Sol Kerzner bedank

Sol Kerzner

Sol Kerzner

Die “koning van Sun City”, Sol Kerzner, het vandeesweek sy familie-aandele in Kerzner International Holdings, wat hy 20 jaar gelede gestig het, aan ʼn Dubaise beleggingsmaatskappy verkoop.

Die webwerf Sacommercialpropnews.co.za het Donderdag berig Kerzner, wat nou 78 jaar oud is, het bedank, maar is nog nie gereed om af te tree nie.

Die hotelmagnaat het oor die afgelope 20 jaar sedert hy tot die gasvryheidsindustrie toegetree het, ontwikkel tot ʼn globale reus in die industrie wat sommige van die wêreld se bekendste gasvryheidshandelsmerke ontwikkel het. Van sy bekende hotelgroepe sluit Southern Sun en Sun International in.

Kerzner, wat tans in Londen woon, het gesê hy gaan nou ʼn kantoor in die metropool oopmaak en konsultasiewerk doen.

“Dit is die einde van een hoofstuk. Ek is ‘n bietjie ouer en kan skaars begryp wat ek alles in die afgelope 50 jaar vermag het, maar ek is nie gereed om af te tree nie,” het hy in ʼn onderhoud met Londen’s Mayfair gesê. Lees meer hier.

Bron: Sacommercialpropnews.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Expat in Dubai ·

Waar kry Dubai die geld vandaan? Mense weet natuurlik nie dat Dubai, wat nie die hoofstad van die UAE is nie maar wel Abu Dhabi, baie arm is en die geld wat hier is kom van ander lande af. Mafia base belê hul geld hier in geboue ens. Ek woon hier. Kyk na die name van die geboue. Dis glad nie plaaslike name nie. Laat mens dink ne…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.