Soektog vir eers afgelas nadat ma en kinders saam verdwyn

Jenna Koeberg

Jenna Koeberg

Die soektog na ʼn Pretoria-ma wat Woensdag saam met haar drie kinders verdwyn het, is vir eers afgelas.

André Putter, ʼn privaat speurder wat aangestel is om na Jenna Koeberg (31) en haar drie kinders, onderskeidelik 12, 10 en 4 jaar oud, te soek, het Vrydag aan Maroela Media gesê Jenna se man, Sean (31), het glo Donderdag ʼn boodskap ontvang dat hulle veilig is.

“Verskeie rolspelers se fone is afgeskakel en dit is nie bekend waar hulle is nie. Ons is versoek om die soektog vir eers op te skort,” het Putter gesê.

Maroela Media het vroeër berig Jenna en haar kinders is Woensdag die laaste keer omstreeks 09:00 in Moreletapark in die ooste van die stad gesien. Sy het glo haar assistent gevra om hulle langs die pad af te laai. Sy het nie haar motor, beursie, selfoon of bankkaarte by haar nie. Die moontlikheid bestaan wel dat sy kontant by haar gehad het.

Sean het haar en die kinders Woensdag as vermis aangemeld by die Garsfontein-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JaNee ·

So jy wou weg. Jy het die as die enigste uitweg gesien. Jul omstandighede moes erg gewees het as jy alles los. Sterkte aan jou en die kinders.

HANNIE ·

sjoe!! wonder net……. Is jou huis jou plek van veiligheid en jou man die een wat vir jou en jou kinders moet beskerm? Dalk voel hierdie ma en haar kinders veiliger op straat. Waarvoor vlug hulle? Bang vir ‘n gesinsmoord, kyk na die geval in Vanderbijlpark……… wonder net!

Gesiggie ·

Dit goed om te weet… dat sy en die kinders veilig is?? Mense wat probleme het… vlug… Sy het tyd nodig om te dink… Hoop dat als sal goed uitwerk vir jou en kinders…

Edward J Shawe ·

Nee wat mense, dis naby Feestyd. Hierdie verdwyning en soektog hoort nie afgelas te word nie. So ook nie die ondersoek nie. Hier is meer as net n rot in die gras. Net soos die van der Bjil moorde wat plaas gevind het, voel ek grillerig oor hul verdwyning.

Eish ·

Ek voel dieselfde. Is hulle regtig veilig? Verder se ek niks. 1 + 1 is nie vir my hier 2 nie.
Wonder of mag die SAP verder soek al word daar gese dat hul kontak gemaak het? Ek dink hul moet om doodseker te maak hul wou weg en ook dat hul wel veilig is.

Charlene ·

Edward ek stem saam!
Hulle moet nog gesoek word! Nie net vir die kinders se veiligheid nie maar ook wat as die man onskuldig is aan enige iets of erger nog skuldig is. So baie mense het hom reeds die rede gemaak. Maar een ding is verseker dit moet baie vat vir `n Ma om so iets te doen. Ek dink ook sy vlug en nie net vlug nie maar vlug vir haar en haar kinders se lewe.

SNEL ·

Ek weet dit het nou niks met die berig te doen nie, maar soos Edward J Shawe nou die van der Bjil moorde ophaal wonder ek net, hoe kan drie mense se moord net so onder die mat ingevee word. Gaan niemand ooit hier skuldig bevind word vir die moorde nie. Hoe kan dit gebeur?

Sterkte vir Jenna.

Arizona ·

Hoe kan die SAPS sommer net so die soektog opskort. Het hull haar opgespoor en gesien sy en die kinders in veilig of het die man laat weet sy is veilig. My magtig man. Hoe maklik is dit net nie om n boodskap van n ander selfoon af te stuur nie. Sien haar familie die boodskappe op Maroela. Laat weet asseblief of is sy regtig veilig. Het sy self kontak gemaak of kontak gemaak deur haar man.

Anton ·

Ek dink ook iets is nie reg nie. Hoe gaan jy weg sonder foon en alles. Iemand sal moet verduidelik

Anoniem ·

Iets klop nie hier…. Hoe kan enige iemand – deur man – privaat speurder versoek, dat daar nie verder gesoek moet word nie…watter bewyse het hy dat hy moet ophou soek? Hoekom fone afsit? Lees jy die media vandag gaan kyk gerus hoeveel moorde is daar…tot 24 kinders met volwassenes ontvoer!!!!!Ai mense waar gaan ons heen. In my kinderdae was daar glad nie sulke goed nie. Waar gaan ons kinders met kleinkinders heen? Waar gaan als opeindig?Ons moet waaksaam wees, niemand vertrou en met oop oe deur lewe gaan, slaap met oop oe….Vertrou op God dat die toestande in Suid Afrika sal verbeter van persoon tot persoon. Saamstaan kan Suid Afrika nie, bewyse is daar. Almal praat net en doen niks…Elkeen is op sy eie aangewese om homself of haarself te beskerm……..

Ann ·

Sy en die kinders het 9:00 Dinsdagoggend verdwyn en haar man Sean meld dit eers Woendag aan. Ek ruik ‘n vet rot!!!

Yolla ·

Moet iemand nie 24 uur vermis wees voor dit aangemeld word by polisie nie?…. wonder maar net oor die komentare oor sy dinsdag weg is en hy dit woensdag aangemeld het…. ek kry 24 uur as ek die som maak…..

Andre Putter ·

Ek is die privaat speurder wie deur die man aangestel is om na sy vrou en drie kinders te soek. Ek het die kommentaar op hierdie en vorige berigte gelees. Dit is opvallend hoe mense iemand soek om te blameer vir hierdie voorval eerder as om n positiewe bydrae te lewer. Ek klaar graag sekere wanopvattings op wat uit die kommentaar geblyk het. In n geval soos hierdie tree ek namens my klient op en wanneer hy besluit om die ondersoek te staak, het ek geen ander keuse as om dit te doen nie. Niemand het gese dat die SAPD ondersoek gestaak is nie, hoewel dit n logiese gevolgtrekking sal wees. As ervare speurder en verantwoordelike persoon het ek persoonlik seker gemaak dat hierdie dame en haar kinders veilig is en nie op enige manier bedreig word nie. Dit is nou in belang van die familie dat hulle privaatheid gegun word om hulle probleme te hanteer. Ek kan nie sommige mense se behoefte aan sensasie bevredig deur sensitiewe inligting bekend te maak ten koste van die betrokkenes nie. Ek wil langs hierdie weg die publiek bedank vir wenke wat ek ontvang het tydens die ondersoek. Ek wil hulle ook verseker dat die dame en haar kinders nou veilig en in goeie hande is.

sarie van heerden ·

Ek aanvaar mnr Putter se verklaring oor die verdwyning van die moeder en 3 kindertjies want niemand sal so ‘n berig onder sy eie naam plaas indien dit foutief of geloofbaar sou wees nie. Ek glo hom en aanvaar dit dat sy veilig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.