Die Sokkerwêreldbeker 2014 begin Donderdag in Brasilië. FIFA verwag dat dit die televisie-uitsending sal wees met die meeste kykers.
Nagenoeg 3.2 miljard mense het in 2010 ingeskakel toe die toernooi in Suid-Afrika plaasgevind het.
Die opening van die toernooi en wedstryde word op SABC 1 uitgesaai. Volgens die SAUK se webwerf skakel hulle reeds om 19:00 oor.