Sokkerster jok glo oor ontvoering

CapturePunch Masenamela, ʼn speler van Mamelodi Sundowns, word deur die Valke ondersoek nadat hy glo voorgegee het dat hy ontvoer is.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) en Masenamela se vrou het verlede naweek beweer dat die verdediger ontvoer is en dat daar ʼn losprys van R5 miljoen geëis word.

“Ons het ons selfoonopsporingstoestel gebruik om hom op te spoor.” Ramaloko sê Masenamela is in ʼn hotelkamer aan die Oos-Rand gevind. “Dit het nie geblyk dat hy ontvoer is nie. Hy was veilig.” Ramaloko sê Masenamela sal nie aangekla word nie aangesien hy nie die een is wat die ontvoering by die polisie aangemeld het nie.

City Press berig egter dat Masenamela aan sy vrou gesê het hy is “ontvoer” sodat sy die saak by die polisie kon aanmeld. Volgens City Press het die “ontvoering” moontlik ten doel gehad om Mamelodi Sundowns uit te buit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.