Soettande snoep al hoe meer

Argieffoto (Foto: Daria-Yakovleva/Pixabay)

Volgens ʼn peiling spandeer Suid-Afrikaners deesdae baie meer aan snoepgoed.

Sedert die globale marknavorsingsinstituut Ipsos dié neiging van Januarie 2020 dophou, is die aankoop van snoepgoed op die hoogste vlakke ooit. Met leefstyle wat verander het, ʼn toename in gesofistikeerde verbruikers en produk-bewusmaking, is dit geen verrassing nie, meen Zibusiso Ngulube, woordvoerder van Ipsos. “Snoepgoed is meer as net ʼn bederf vir verbruikers – dit is ook hoog op die lys vir vervaardigers en handelaars. Die eet van snoepgoed het ʼn daaglikse gebeurtenis geword vir die moderne verbruiker.”

Die waarde van verkope van snoepgoed het met 43% toegeneem sedert die vorige jaar en goedkoper handelsmerke vaar baie goed in verskeie kategorieë, aldus Ipsos se peiling. Die studie wys egter dat daar ʼn afname is in hoe gereeld verbruikers snoepgoed aankoop – hulle spandeer dus meer as ooit te vore aan snoepgoed wanneer hulle ook al snoepgoed aanskaf.

Die toename word hoofsaaklik toegeskryf aan 4%-groei in die soetgoed-kategorie oor die algemeen met roomys (+5.9%) en lekkergoed (+6.3%) wat beduidende groei getoon het. Alhoewel roomys en lekkergoed stabiel gebly het in meeste ouderdomsgroepe, is dit die soettande tussen 25 en 34 jaar oud wat al hoe meer begin koop het. Grondboontjies is die dryfveer (+2.3%) in die sout-kategorie.

Meeste handelaars het ʼn toename gesien in die aankope van skyfies. Shoprite het die grootste voordeel getrek met sy volume van verkope (+6.5%) vir skyfies en Checkers is in die tweede plek met ʼn toename van 5.4%. Pick n Pay het ʼn beduidende afname (-12.2%) in die aankope van skyfies aangemeld.

Die eet van snoepgoed terwyl mense rondloop het die grootste toename beleef (+12%), gevolg deur die eet van snoepgoed by die kantoor (+8%) en die eet van snoepgoed terwyl jy televisie kyk by die huis (+5%). Verbruik van snoepgoed op openbare vervoer het ʼn skerp afname beleef (-22%).

Tradisionele ontbyture (05:00 – 10:00) is die gewildste tye vir sout (45.2%) en soet (37.6%) happies, gevolg deur tradisionele aandete-tye en in die aand (18:00 – 23:59). Deur die loop van laatnag en vroegoggend (00:00 – 04:59) is meeste verbruikers op soek na iets soet (17.2%).

Meer as 1 500 respondente het aan die peiling deelgeneem en daar is ook gekyk na kwitansies en aanlyn en selfoon-aankope. Verbruikers is drie keer per week gekontak oor die afgelope 48 uur se verbruik.

Skyfies, grondboontjies, springmielies, soutbeskuities, koekies, energiestafies, sjokolade, lekkergoed, kougom, roomys en joghurt het deel gevorm van die kategorieë wat gemonitor is. Soda-koeldranke, vrugtesappe, sport- en energiedrankies, gebottelde water, gegeurde melk, ystee, tee, koffie, bier, wyn en ander alkohol is ook in berekening gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tipper

Dis juis die goed wat so lekker smaak wat nie goed is vir jou nie veral as jy gesondheids bewus is,maar wat ook hulle cheat maar.

Pablo

Daar is omtrent nie n product op die mark wat nie vol suiker is, selfs medikasie bevat duiker. Al die suiker gaan eendag tot siektes soos diabetes ly. Ek weet want het dit. Hierdie suiker maatskappy oorheers due mark.

Jeff

Dis omdat mense wil net iets lekker vir hulself en hul families doen. Want Suid Afrika is n land waar mens nie kan n ENKELE DAG wakker word sonder MOORD, ROOF EN DOOD OF EEN OF ANDER SKANDAAL. Ek weet ek het die houding gekry dat môre is ek miskien nie hier is nie, so kom ek bederf my familie, dit bring ‘n bietjie plesier in’ n families se dag. Die rede kan ook wees as party mense bang en vrees, gebruik hulle snoep om hulself beter te laat voel al is dit net vir ‘n oomblik. Ek dink navorsing… Lees meer »

Tiptol

Ek sit dalk die pot mis, maar ek dink die feit dat ons so gespanne leef, nie gemaklik kan gaan stap of draf nie en die heeltyd bewus moet wees van wat om jou aangaan het ‘n invloed op ons eetgewoontes. Dan is daar nog al gemors in ons land. Al wat ons eintlik oor het wat die anc nie kan opmors nie is ons eetgoed.

Delene

Met die hitte in die somer, maak dit sin dat die verkope van roomys die hoogte in skiet! Daar is niks lekkerder as yskoue roomys om jou te laat afkoel nie!