Sokkerster vas oor aanranding

George Lebese Foto: Kaizer Chiefs

George Lebese Foto: Kaizer Chiefs

George Lebese (26), ʼn Kaizer Chiefs-sokkerspeler, is in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie aangerand het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.

“Die voorval het Sondag in Silverton in Pretoria plaasgevind,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het glo die meisie aangerand en haar voertuig beskadig.”

Lebese is Dinsdag in hegtenis geneem. Volgens Kaizer Chiefs se webwerf het hy homself aan die owerhede oorgegee.

Hy sal na verwagting binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

10 uit 10 vir die vrou. Staan op teen misbaksels soos diè. Geen vrou verdien om so behandel te word nie ongeag wat. Maar dis wat die meeste dink – “I am untouchable”.

Swanna ·

Net so gesê” they think they are untouchable” want hulle is mos sokker sterre. Maar nou het hy sy sterre gesien. Ha Ha Ha.

Theresa ·

Ha ha – Lekker lag ek nou. Daai sterre het effe verdof nou en dis nie load shedding se skuld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.