Sokkerbaas gee homself oor ná moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sakeman van Limpopo het homself Sondagmiddag by die Leboeng-polisiestasie, ongeveer 65km vanaf Burgersfort, oorgegee, nadat ʼn man gisteraand in Kgautswane in sy motor doodgeskiet is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Albert Mashego (44) was in sy motor toe hy verskeie kere in die bolyf geskiet is. Die skieter het weggejaag en sy motor is later verlate op die R36 buite Burgersfort gevind met pap bande. Mashego is na ʼn nabygeleë kliniek gehaas, waar hy dood verklaar is.

Die polisie het ʼn soektog na die verdagte van stapel gestuur en die verdagte het hom omstreeks 15:00 vanmiddag aan die polisie oorgegee.

Ngoepe het gesê beide Mashego en die verdagte is eienaars van sokkerspanne en die vermoede is dat ʼn konflik oor sokkerspelers moontlik die motief vir die moord was.

Die verdagte sal binnekort in die Malipsdrift-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Valie ·

Logika, sin vir regverdigheid en redenasie vermoee nodig om te redeneer.

GES ·

Sport en die liefde vir geld was en sal nooit bedmaatjies wees nie.

Liza ·

Sal seker borg kry………dis mos die wet lyk dit my…….kannie glo hulle moor hulle eie mense nie…

Toki Scura ·

Ag toe, hulle spuit hulle eie mense dan met DOOM, EN gee hulle DETTOL as hulle dors word !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.