Soektog ná vrou se moord naby Welkom-laerskool

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in die Vrystaat het ʼn soektog van stapel gestuur ná die liggaam van ʼn vrou, in haar 30’s, naby ʼn laerskool in Welkom gevind is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn man het Maandagoggend omstreeks 08:30 met sy bakkie gery om mis by die beeskraal by St Helena agter St Andrews-skool op te laai. Hy het op die vrou se liggaam afgekom en die polisie ontbied.

“Beamptes het die vrou se liggaam tussen twee bome aangetref. Dit wil voorkom of sy elders vermoor en haar liggaam daar gestort is,” het Thakeng bygevoeg. Sy het kneusplekke aan haar bors, nek en linkerbobeen opgedoen, het ʼn snywond aan haar kop gehad, en haar linkergewrig is gekraak. Die vrou het ʼn geel Kaizer Chiefs- T-hemp aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Net haar geslag, geskatte ouderdom en geel t-hemp word beskryf… Sterkte met die opsporing van haar geliefdes! Daar is letterlik miljoene mense in RSA met daardie beskrywing.

Staan saam ·

Genade, wat gaan aan in Welkom? Dit raak beslis een van die geweldadigste dorpe in SA! Sterkte aan die familie. RIV niemand verdien om so te sterf en sommer ge-dump te word nie, behalwe as jy ‘n moordenaar self is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.