aangekla vir die moord op Cremer.
Die verdagtes sal vandag in die Athlone-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
81 Kommentare
Baie tragies. Sterkte aan haar familie en vriende.
Ai ek is so jammer Meghan. Sterkte aan jou familie en vriende wat so lief was vir jou. Die hele perdry gemeenskap het bly hoop dat jy veilig is :(
Dit is so hartseer, RIV mooi dame en mag God sy hande van vertroosting oor jou familie en vriende hou.
Dis hoekom SA die doodstraf moet hê.
Vader, hierdie land is so siek.