Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van Pretoria, het Dinsdag ʼn beroep op gekwalifiseerde kandidate gedoen om aansoek te doen om Tshwane se metropolisiehoof te wees.
Die volg nadat die voormalige hoof van die Tshwane-metropolisie, Steven Ngobeni, sy bedanking by die burgemeester ingehandig het te midde van spekulasie van “politieke inmengery”.
Msimanga het Ngobeni versoek om die tuig neer te lê nadat Msimanga vroeër vanjaar verhoed is om sy stadsrede te lewer in dié stad wat nou onder leiding van die DA staan. Ngobeni het glo geweier het om die metropolisie se magte te gebruik om die oproerige ANC-raadslede in bedwang te bring. Ngobeni het sowat drie maande gelede sy bedanking ingehandig en Msimanga het dit in April aanvaar.
Msimanga het Dinsdag Ngobeni se pos begin adverteer.
“Burgemeester Msimanga is bly om aan te kondig dat daar tydens die laaste raadsvergadering besluit is om ʼn permanente aanstelling te maak vir die hoof van die Tshwane-metropolisie,” het Samkelo Mgobozi, die burgemeester se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê. “Daar is destyds ingestem dat dit in belang van die metro sal wees om ʼn nuwe hoof aan te stel om die stabiliteit te bring wat die metropolisie dringend benodig.”
Die burgemeester het alle kwalifiserende kandidate versoek om vir dié “kritieke” pos aansoek te doen, waarna die raad die mees geskikte kandidaat om die stad se inwoners veilig te hou, sal aanstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Hoop tog net diè een is sy/haar sout werd en sien nie nou net weer geld nie. Dat die land en mense regtig saakmaak. (Is so iets regtig moontlik?)
Dit is hoe die hoofstad regeer moet word en hopenlik volgende jaar die land.
Vertrou dat bruin indièr en wit kandidate ook oorweeg sal word.
Vra die zuptas om ‘n naam uit die hoed te trek.
Die salaris skaal van al hierdie amptenare is verbysterend. Niemand kan meer as 1 miljoen rand werd wees nie. Geen wonder die land is bankrot nie.