Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn reusesoektog geloods na twee verhoorafwagtende gevangenes wat steeds op vrye voet is, nadat hulle en nog drie ander uit die aanhoudingselle van die Margate-polisiestasie ontsnap het.
Die polisie het gesê die vyf het Sondag deur die polisiestasie se dak ontsnap.
“Alle betrokkenes is in kennis gestel en ʼn soektog is gelas,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.
Sanele Ncane is ʼn paar uur later in hegtenis geneem. Saneliso Malanga en Sanele Hlongwane is ook aangekeer, nadat hulle hulself by die Gamalakhe-polisiestasie gaan oorgee het.
Matomela Dwetshe en Wiseman Mduduzi Nxabi word steeds gesoek.
Hulle staan tereg op aanklagte wat insluit moord en gewapende roof.
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te kontak met inligting oor die twee voortvlugtiges.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Seker ‘n saak van omkoperry en koruupsie.
Hoe ontsnap hulle deur ‘n dak.
Lekker by die a en see. Die ouens in beheer was seker op strand-diens toe die skurke hul “lunch break” gemaak het!
Die polisie is onbevoeg maak nie saak in watter dorp of provinsie nie,dit is n skande
Waar is hulle photo?