Soektog wéér afgelas na man van Haaieraad

Foto: SAPD

Die soektog na ʼn personeellid van die KwaZulu-Natalse Haaieraad wat vermis word, is Donderdag weer afgelas.

ʼn Boot van die Haaieraad met vyf mense aan boord het Woensdagoggend in die see by Newark-strand in Richardsbaai omgeslaan. Twee personeellede het verdrink, twee is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en nog ʼn personeellid is sedertdien vermis.

Die soektog is Woensdag bemoeilik deur rowwe seetoestande. Volgens die uMhlathuze-munisipaliteit is die soektog Donderdag voortgesit, maar ook weer later die dag afgelas. Die soektog sal Vrydagoggend hervat word.

Die Haaieraad het vroeër in ʼn verklaring gesê die skipper Richard Gumede was een van die oorledenes. Die ander personeellid wat oorlede is se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Mthokozisi Radebe, hoof uitvoerende beampte van die Haaieraad, het dit as ʼn tragiese voorval beskryf. Radebe en die LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake was Woensdag op die toneel.

Die vyf werknemers is vroeër die oggend op die see uit om die haainette te inspekteer. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is omstreeks 07:00 deur lewensredders ontbied.

Foto: SAPD

Talle reddingsvaartuie, ʼn helikopter, reddingswemmers, die polisie en personeel van die Haaieraad was op die toneel.

Met die NSRI  se aankoms op die toneel is drie van die mense wat aan boord was, op die strand gevind. Die boot het ook reeds uitgespoel. Een persoon is na die lewensreddingstasie geneem vir onmiddellike behandeling, maar is kort daarna deur paramedici dood verklaar.

Die ander twee persone wat op die strand gevind is, is in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Intussen het soek- en reddingswerkers onmiddellik na die ander twee mense begin soek wat ook aan boord was en verdwyn het nadat die boot omgeslaan het. Die liggaam van een van die vermiste mans is kort daarna gevind toe dit vanuit die helikopter gesien is.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lynette ·

Die Haaieraad is seker OOK bankrot en het nie geld gehad vir n paar ressingsbaadjies nie?

Manie ·

Gaan kyk maar in doe haai nette. Die man se lighaam sal daar vasgevang wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.