Soettande dalk binnekort bitter oor nuwe belasting

Argieffoto (Foto: Peggy_Marco, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Peggy_Marco, Pixabay)

Die Nasionale Tesourie versoek die publiek om te reageer op ʼn beleidsdokument en voorstelle vir ʼn belastingheffing op drankies wat met suiker versoet word.

Die minister van finansies het in sy begrotingstoespraak in Februarie 2016 ʼn voorstel ingedien om vanaf 1 April 2017 belasting te hef op drankies wat met suiker versoet is, om uitermatige suikerinname te beperk.

Dit volg op werk wat reeds deur die departement van gesondheid gedoen is. Die departement van gesondheid het ʼn strategiese plan ontwikkel vir die voorkoming en beheer van nie-oordraagbare siektes 2013 – 2017 en ʼn nasionale strategie vir die voorkoming en beheer van vetsug 2015 – 2020.

Dié strategieë het ʼn ambisieuse doelwit daargestel om vetsug teen 2020 met 10% te verminder.

Die plan het ʼn aantal maatreëls geïdentifiseer om nie-oordraagbare siektes aan te spreek en veral ongesonde diëte. Dié maatreëls sluit belasting in op kos met ʼn hoë suikerinhoud as ʼn kostedoeltreffende manier om dieetverwante siektes aan te spreek.

Die voorgestelde belasting kom teen ʼn agtergrond van ʼn toenemende wêreldwye kommer oor vetsug as gevolg van ʼn hoë suikerinname. Vetsug is ʼn wêreldwye epidemie en ʼn groot risikofaktor vir die groeiende las van nie-oordraagbare siektes, insluitend hartsiektes, diabetes en sommige kankers.

Die probleem van vetsug het die afgelope 30 jaar in Suid-Afrika toegeneem en die land is tans een van die lande met die meeste vetsug in sub-Sahara-Afrika.

Fiskale ingrypings soos belastingheffings word toenemend beskou as ʼn doeltreffende komplementêre instrument om die probleem van negatiewe eksterne faktore, wat met besoedeling, rook, uitermatige alkoholinname en ook vetsug verband hou, aan te spreek.

Lande soos Finland, Frankryk, Hongarye, Ierland, Mexiko, Mauritius en Noorweë hef almal belasting op drankies met ʼn hoë suikerinhoud. Lande soos Engeland, Thailand en Australië het intussen ook aangedui hulle is van voornemens om soortgelyke belastingheffings in te stel as ʼn maatreël om ʼn hoë suikerinname aan te spreek.

Die dokument is op die Nasionale Tesourie se webwerf beskikbaar.
Die publiek moet voor 22 Augustus 2016 kommentaar lewer. Stuur geskrewe kommentaar aan Mpho Legote by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Grap ·

Hulle moet belasting hef op die bekende hoender kitskos franchise dit is hoekom mense so oorgewig is .Stysel en dier vet is die oorsaak en dis volop by die kitskos winkels en die meerderheid van die bevolking vrek mos hieroor

Jan maak n plan ·

Grap ek dink jyt n vreeslikke goeie punt beet. Koeldrank met suiker is n orobleem maar dis nie di grootste probleem nie. Kitskos is n groter probleem. Nou wat moet die volk drink – vuil minisipale water????? En van wanneer af gee die departement van finansie om oor die volk se gesondheid. Nee hulle soek geld vir die soustrein. Hulle kan nie drank verder belas nie want dan moet hulle meer daarvoor betaal as hulle die slag dalk daarvoor betaal.

Corrie ·

Net nog ‘n manier waarop die staat hulle self wil befonds. Het hulle bepaal hoeveel die suiker produkte bydra tor die ekonomie. Daarsie verskaffers voorsien wrrk aan miljoene…..vetsug is ‘n opvoedingstaak, belasting gaan dit nie beter maak nie. ‘n Alkholis hou nie op drink omdat die drank duurder word nie…..selle geld hier.

Hendrik ·

Die beste wet ooit, suiker is gif en pla my nie, 4jaar op gehou gebruik, gewig verloor en baie gesonder.

Oupa Neels ·

Hierdie is net n manier om nog meer belasting geld in te kry wat gesteel kan word of wat gemors kan word.

rr ·

Vetsug is nie soseer die drankie wat jy drink nie dis mense wat net wil eet en glad nie aktief is nie. n koeldrank af en toe en nie 2liters op ń slag nie. Alles het perke

Tiger ·

Net NOG ‘n geldmaak manier van de anc regering!Hoekom stel hulle nie perke in van hoeveel suiker gebruik mag word in watter produkte nie?Dit sal werk skep ook want dan moet hulle inspekteurs/inne indiens neem om inspeksies te doen by duisende fabrieke elke dag om seker te maak regulaies word nagekom.Nee wat dis makliker – sit belasting op die kos en koeldranke dan kry hulle ‘n vet klomp geld in.Die kitskos plekker is beslis die plek om te begin.Hier le die grootste probleem met vetsug.

Jef ·

Daar is mense wat geen opvoeding geniet het nie maar wel voeding dis hoekom hulle lyk soos hulle lyk.
Belaglike storie hierrie.

Rower ·

En die sirkus gaan voort.
Te veel suikergebruik is n probleem maar dis nie die enigste oorsaak van vetsug, as die regering net die belasting geld vir die regte doeleindes aan wend sal dit n verskil maak, maar soos almal weet het hul ander planne.
Hul maak soveel reels en regulasies en sodra dit by die toepassing daarvan kom maak hul nie kop of stert uit nie want dis lekkerder om te sit en oliegebraaide hoender en skyfies te kou. Gaan kyk maar na die parlement , 98% van die wat daar is het 200% vetsug, en dan kan ons die lyn so deur trek tot by die wat in staatsposte sit, die wat so lekker langs die pad staan en bedel vir n stukkie omkoop hoender.
Dan kan jy die vetsug epidemie wydvat, tot daar waar daardie “free newborn south africans” – dis nou die wat in ’94 gebore is op staats toelaes is en wat net anderdag mos die voordeel gekry het dat die belasting betalers hul mos nou weer vir n paar jaar gaan dra,
Wat hartseer is , as ek nou die plaaswerkers hier by my vat , daar is miskien 2% wat effens n oorgewig probleem het, hul is wel baie meer aktief as die ge-oliede hoender jagters en verdien n goeie sallaris , Hul probleem lê by die stysels, mieliepap .
Ons moet net aanhou glo , hoop en vertrou op die Pad waarop God ons land het !!

Wat ?????? ·

Rower !!!! jy is ‘n ster!!!! Beter kon niemand dit gestel het nie !!!! Verseker gaan geen vetsug gekeer word nie, “slap tjips en russians” en die ou “gebraaide hoendertjie” , is deel van die Regering se EMBLEEM !!!! Ai hoeveel belasting geld gaan hulle nog verduister??

Jos ·

Indien ek baie suiker gebruik is dit my keuse. Wanneer ek vermoor of vermink word was dit nie my keuse nie. Die staat kan eerder aandag gee aan dit wat werklik belangrik is !

elize naude ·

maar dan is dit ook jou verantwoordelikheid om die mediese koste a.g.v daarvan te dra…

Rein ·

Ek lees graag die kommentare op die artikels wat verskyn en het gedink hierdie is mense wat weet. Na aanleiding van die kommentare hier sien ek sommige dwaal erg met hul kommentaar.
Daar is 3 hoof soorte voedsel. Proteiene Vet en koolhidrate. Sonder vet en proteiene kan jy nie voortbestaan nie. jy kan wel baie gesond leef sonder koolhidrate. Ek doen dit reeds vir 3 jaar en is baie tevrede met wat ek van ander hoor oor my fisiese toestand en lewensstyl
Koolhidrete is goed soos suiker alle produkte afkomstig van mielies en koring rys baie soorte geneties veranderde vrugte vrugtesap pietsas gas koeldranke ens ens. Daarom word die ouens op die plaas nie maar nie. Hulle prop hulle vol mieliemeel wat op die einde afgebreek word na glukose wat suiker is. Ons grawe ons grafte met ons tande.
Hoera vir die nuwe voorstel. Dit sal baie oompies se oorhangsels oor hul gordels redelik laat krimp en hul ʼn langer gesp der lewe gee.
Nou wag ek vir die aanvalle van veral die kundiges. Opsomming ons is almal VERSLAAF aan suiker. Wens ek kon ʼn mannetjie wat ʼn traan pik op fie skerm plaas.

Veritas ·

Rein, dit sal interessant wees om te weet waar jy energie vandaan kry indien jy alle koolhidrate uit jou dieet sny. Aktiewe mense sal maar swaar kry sonder koolhidrate.

Koos ·

Ek is teen die verstaatliking en belaglikheid om belasting om elke hoek en draai te betaal. MAAR vir hierdie maatreel gee ek n grasgroene lig!

Johann ·

…,,,,en die Sirkus gaan voort. Ek gebruik elke dag ten minste 4 > 6 lepels suiker en het nog nie enigsins gewig opgetel in die laaste 8. jaar nie. Oral is daar dikkes wat hulself in broeke inwurg wat nommers te klein is. Die dikkes kom voor in die parlement, sukkel om uit polisiemotors te klim of staan en hang iewers aan n Metropolisiemotor en wag vir die volgende “cho -cho” wat na sy/haar kant om heerlike kossies te gaan koop. Die dikkes van die parlement behoort 500% belas te word want korrupsie is groter sonde as om n soetigheid te geniet. Of ek daardeur gewig aansit of nie, korrupsie is duisend maal erger.

Rika ·

Mense die probleem lê nie by die suiker nie. Die probleem is self dissipline. Te veel mense is en word couch potatoes. En ja al die kitskos plekke en restaurante is ook sonde bokke, want wat is nou die maklikste. Om gou na werk daar in te glip of om ‘ n gesonde maaltyd by die huis te moet gaan voorberei. Ja ek weet ook mense is moeg en werk laat en die verkeer is moeilik. ONTHOU Die besluit lê by JOUSELF en die VOORBEELD wat ons as ouers stel….

Werner ·

As staats koffers leeg raak dan vind hulle ‘n nuwe vorm van tax. Selfbeskikking is al logiese oplossing vir die Afrikaner

Kobus ·

Hoekom gesels die minister van gesondheid nie eerder met die minister van sport en vra of nie dalk wil help nie? ? Hy kan sport by alle ‘agtergeblewe’ en daardie skole waar hulle dit opgedinges het aan die gang kry om die mense in sport te laat belangstel.

LO, bring dit terug in die skole. Die kinders, wel meeste, sal dan smiddae nie verveeld vir kwaadgeld rondloop, ook nie gemorskos loop en eet nie, maar hul liggame op die sportveld gesond en fiks hou. Miskien hop daar ‘n Springbok of twee uit.

O’ja, maar hulle woon te ver van die skole af, almal word mos van buite die skool se standplaas, van die townships af aangery, so daar is ook nie tyd vir sport nie.

Na skool kan hulle dan hul sport by die klubs, wat die minister moet toesien dat dit ook totstand kom, aansluit of by die universiteite hul sport verder gaan voortsit en wie weet, dalk word een van hulle nog met Springbokkleure beloon.

Plaas dat hulle by die regte plekke begin en die regte dinge doen, maar o’wee.

Hoe moeilik is dit dan om die ene uit te werk. Hier word nou die ekonomie ook sommer aangespreek, sportvelde word gebou, instandgehou, onderwysers en afrigters word opgelei in die kolleges ens, ens, ens. Die Munisipale sportklubs, dorpsklubs gaan van krag tot krag en siedaar ons het ‘n gesonde, geestelike en liggaamlike sportnasie geword.

Veritas ·

Kobus dit gaan hier geensins oor die gesondheid van die bevolking nie. Dit gaan uit en uit oor die belastinggeld wat die staatskas moet aanvul vir verdere vergrype. Jy is reg wat oefening betref. Onaktiewe mense wat groot hoeveelhede koolhidrate verorber, sal vet word. Daarenteen sal ‘n bietjie oefening die vetsug-probleem baie laat afneem.

Kobus ·

Om ‘Banting’ te belas kan ook nogal die staatskas aanvul. Sonder enigiets uit wat baie gebruik word en belas dit. Dit kan ook dan by die ‘Sondebelasting’ gevoeg word. Natuurlik is te veel suiker ‘n afbreker van die liggaam, maar waarom dan nie sommer die sakkies suiker direk aanspreek nie, dalk moet ons sommer by die suikerriet boere begin, dan kap ons mos sommer die ou wat van sy te veel koffie en tee ook hou, en natuurlik daai gebak.

Terwyl ons so sukkel om die paaie met die tolgeld instand te hou.

Vetsug ·

hoe belaglik. skaal af in die parlement
skaal af aan oorbodige bloulig brigades
skaal af aan lyfwagte en luukse motors
skaal af aan regering uitdspattighede
skaal af aan elke geleentheid om te vlieg e
ipv vd uiters swak paaie in SA gebruik te maak
kort kredietkaarte in van regerings beamptes. alles word vir hulle in elke geval betaal. Vetsug begin hier en by saps lede. metro’s in kluis. hou op om op die publiek te teer

Javctn ·

Met alle respek. Dokters, dieetkundiges ens. Weet absoluut niks, behalwe om twak te praat. Dan is dit stysel, dan suiker, dan botter, dan rooivleis, dan vet… Nou eet rooivleis soveel as jy wil. Hulle bly gorrel en twak praat nou sout. Goue wenk. Verband meer as wat jy eet dan kan jy eet soos jy wil wanneer jy wil. Eet om te lewe en nie lewe om te eet nie.

Paplepel ·

@Javctn – Ek stem. Sodra die balans versteur word, het jy moeilikheid een of ander kant toe. As jy besig bly en dit verbrand wat jy inneem kan jy nie vet word nie. Die liggaam het nognie so ver met evolusie gevorder dat hy suiker en and “slegte” kos uit die lug uit kan assimileer nie. Dit moet deur die keelgat gaan.
Net ‘n vraag aan die vegetariers; As julle so lief is vir diere, hoekom eet julle hulle kos op? (Grappie)

javctn ·

WEES GEWAARSKU… . Indien jy te veel water drink sal jy verdrink. ?

Maria van Dieweeck ·

Dankie Javctn. Ek glo dieselfde. My ouers is in hul 80’s. GESOND! Eet en drink alles, van rooivleis brood suiker ens. My ouers het ons geleer ‘MATIGHEID VOOR OE’!

Buitestander ·

Net nog ‘n manier om geld te in vir staatskas.
Vir baie “mense” is suiker een van hulle hoof energie bron vir die dag om dit uit te sonder is belaglik.
Wat se kennis het ‘n finansiële persoon met diëetkunde te doen?

Baie ander produkte soos:- drank, witbrood, pap ens. se suikerinhoud is hoër as gewone suikerriet SUIKER.
Skoenmaker bepaal jou by jou lees!!!

E.K. ·

Matigheid in alles. Mens het suiker nodig – net soos proteine, koolhidrate en al die res! Matigheid en oefening. Ek verkyk my altyd aan mense by winkelsentrums wat om en om sal ry en liters petrol vermors maar sal nie ver van die ingang stop en dalk moet stap nie! Te lui selfs vir daardie bietjie oefening!

Anoniem ·

Jy kan nie mense se gewoontes verander nie. Die regering belas sy eie mense. Soos reeds genoem.

t ·

Terwyl ons besig is, kom ons belas alles. Jy kan selfs van te veel groente vet word. Te veel vrugte, te veel suiker, wanneer kom daardie taks? Hoeveel suiker in jou koffie is nog belastingvry?

Elize ·

Kyk gerus “That Sugar film” en word wys. Daar is genoeg suiker in alles wat jy eet. Melk, vrugte, groente ens. Suiker wat bygevoeg word is die probleem. So ook met koolhidrate wat omsit in suiker in jou lyf. ‘n Appel bv bevat koolhidrate, so ook patat ens. As jy nog by alles suiker voeg benadeel jy jou gesondheid. Kyk gerus hoeveel bygevoegde suiker is daar in ‘n blikkie Coke en ‘n botteltjie ystee. Mans behoort nie meer as 9 teelepels suiker in te neem daagliks nie en vrouens 6. Tans reken hulle die gemiddelde Australianer neem 40 lepels suiker p dag in. Ek wonder hoeveel is dit in SA?. Een teelepel suiker =4 gram. So die hoeveeheid gram suiker wat aangedui word onder koolhidrate op die etiket deel dit deur 4 en skrik.

Marlene ·

Nee , dit is nie suiker nie, meeste mense wat ek ken, en wat oorgewig is, gebruik kastig nie suiker nie, en drink dieet koeldranke, dit is vraatsug, jy kan nie elke dag of 2 jouself volstop met burgers, skyfies, pies, of wat ookal nie, en dan jouself troos met bitter tee en koffie en dieet koeldranke nie, baie aande as ek na werk winkel toe gaan, kan ek nie glo dat ouers vir hulle kinders solank n pie koop, want shame hulle kan nie so lank wag voor etenstyd nie, arme kinders word pokkels en leer om verkeerde kosse tussenin te eet, gee meer aandag aan n goeie gebalanseerde dieet, wat wel suiker insluit, en beloon jouself net 1 keer n maand met gemorskos, wat belasting aan betref, ons land se narre sal aan enige iets dink, om meer geld uit die mense te tap, sekerlik moet hulle meer geld kry om meer kentucky by hulle meetings te kan eet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.