Soektog na vermiste Vrystaat-seun gaan voort

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie soek steeds na die liggaam van ‘n sewejarige seun wat by die Vaaldam naby Deneysville in die Vrystaat vermis geraak het.

Bongani Mosia en Nthako Thithi, albei sewe jaar oud, is as vermis aangegee nadat hulle Saterdag die laaste keer gesien is waar hulle onder ‘n brug in Refengkgotso gespeel het.

“Duikers soek steeds in die area,” het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Nthako se liggaam is Sondag gevind. Twee mans wat Sondag deur die polisie ondervra is in verband met die verdwyning van die twee seuns, is vrygelaat sonder enige aanklagte.

Die polisie het Maandag ‘n derde man ondervra maar hy kon ook nie aan die verdwyning verbind word nie.

Die soektog na Bongani word Vrydagoggend voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.