Soektog na vermiste vrou eindig tragies

Vermiste Bronwen Houghton (Foto: Pink Ladies)

Die liggaam van ’n vrou is vandeesweek gevind nadat sy verlede week vermis geraak het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig die liggaam van Bronwen Houghton (63) is Woensdag langs Chapmanspiek-rylaan in Houtbaai gevind.

Van Wyk kon bevestig dat Houghton se liggaam omstreeks 12:30 deur Wildernis-soek-en-redding gevind is. Haar liggaam is per helikopter van naby die uitkykpunt vervoer.

Houghton van Plumstead, Kaapstad, is op 29 Julie as vermis aangemeld nadat sy glo vroeër dié dag op Chapmanspiek gaan stap het.

Volgens die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Houghton aan haar dogter gesê dat sy gaan stap en teen 12:00 terug sou wees. Toe sy ure later nog steeds nie teruggekeer het nie, het haar dogter onraad vermoed.

’n Soektog is van stapel gestuur, maar teen donker was Houghton steeds skoonveld. Haar motor is later deur ’n vriend in ’n parkeerarea naby Chapmanspiek gevind.

Houghton se liggaam kon deur ’n familielid en vriend uitgeken word.

Die polisie wou nie in dié stadium bevestig of daar enige vuilspel vemoed word nie. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ore ·

Wanneer gaan mense,veral dames leer om nie alleen te gaan stap nie.Huise word beveilig,duisende word aan sekuriteitsmeganismes bestee en dan gaan stap mense op gevaarlike plekke.
Wees asb verantwooordellik,wit lewens is niks werd nie en dit gaan erger word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.