Soektog op tou na twee ontsnapte Margate-gevangenes

Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn reusesoektog geloods na twee verhoorafwagtende gevangenes wat steeds op vrye voet is, nadat hulle en nog drie ander uit die aanhoudingselle van die Margate-polisiestasie ontsnap het.

Die polisie het gesê die vyf het Sondag deur die polisiestasie se dak ontsnap.

“Alle betrokkenes is in kennis gestel en ʼn soektog is gelas,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Sanele Ncane is ʼn paar uur later in hegtenis geneem. Saneliso Malanga en Sanele Hlongwane is ook aangekeer, nadat hulle hulself by die Gamalakhe-polisiestasie gaan oorgee het.

Matomela Dwetshe en Wiseman Mduduzi Nxabi word steeds gesoek.

Hulle staan tereg op aanklagte wat insluit moord en gewapende roof.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te kontak met inligting oor die twee voortvlugtiges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Lekker by die a en see. Die ouens in beheer was seker op strand-diens toe die skurke hul “lunch break” gemaak het!

willem Botha ·

Die polisie is onbevoeg maak nie saak in watter dorp of provinsie nie,dit is n skande

Schalk ·

Wanneer gaan beamptes verantwoordelik gehou word vir ontsnaptes.Wanner gaan verantwoordelikheid weer geneem word.Beke Sele jy beter begin skoonmaak die SAP se beeld verswak daagliks bring dissipline terug.Polisie praat op selfone en bestuur sonder gordels skitterende voorbeeld van wets toepassers trek op wit strepe verby oppad na vergadering.Dink doen die publiek n guns as hul agter toonbank by polisie staan.Geen respek vir publiek .What goes around comes around.

Jeremia ·

Besonder dowwe foto’s. Seker nie moeite werd om op sosiale platforms te plaas nie. Haas hulle baie langsaam.

sweis ·

Die polisie is so lui nou moet hulle deur nalatigheid weer die skelms probeer vang.

jakes ·

Polisie aan diens het gaan visvang en vir die ontsnaptes vooraf gese dat die dak die maklkste manier is om uit te kom. Die paar wat hulle oorgegee het, het agtergekom dat dit lekkerder is in die selle as buitekant. LOL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.