Soektog vir Pta se nuwe metropolisiehoof begin

solly-msimanga-04

Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro Foto: Facebook

Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van Pretoria, het Dinsdag ʼn beroep op gekwalifiseerde kandidate gedoen om aansoek te doen om Tshwane se metropolisiehoof te wees.

Die volg nadat die voormalige hoof van die Tshwane-metropolisie, Steven Ngobeni, sy bedanking by die burgemeester ingehandig het te midde van spekulasie van “politieke inmengery”.

Msimanga het Ngobeni versoek om die tuig neer te lê nadat Msimanga vroeër vanjaar verhoed is om sy stadsrede te lewer in dié stad wat nou onder leiding van die DA staan. Ngobeni het glo geweier het om die metropolisie se magte te gebruik om die oproerige ANC-raadslede in bedwang te bring. Ngobeni het sowat drie maande gelede sy bedanking ingehandig en Msimanga het dit in April aanvaar.

Msimanga het Dinsdag Ngobeni se pos begin adverteer.

“Burgemeester Msimanga is bly om aan te kondig dat daar tydens die laaste raadsvergadering besluit is om ʼn permanente aanstelling te maak vir die hoof van die Tshwane-metropolisie,” het Samkelo Mgobozi, die burgemeester se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê. “Daar is destyds ingestem dat dit in belang van die metro sal wees om ʼn nuwe hoof aan te stel om die stabiliteit te bring wat die metropolisie dringend benodig.”

Die burgemeester het alle kwalifiserende kandidate versoek om vir dié “kritieke” pos aansoek te doen, waarna die raad die mees geskikte kandidaat om die stad se inwoners veilig te hou, sal aanstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Theresa B ·

Hoop tog net diè een is sy/haar sout werd en sien nie nou net weer geld nie. Dat die land en mense regtig saakmaak. (Is so iets regtig moontlik?)

Michael ·

Dit is hoe die hoofstad regeer moet word en hopenlik volgende jaar die land.

Hans ·

Vertrou dat bruin indièr en wit kandidate ook oorweeg sal word.

Lientjie ·

So ver ek weet is dit ‘n blanke dame wat tans waarneem. So ek glo daar is ‘n kans!

Cherokee ·

Julle moet nie vergeet dat vele van die kommentators wat hier saam gesels, stem saam met die DA vir regstellende aksie.

M'Lady ·

Die salaris skaal van al hierdie amptenare is verbysterend. Niemand kan meer as 1 miljoen rand werd wees nie. Geen wonder die land is bankrot nie.

jaco ·

Ek sien hy soek gekwalifiseerde kandidate. Sover ek weet is die “regte” velkleur die beste en dikwels die enigste kwalifikasie om werk te kry. Die DA het immers tog ook vir wette oor regstellende aksie gestem. So hier kom maar net nog ‘n lekker agteroorsit swem in die geld werk vir iemand wat niks gaan weet van hoe om die werk te doen nie.

Llewellyn ·

Gen. Booysen van die valke wat afgetree het sal die metro baie gou eerlik kry.

charmaine ·

Wat se kwalifikasies moet die persoon he wonder ek en met wie moet op jou hooggeplaaste lysie van vriende wees?

Vermeende ·

En dit gaan n soektog wees om iemand te kry wat bevoegd genoeg is of iemand wat onbevoegd genoeg is vir die taak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.