Soektog na Witrivier-vrou duur voort

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

ʼn Grootskaalse soektog na Annatjie Myburgh (53), wat vermoedelik by die hek van haar kleinhoewe gekaap en ontvoer is, het nog geen vrugte afgewerp nie.

Shaun Terblanche, operasionele bestuurder van J&M Sekuriteit wat tans aan die soektog deelneem, het aan Maroela Media gesê meer as 100 boere, die polisie en verteenwoordigers van die veiligheidsmaatskappye in die omgewing help met die soektog.

“Die polisie het vanoggend ʼn snuffelhond op die toneel gehad om vir leidrade te probeer soek. Ons het self die omgewig waar sy bly, deursoek. Ons het in elke paadjie, stegie en gat gekyk, maar ons kon niks kry nie.” Volgens Terblanche is Myburgh se foon steeds af en is haar motor ook steeds soek.

Myburgh, wat vir ’n prokureursfirma in Witrivier werk, is vermoedelik omstreeks 07:00 Woensdag by die hek van haar en haar man se kleinhoewe in Curlews naby Rocky Drift deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval waarna hulle met haar in haar motor weggery het. “Ons het buite die hek twee kapmesse gevind wat die vermoede laat ontstaan dat daar twee aanvallers was, maar ons kan nie in hierdie stadium seker wees nie,” het hy gesê.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle vermoed daar is vier verdagtes betrokke. Hy het gesê die polisie se lugvleuel, honde-eenheid en die blitspatrollie is ook by die soektog betrokke.

Volgens Terblanche is Myburgh se man en familie getraumatiseerd maar “cope” in die omstandighede. “Hulle is hoopvol. Ons almal bly hoopvol; ons kan nie anders nie.”

Terblanche het vroeër gesê Myburgh se selfoonsein is tot by die Swalala Trust- informele nedersetting nagespoor, maar die selfoon is afgeskakel voordat dit gevind kon word.

Die publiek word versoek om op die uitkyk te wees vir Myburgh se wit Mitsubishi Pajero Sport met die registrasienommer CHF482MP.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Calvin Pule by 082 449 0334 of kapt. Pieter Smit by 082 499 8361 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hannetjie ·

Mens dink altyd dit gebeur net met ander mense en nou het dit gebeur met jare lange vriende. Wendell ons bid vir jou, die kinders en al die familie. Ons glo in ons GOD WANT HY IS GROOT. HY SAL ONS NIE TELEURSTEL NIE. Ek mag nie vra nie maar ek doen tog HOEKOM GEBEUR SULKE GOED. ANNETJIE HOU VAS AAN GOD.

Mariaan ·

Ai tog…dis aaklig…ons bid dat sy beskerm is en gou gevind sal word…ons bly in so n mooi land…maar met soveel barbare ook…wens so die treurige regering wil wakker skrik!

Maryna ·

Ai… Dis so moeilik, hoekom is die wereld so onderstebo…

Johann Marx ·

Ek is seker nie tegnies genoeg aangelê nie so miskien kan iemand met meer kennis ons hier inlig. Die “selfoon” maatskappye kan elke selfoon gebruiker se selfoon gebruik naspoor om presies te bereken waarvandaan jy gebel het en met wie jy gepraat het vir hoe lank, sodat hulle vir jou ‘n rekening kan stuur…..maar die oomblik as jy nodig het om daardie inligting of tegnologie te gebruik om ‘n vermiste persoon op te spoor of ‘n misdaad op te los…..dan kan hulle nie help nie, en moet jy hulle met ‘n hofbevel forseer om betrokke te raak. Ek besef dat daar wetgewing is oor privaatheid en al daai dinge……maar steeds kry ek elke dag sms’e van instansies wat my lewe vergal met ongevraagde advertensies. Ons leef in Suid Afrika…..die selfoon reuse hier behoort baie meer te doen om hulle tegnologie beskikbaar te stel om misdaad te bekamp.

Cherokee ·

Mobiele foonoproepe se kostes wissel nie. Hetsy jy jou bure skakel of iemand in ‘n stad op die ver punt van die land is die kostes dieselfde. Daar word ook nie rekeninge gestuur nie maar die kostes word geneem vanaf vooraf gelaaide geldwaarde. Selfone is nie plaaslyne nie.

Elgeraine ·

Stem saam Edward! Ek bid uit my hart dat hierdie arme vrou lewend na haar familie sal terugkeer! Dis verskriklik dat so iets gebeur, en dit hou net nie op nie. Mens het nie meer woorde nie. Sterkte

Bets ·

Annetjie was vir meer as 1-1/2 uur al gekaap voor haar werk alarm maak hoe kom is daar nie geld uit haar rekening getrek nie soos met Krugersdorp se drie slafoffers dadelik is daar geld uit hulle rekeninge getrek Ek ruik n ROT Maar ek bid dat sy veilig is en nie seer gemaak is nie ek is al 65 jaar oud en ek gun niemand om hier deur te gaan nie sy verdien dit nie

Rot ·

Bets, ek hoopjou rot vrot !!! Kry jou feite agtermekaar voor jy enige aantuigings begin maak.
Ek bly in Witrivier. My suster het dadelik beginrond bel toe Annatjie nie die betrokke tyd by die werk was nie. Daar is dadelik iemand uitgestuur na haar huistoe om te gaan kyk wat aangaan. Hoop jy en jou vrot rot het `n”ball”.

Joann ·

Maryna dit is nie die wereld nie,dit is die siek mense. Mag God haar veilig laat terug kom na haar familie.

Gesiggie ·

Aan Annetjie se Familie… ons bly HOOPVOL saam jul, ons bid… en ons Glo… Mag God se Hand van bewaring oor haar wees… en ons vra God werk deur hierdie mense wat haar gekaap het… laat sy veilig wees…. AMEN…

st ·

Dis vreeslik hartseer, baie sterkte aan die familie. Ek bid dat sy veilig gevind sal word.

Neels ·

Die gemeenskap in die Laeveld het n ongelooflike poging geloods om te help met die soektog. Ek weet van mense wat hulle werk net so gelos het om te gaan help. Dankie aan al die Laevelders en sterkte.

ROT ·

Bets, gaan ruik jou rot op `n ander plek. Kry jou feite agtermekaar voor jy aantuigings maak. Ek bly in Witrivier en my suster het die betrokke tyd wat Annatjie by die werk moes wees na haar begin soek. So, ek hoop jy en jou rot het `n “ball” vandag !!!

Bets se Rot ·

Bets, ek hoop jou ROT VROT !!! Kry jou feite agtermekaar voor jy enige aantuigings begin maak. Ek bly in Witrivier. My suster het dadelik beginrond bel toe Annatjie nie die betrokke tyd by die werk was nie. Hoop jy en jou rot het `n “ball” vandag !!!

Maria van Dieweeck ·

Mag God se liefde julle omvou en mag Annatjie gou weer by jul wees!

#Gerda ·

BETS SE ROT: hoekom is jy so aaklig met Bets? Sy het ‘n aanmerking gemaak oor die tydsduur wat dit geneem het om alarm te maak… ek sien NIKS fout met Bets se kommentaar nie….

CVS ·

Ai hoe onaangenaam as mense so lelik is terwyl ander emosioneel gebreek is …Hoop hul kry haar gou ongedeerd. Sterkte aan almal….

marlize ·

Die vrou se foto bly op my kop…. is dit nie dieselfde vrou by wie die vermoorde Chairmaine Mare gebly het nie?

Armando ·

Kom tog by: waarom sal die Here toelaat dat so-iets gebeur en dan verwag word om dit reg te maak as julle biddend daarna vra, terwyk Hy toegelaat het dat dit gebeur?? Asb, antwoord!!

Oosie ·

Het iemand al daaraan gedink dat sy oor die grens geneem is? Dit is tog algemene praktyk dat daardie soort voertuie op bestelling gesteel word…

Danie ·

Sterkte aan vamielie en ek glo sy sal veilig terug keer ek sal bid want geloof sal ons red

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.