Soen die boer, sing Malema

Julius Malema, leier van die EFF, spreek die skare toe in Inanda, KwaZulu-Natal tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2015 Foto: @econfreedomZA, Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, spreek die skare toe in Inanda, KwaZulu-Natal tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2015 Foto: @econfreedomZA, Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Maandag die skare by ʼn Vryheidsdagbyeenkoms in Inanda, KwaZulu-Natal, gelei om “soen die boer” te sing.

Hy het gesê wit grondeienaars se “dae is getel”, maar het hulle genooi om by die EFF aan te sluit in ʼn stryd vir gelyke grondeienaarskap. Malema het verlede jaar in die sop beland toe hy die omstrede “skiet die boer”-lied gesing het.

Die skare, geklee in rooi, het die pawiljoen volgepak nadat hulle ʼn gratis ete en EFF-T-hemp ontvang het.

Net voor Malema se toespraak, het EFF-voorsitter Dali Mpofu gesê “Die Stem moet val”, voordat hy die nasionale volkslied daarsonder gesing het.

Malema het die skare opgesweep met die woorde “down with Zuma”.

Alhoewel sommige van die sprekers uitgejou is omdat hulle nie Zulu gepraat het nie, het Malema gesê hy gaan in Engels praat sodat sy boodskap met die wêreld gedeel kan word. “Ons moes vandag ʼn trotse nasie gewees het, maar ek staan voor julle, skaam om ʼn Suid-Afrikaner te wees,” het Malema gesê. “Ons is nie trots op dit wat tot hier toe gebeur het nie. Ons het diegene wat vir vryheid geveg het, in die verleentheid gebring. Toe dit moeilik was, het hulle die land verlaat en na ander Afrikastate gegaan sodat hulle kon terugkom om vir ons te kom baklei. Hulle is verwelkom en het skuiling en hulp ontvang sodat hulle kon baklei vir my en vir jou. Ons is vry, maar ons kyk neer op diegene wat gehelp het om ons te bevry. Vandag vergeet julle die Afrikane wat in Mosambiek en Lesotho vir ons gesterf het. Ons moet skaam wees.

“Julle is onkundig, want vandag se regering stook onkunde. Hulle weet dat julle teen hulle sal opstaan, die dag wat julle die waarheid ken. Dit is in die belang van die kolonialis en imperialis dat ons ons geskiedenis ignoreer.”

Malema het gesê selfs al neem mens al die uitlanders weg, sal die mense steeds werkloos wees. “Dit is die ANC wat HOP-huise verkoop, so moenie ons broers en susters van Afrika beskuldig nie,” het hy gesê.

“Jy bly in ʼn plakkershut, jy moet jou regering blameer en die mense vir wie jy gestem het, blameer. Die ANC het net hul stemme in hierdie provinsie vermeerder. As julle kwaad is, dan moet julle vir die ANC kwaad wees, nie die uitlanders nie. Die mense van Mosambiek het nie vir Zuma gesê om ʼn ‘firepool’ te bou nie.”

Malema het gesê die mense moet die ANC beskuldig vir hul swaarkry. “Julle is in plakkershutte sonder water en elektrisiteit. Julle kinders ontvang nie behoorlike opleiding nie. Die ANC is aanspreeklik. As jy die misdadigers soek wat jou huise en werk steel, gaan soek by Luthuli House.”

Hy het gesê die mense van KwaZulu-Natal verdien beter. “Ek kon sien dat sommige van ons mense nog nie demokrasie ervaar het nie, toe ek die plakkerskampe besoek het. Ons vier politieke vryheid, maar ons wil brood op ons tafel hê. Ons wil dakke oor ons koppe hê en gratis opvoeding vir ons kinders. Deur opvoeding sal ons ekonomiese vryheid betree.

“So lank as wat jy nie die grond en die minerale daarin besit nie, is die vryheid wat jy het, nie volledig nie. Ons moet die struggle voortsit. Mandela het geweet dat politieke vryheid nie genoeg is nie. ons moet steeds veg vir ekonomiese vryheid en ons mense algehele vryheid bied.”

Malema het gesê hy het met wit mense in Kaapstad vergader wat wou weet of hulle ʼn tuiste in Suid-Afrika het. “Ek het vir hulle gesê daar sal altyd blyplek wees vir diegene wat bereid is om die land met almal te deel. Tans is dit dieselfde as wat dit was tydens apartheid. Die enigste verskil is ons swart president wat die voorregte van wit Suid-Afrikaners beskerm. Wit mense geniet die vryheid. Al waaroor hulle besorg is, is om nog geld vir hulself te maak. Die lewe van ʼn swart persoon is nog steeds goedkoop, en ons moet baklei vir die menswaardigheid van ʼn Afrikaan.

“Wit Suid-Afrikaners, julle is ons dit verskuldig om saam met ons bande te smee om te baklei vir ekonomiese vryheid vir almal. Ons wil ons hulpbronne en land terughê. Suid-Afrika is in die hande van wit mans en hulle moet weet hulle dae is getel.”

Malema het gesê hy sal steeds die ANC aanspreeklik hou in die parlement. “Ons moet seker maak die ANC werk hard vir hul geld in die parlement. Ons kan nie toelaat dat hulle slaap nie. Wanneer Zuma oor die volgende vyf jaar aan die parlement dink, moet hy bewe. Dis nie ʼn ANC-goedkeuring nie. Ons sal die uitvoerende komitee aanspreeklik hou. Baleka Mbete het my nie na die parlement toe genooi nie. Daardie Zuma-handpop gaan sterf aan ʼn hartaanval,” het hy gesê.

Daar was ʼn groot polisie-teenwoordigheid toe die nagenoeg 2 000 partyondersteuners op die John Dube-stadion toegesak het. Lede van die polisie se openbareorde-eenheid het met ʼn waterkanon gereed gestaan.

Bron: Jeff Wicks, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Tom ·

Ons weet presies wat hy eintlik wil sing. Niemand hier is idiote nie. Die hele storie in die land het in n gekkespul ontaard. Dis so belaglik as wat dit hartseer is.

Zandre ·

Ja-nee, down with all the commies, but kiss the commies, sien dis hoe dit werk… Behalwe nie een van blankes het al ooit gesing “kill” enige een nie. Maak nie saak wat ons blankes doen nie, ons is rassiste.

Blaar ·

Ja, sure…blankes moet GEE wat julle voor gewerk het, dan sal ons ketaters maak of ons julle nog n ruk verdra, terwyl ons besig is om julle stelselmatig uit te moor. Maar bly tjoepstil daaroor want net-nou kom dit uit wat werklik aan die gang is.

chris ·

Los die mannetjie uit .Hulle wil so graag die witman weer betrek by die geweld .Laat hierdie mense maar hulle eie huisskoonmaak ons het niks hier te verloor nie.

Peet Schabort ·

‘n Duidelike voorbeeld wat die GRONDWET werd. ‘n Absolute NUL.

Peet Schabort ·

‘n Duidelike voorbeeld wat die GRONDWET werd is. ‘n Absolute NUL.

Andre ·

Dis maar net kode-taal, omdat hy die ander goedjies nie meer mag sê nie. Hy bedoel mos “skiet die boer”.

CHRISTA ·

G’n wonder sy naam is Mal-ema nie! Waar het wittes al die voorregte? Hulle word op hulle plase uitgemoor, hulle mag nie vir werk aansoek doen nie (AA, BEE ens). Minerale moet gedeel word – wat van die myn wat die Mandela- en Zuma-eienaars besit het? Dis bankrot en HULLE het nie eers die werkers betaal nie!! Wittes wil net nog geld vir hulleself maak – hahaha!! Wat van die multi-miljoen rand wat Mal-ema vir homself gebou het!! Ek wonder van watter planeet hy af kom!

HEVW ·

In die meeste kommentare is daar n valse gerustheid en n misplaasde sekerheid. Hierdie man hoe geklik hy ookal is, is gevaarliker as wat ons graag wil dink. Hy speel die ghitaar reg vir die gepeupel van die onkundige jeug wat nog nie n enkele oomblik van verantwoordelikheid besef het nie, nog nooit gewerk het, hulsef gerealiseer het nie en andere daarvoor blameer. Hulle is die onopgeleides wat lewenslank nie die arbeidsmark sal betree nie. n Baie groot massa verstaan sy taal. Ook het hy die huidige regering aan sy kant, vanwee die swak dienslewering en haglike omstandighede wat beslis n voedingsbron
vir die eff is. So voed die anc en die eff mekaar wederkerig. Die eff stook revolusie en misdaad en die anc vind daarin n handige skerm waaragter hul skuil terwyl hul uiteindelike doel verwesnlik word. En die anc skep toestande wat tot revolusie kan lei. Die blanke sal wees die uiteindelike slagoffer. Die werlikheid is deur die geskiedenis het daar al talle regerings deur die gepeupel, die manipuleerbares wat met 2 woorde opgestook kan word tot stand gekom Die taal van malema pas baie buitelandse regerings wat graag wil hoor van van honger mae en .verontregting en wat beslis met hul simpatie sal he. So met baie wat nog gese kan word, kan maar net gese word moenie in n valse gerustheid en traak my nie agtigheid verval nie.

Kerneels ·

HEVW, jy praat soooo die waarheid!!! Net jammer jou tipe antwoord word nie vir die wêreld gewys nie , maar dan vra mens jouself … wat gee die wêreld om vir hierdie belaglikhede en onwaarhede in ons land ????? Daar word nog volstoom “besigheid” met SA gedoen. Verstommend hartseer …

Susan ·

Perspective: 45 million blacks… 5 million whites. How is the white man still in control? Why is the majority so afraid of the minority? Why is South Africa the only country that doesn’t protect the minority? Even if you take all the whites jobs, what about the other 40 million blacks that are left? Put your energy into building your own excellence, your own companies, stop blaming the ANC scapegoat. Stop complaining about everything and start coming up with real solutions. Here is one, offer assistance to entrepreneurs.. teach the plakkers hut people how to grow vegetables. Make buildings available for entrepreneurs to set up cheap business ventures, then we will buy from them and stimulate the economy. Build tall story flats instead of hop huisies, be more practical. Do something so that people will honor you like a king and not a fool.

Johan Jacobs ·

Dis ‘n ou politieke truuk om die meerderheid op te sweep teen ‘n minderheidsgroep. Maak die massa kwaad en verenig hulle teen ‘n gewaande gemeenskaplike vyand. Om een of ander rede werk dit elke keer.

Neptunus ·

Die vet mannetjie maak meer vonke as ‘n hoekslyper na die kruitvat se kant toe. Dis net jammer dat wanneer hy eendag sy loon kry die skade aan almal reeds gedoen sal wees.

Danie ·

Die Verenigde Nasies is ‘n kommunistiese organisasie wat gestig is om ‘n een wêreld regering te stig en blankes se belange te ondermyn. Die VN is gekant teen private grond eienaarskap. Malema speel mooi in die hande van die VN met sy anti-blanke retoriek. Solidariteit gaan nie vêr kom by die VN nie (oor die SA regering se regstellemde aksie beleid), want die VN is die duiwel wat dit ondersteun. Die VN is teen selfbeskikking gekant, want selfbeskikking vorm nie deel van ‘n een wereld regering se plan nie. Dit is ook die rede waarom die Palestyne nog nie selfbeskikking gekry het nie. Malema wil net soos ‘n dief blankes se eiendom steel en dit aan ander uitdeel. Malema werk vir die VN se een wereld regering. Malema ondersteun oop grense. Die media in SA mislei die publiek.

Bart ·

Dankie, Danie, het al begin dink niemand wil die waarheid oor die VN Jode hoor nie.

Pieter ·

Die EFF is net ‘n ander deel van die ANC. Kommuniste stig verskillende politieke “Handelsmerke” om met mekaar “te kompeteer”. Dit skep die illusie van “kompetisie”, maar hulle is net eintlik besig om meer stemme te werf. Die EFF is ‘n meer (openlik) radikale deel van die ANC. Malema is uiters gevaarlik, want hy sweep die armste en domste deel van die bevolking op. Ongelukkig besef sy ondersteuners nie dat hy die onwettige immigrante in Suid-Afrika ook ondersteun, wat swart Suid-Afrikaners se werk wegvat nie.

Shannon ·

Moet sê ek stem nogal saam met Jules. Wat doen hierdie boere (van hulle skat ryk) vir hulle mede Afrikaners ? Dis nou as hulle hul self nog as Afrikaner ag nê.
Van waar ek staan sien ek net hoe hulle produkte verkoop aan Pick&Pay en Tjoprite, en almal maak `n pond en a half wanneer die verbruiker by die til leeg gesuig word.

So as Jules se swart boere, met hul ontspanne inheemse benadering tot harde werk, oorvat, dan sal alle groceries binnekort vanaf Kuba en China ingevoer moet word en die enigste lokale verskaffer sal `n monopolie van Joodse kollektiese wees wie se plase deur groot Afrikaanse mans met snorre bestuur word – van hulle, ex eienaars.

kundigheid en

Maroela Media Sensuur ·

Waarom laat Maroela Media nie behoorlike debat toe nie? Waarom word kommentaar verwyder wat te naby aan die waarheid is?

Is Maroela Media bang dat die Afrikaner uitvind dat die VN (Verenigde Nasies), IMF en Wêreldbank blankes ondermyn. Indien julle dit blok moet ander vorms van media gevind word om Maroela Media se sensuur uit te wys aan die Afrikaner, en die publiek te waarsku.

Pedrie ·

Die Suur Maroela Sensuur Antie het alweer my kommentaar verwyder! Stupid Koei!

Maroela Media Sensuur ·

Die maklikste om ‘n organisasie se agenda uit te wys is om te kyk watter kommentaar geblok word, en waarop die publiek nie mag kommentaar lewer nie. Maroele Madia verloor sy geloofwaardigheid omrede soveel kommentare verwyder word. Waarom is julle so bang vir die waarheid?

Die ou media priesters het mense veroordeel wat dit gewaag het om te noem dat die aarde rond is, want hulle het “die aarde is plat” storie geglo. Maroele media moet mense toelaat om “verkeerd” te wees.

Neptunus ·

“Ons wil ons hulpbronne en land terughê” – Van wie af nogal?

“Suid-Afrika is in die hande van wit mans en hulle moet weet hulle dae is getel.” – Met ander woorde, wit mans se dae is getel. Hoe presies gaan hul dae tot ‘n einde kom?

“Die enigste verskil is ons swart president wat die voorregte van wit Suid-Afrikaners beskerm” – Watter voorregte geniet blankes bo die res? As mens rondkyk is dit duidelik dat blankes en swartes met minder kinders gewoonlik finansieël beter af is as ander. Dieselfde geld mense wat nie elke nou en dan staak en hul skole, klinieke of vervoermiddele afbrand nie.

“Al waaroor hulle besorg is, is om nog geld vir hulself te maak”- Hy sal natuurlik nie vir die massas vertel wie byna al die belasting genereer wat hulle maandelikse toelae finansier nie, ten spyte daarvan dat sekere amptenare hul bes doen om die staatskas te stroop nie.

“Die lewe van ‘n swart persoon is nog steeds goedkoop, en ons moet baklei vir die menswaardigheid van ‘n Afrikaan.” – Soos altyd hamer hy altyd op ras, ras, ras en wys sy gehoor daarop dat ‘n sekere ras die wortel van al hulle probleme is.

Die dikgevrete opsweper moet dalk in ‘n debat verduidelik hoeveel van die projekte waar plase reeds oorhandig is en miljoene ingepomp is geslaagd is, en waar hulle kos vandaan gaan kom as alles tot stilstand kom. Intussen moet ons alles moontlik doen om die buiteland in te lig oor sy haatspraak, sodat hulle nie later kan sê “ons het nie geweet nie”.

Chanel ·

Ek stem. Ons moet. Ek het al voorheen voorgestel dat ‘n webtuiste geskep word met links en email adresse van koerant uitgewers reg oor die wereld. Sodat elke persoon wat geraak word deur die dinge in suid-afrika en ons regering sy eie verhaal kan vertel en publiseer.

BullsEye ·

Ons wil dit he …. en ons wil dat he …. maar wie moet daarvoor BETAAL my liewe mnr malema?? Geld val nie uit die lug nie!

pieter ·

Dis hoe jy n rasistiese en agresiewe volk vorm wat later sy gat gaan wip
wat die zenofobia na kinderspeletjies gaan laat lyk
Hou aan jou poepol jy doen ons n guns om ons net the Leer dat ons moet saam staan

Janine du Plessis ·

Die Zoeloe “koning” word vir minder deur Nigerie na die Internasionale Hof in Den Haag gesleep. Hierdie mannetjie se uitsprake is vol haat en bedekte doodsdreigemente. Ons en sy gehoor weet almal wat hy met “kiss the boer” bedoel. Waarom staan hierdie mannetjie nog nie voor die regbank in Den Haag nie of wag ons tot dit te laat is; tot hul aanval en verwoes?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.