Sokker eindig tragies vir agtjarige

Foto ter illustrasie: Pixabay

Netcare 911 se paramedici het Vrydagaand omstreeks 18:00 op ʼn noodoproep gereageer ná ʼn voorval by ʼn sportklub in Durban-Noord.

Daar gekom, het hulle gehoor ʼn agtjarige seun was aan die sokker speel toe die doelpale omgeval en hom verpletter het.

Shawn Herbst, Netcare 911-woorvoerder, sê paramedici het alles in hul vermoë gedoen, maar die kind se beserings was so ernstig, hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie van Durban-Noord ondersoek die omstandighede wat tot die ongeluk aanleiding gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gehasi ·

Doelpale wat sonder rede omval het ernstige ontwerp – en konstruksiefoute. Wat het regtig daar gebeur?

IK ·

As enigiets in gebruik is verg dit geen onderhoud of inspeksie in rama se sa. Ek voorspel brûe is ook op die lys vd noodlot soos byv. die Ascotbrug oor die Vaalrivier tussen Vdbijlpark en Deneysville staan ook ‘n kans.

Adri ·

IK, toe ons vir die plaaslike owerheid se ampetnare vra hoekom hulle nie onderhoud doen nie, was hulle antwoord: “Ons maak nie goed reg wat werk nie; ons sal hulle regmaak as hulle breek”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.