George Lebese (26), ʼn Kaizer Chiefs-sokkerspeler, is in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie aangerand het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.
“Die voorval het Sondag in Silverton in Pretoria plaasgevind,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het glo die meisie aangerand en haar voertuig beskadig.”
Lebese is Dinsdag in hegtenis geneem. Volgens Kaizer Chiefs se webwerf het hy homself aan die owerhede oorgegee.
Hy sal na verwagting binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van aanranding en opsetlike saakbeskadiging.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
10 uit 10 vir die vrou. Staan op teen misbaksels soos diè. Geen vrou verdien om so behandel te word nie ongeag wat. Maar dis wat die meeste dink – “I am untouchable”.
Ha ha – Lekker lag ek nou. Daai sterre het effe verdof nou en dis nie load shedding se skuld nie.