Sokkerwêreldbeker-saak: Sakeman se ma, nog vier ook vas

Die vyf beskuldigdes in die hof. (Foto: NVG ondersoekdirektoraat)

Familielede van die sakeman Toshan Panday is in die landdroshof in Durban op borgtog vrygelaat nadat hulle vlugtig op aanklag van rampokkery, bedrog en geldwassery verskyn het.

Arevenda Panday, Toshan se ma, sy vrou, Privisha Panday, en sy suster Kajal Ishwarkumar is borgtog van R5 000 elk toegestaan. Panday se swaer, Seveesh Maharaj Ishwarkumar, en sy persoonlike assistent Tasleem Rahiman is borgtog van R10 000 elk toegestaan.

Die vyf is deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat, in samewerking met die Valke, in hegtenis geneem en van bedrog en korrupsie ter waarde van R47 miljoen aangekla wat met die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi verband hou.

“Die familielede het in 2009 maatskappye geregistreer in afwagting op die Wêreldbeker-sokkertoernooi,” het Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat, gesê. “Die maatskappye het die opbrengs dan na Toshan gekanaliseer.”

Toshan Panday, kol. Navin Madhoe en Mmamonnye Ngobeni tydens ‘n hofverskyning in Desember. (Foto: Verskaf)

Toshan, sy familielede en sy persoonlike assistent sal op 21 Mei weer in die hof saam met hul medebeskuldigdes – genl. Mmamonnye Ngobeni, oud-polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, asook Navin Madhoe en Aswin Narainpershad, albei voormalige polisieoffisiere – verskyn.

Die saak hou verband met bewerings van korrupsie oor akkommodasie vir KwaZulu-Natalse polisiebeamptes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Die polisie word daarvan beskuldig dat hy met Toshan Panday saamgespan het om kontrakte van die KwaZulu-Natalse polisie te bekom in 2010. Ngobeni staan tereg op aanklag van korrupsie oor betalings wat vir haar man se verjaardagpartytjie gemaak is, ʼn versuim om die voordele bekend te maak wat sy van Panday ontvang het en ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg.

Panday staan ook tereg op aanklag dat hy met Madhoe saamgespan het om omkoopgeld van R2 miljoen aan ʼn generaal oor te betaal om die ondersoek teen homself en Madhoe te laat verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Philip ·

Dit lyk vir my of daar n hele familie Indiane pap wou skep van groot tot klein en oud tot jonk. Very cheap exspecially for you and all and all.

Dup ·

As hulle skep,dan skep hulle….veral as die geldkoffers se sleutels ook in skelms en kriminele se hande is.

Tjom ·

Janee, kan sien hoe die lot gaan sukkel om daardie borgtog bymekaar te skraap

jzjz05 ·

Daar moet baie meer korrupsie met die sokkerbekker gewees het.glo dat die net die punt van die ysberg is wat uit steek.iemand moet n bietjie onder die water loer.

quartus ·

Die wiele van geregtigheid draai darem vreeslik stadig in die nuwe SA. Twaalf jaar gelede ??

Jack ·

En altyd sal j n hooggeplaasde polisie offisier iewers in die mengsel kry. Die kaders is soos roofdiere wanneer dit by die geldlaai kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.