Sol-Tech: Lesufi braak weer gal; Solidariteit versnel planne

‘n Skermskoot van Somadoda Fikeni se inskrywing en Lesufi se reaksie daarop.

Die Solidariteit Beweging gaan sy planne versnel om opvoedkundige instellings met Afrikaans as voertaal vinniger uit te bou.

Die Solidariteit Beweging se nuwe Sol-Tech-kampus word tans in Monumentpark gebou. Dié instelling, wat ambagsopleiding in Afrikaans verskaf, het die afgelope week lof ontvang van ʼn bekende politieke ontleder, maar ook weer onder kritiek van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, deurgeloop.

Somadoda Fikeni, ʼn politieke ontleder verbonde aan Unisa, het foto’s op Twitter gedeel van die vordering wat met die bouwerk aan die kampus gemaak word. Hy het gesê Afrikaners is beslissend en sit nie in “eindelose werkswinkels” nie. “Boere maak ʼn plan,” het hy geskryf.

Lesufi het Fikeni se Twitter-inskrywing gedeel en geskryf: “Nierassigheid is die toekoms en daar sal geen instelling in hierdie land wees wat mede-Suid-Afrikaners sal uitsluit op grond van taal of ras nie. Dit is ’n geveg wat ver van verby is.”

‘n Skermskoot van Lesufi se twiet oor Sol-Tech. .

Lesufi het verlede jaar toe daar met bouwerk aan die Sol-Tech-kampus begin is, ook hewige kritiek gelewer. “Ek haat rassisme wanneer ek dit sien. ʼn Rasgegronde instelling in ʼn nierassige samelewing sal nie slaag nie. Moet ons asseblief nie aan apartheid herinner nie,” het Lesufi getwiet.

Volgens Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, is die doel nie om ander uit te sluit of om Afrikaanse studente te isoleer nie, maar juis om die Afrikaanse ruimtes te skep wat dit vir jongmense moontlik sal maak om saam in Suid-Afrika te bly tot voordeel van die land en al sy mense.

“Die doel is ook nie om uitsluitend te wees nie, maar juis om te verseker dat Afrikaans as akademiese taal én Afrikaanse studente ingesluit is. Hierdie instellings is ook oop vir enige anderstalige student wat in Afrikaans wil studeer.”

Lesufi het egter nie net op Twitter gal gebraak nie en ook tydens ʼn spreekbeurt by die Nasionale Raad van Provinsies kritiek op die Solidariteit Beweging se bestaande private instellings gelewer. Hy het ook kritiek gelewer oor die appèlhof se uitspraak oor Afrikaans by Unisa. Die hof het Unisa se taalbeleid, wat Afrikaans in wese afgeskaf het, as ongrondwetlik verklaar.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Jacques Naude/African News Agency, ANA)

Volgens Buys het die Konstitusionele Hof by monde van hoofregter Mogoeng Mogoeng in 2019 in sy uitspraak in die Stellenbosch-taalsaak ’n beroep op die gemeenskap gedoen om self private onderriginstellings ter bevordering van Afrikaans en ander inheemse tale te bou, ingevolge artikel 29(3) van die Grondwet.

“Hoofregter Mogoeng het selfs ’n beroep op korporatiewe welwillendheid gedoen om hulpbronne beskikbaar te maak om sodoende te help om private opleidingsinstellings vir Afrikaans en ander inheemse tale te befonds.

“Hoofregter Mogoeng se versoek dat gemeenskappe self instellings moet bou en dit met eie kapitaal moet finansier om taal te bevorder, is dus presies wat die Beweging, binne die raamwerk van die Grondwet, doen.”

Hy het beklemtoon dat hoofregter Mogoeng se uitspraak voortbou op vele soortgelyke standpunte deur die Konstitusionele Hof ten gunste van Afrikaans en Afrikaanse instellings vir hoër onderwys.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi. (Foto: Mia Slabbert)

Volgens Buys is dit ironies dat Lesufi tydens die debat van die Nasionale Raad van Provinsies gemaan het dat daar nie ’n “super-taal” moet wees nie en dat alle tale gelyk moet wees, terwyl hy doelbewus en met ywer voortgaan om erkende inheemse tale te ondermyn sodat Engels as die enigste “super-taal” van onderrig by instellings voortbestaan.

“Die Solidariteit Beweging, anders as die LUR, staan juis die beginsel van veeltaligheid voor en moedig dus ook enige gemeenskap aan om hul taal deur onderriginstellings te bevorder. Die Beweging is voorts bereid om saam met enige gemeenskap te werk om dít te verwesenlik,” het Buys gesê.

Hy het ook beklemtoon dat die Beweging se opleidingsinstellings ten doel het om wêreldklas in Afrikaans te wees.

Flip Buys, voorsitter van die Solidartiteit Beweging. (Foto: René Roux)

“Die internasionale reg en die Grondwet se vertrekpunt is dat taal- en kultuurgemeenskappe die reg op bestaan en voortbestaan het, en dat hulle instellings mag hê om hulle taal en kultuur na die volgende geslag oor te dra. Enige poging om hulle hierdie reg te ontsê, is ’n totalitêre poging om daardie gemeenskappe te vernietig.

“Daarom is die Solidariteit Beweging se opvoedkundige instellings deel van ons strategie om die kulturele infrastruktuur te bou wat nodig is om dit vir Afrikaners en Afrikaanssprekendes moontlik te maak om vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te bly. Die Grondwet se uitgangspunt is juis eenheid in verskeidenheid, en daarom sal pogings om eenvormigheid af te dwing of om minderhede by die meerderheid in te lyf, met alle mag teengestaan word.”

Demokrasie sonder kulturele vryheid, is net vryheid vir die demografiese meerderheid en dus ondemokraties, meen Buys. “Daarom mag aktivistiese politici, wat die multikulturele werklikheid van die land met ’n monokulturele ideologie probeer omskep na hulle politieke beeld, nie toegelaat word om ter wille van goedkoop publisiteit ’n heksejag teen Afrikaans en sy sprekers te voer nie. Dis ’n deursigtige poging om die aandag van die groter onderwyskrisisse in die land af te lei, waaraan mnr. Lesufi ’n groot aandeel het,” het Buys gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sobymykoolkop ·

My woordeskat te beperk om te verduidelik hoe my hart wil bars van trots oor my volk se skeppende vermoëns. Laat die grootste rassis maar kla en kerm dit maak ons net meer vasberade, sak eerder jou kop in skaamte lesufi oor die brand en vernietiging van die persone wat veronderstel is om ALLE voordele van beee te geniet maar wat tot in lengte van dae sal vernietig omdat julle nie kan opbou en skep nie.

Kokerboom ·

Hoe kan 48 miljoen mense van kleur na 26 jaar van absolute beheer nog so vreesbevange wees vir 4.7 miljoen ander mense wat deurgaans net welwillendheid toon. Gaan my verstand te bowe. So Soldariteit DOEN jul ding

Anel ·

Nou wat het jy, lesufi, in jou tyd nou al gebou? Hierdie instelling gaan volgende jaar sy deure open. Binne ongeveer 14 maande nadat bouwerk begin het. Met geen ondersteuning van die regering. Wat het jy om te wys vir al die miljarde van ons belasting geld wat jy jaarliks kry? Hoeveel skole en universiteite wat swarttale bevorder het jy gebou? Nee, jy het gesorg dat omtrent almal afgebrand word en dat daar nue genoeg plekke van opleiding is vir our people nue. Sodat hulle gedwig word om ons instellings te oorstroom. Dsn word jy kwaad as die Afrikaanse kund nogsteeds bo gemiddeld presteer. Dit is ook hoekom julle nie die skole wil open nie. So bang die Afrikaaner gaan aan. Ons laat ons nie onderkry nie. Hierdie Afrikaanse instellings is van wêreld gehalte. Baie geluk. En baie sterkte.

JohanR ·

Wie is die ou? Ek wou ‘n sterker word gebruik, maar bly maar by “ou”! Hy is maar die Gautengse LUR vir onderwys! Hy is nie ‘n koning nie, hy is nie ‘n President nie, hy is nie ‘n god nie…..hy is ‘n LUR vir onderwys. Hoekom is hy die ENIGSTE LUR vir onderwys in die hele Suid Afrika wat heeltyd ‘n gat van homself maak? Die Wes-Kaap LUR vir onderwys Debbie Schäfer bou skole, en maak seker dat by bestande skole dinge regloop. Sy wil nie al die tyd probeer om ‘n taal te verwoes, en Afrikaanse skole en universiteite te dreig nie. Black Lives Matter? In die ou Panyaza Lesufi se geval is dit meer ‘n feit dat in die wereld is die……totaal nutteloos…..Fools Lives Do Not Matter!

Jackie ·

Neem hom hof toe en kry n beslissing aangesien hy die grondwet minag(Mogoeng). Sou hy so n beslissing minag kan hy hopelik tronkstraf kry.

Grassie ·

Lesufi is hoog aangeskrewe by die regering en ek vermoed hy gaan een van die dae die minister van onderwys word. Hy gaan vir ons nog baie hoofbrekens besorg vorentoe. Die DA hou ook van hom, tydens hul evaluasie van regeringsleiers verlede jaar het hulle hom 75% gegee, die hoogste van almal. Seker maar omdat hy Afrikaans haat, ek weet nie.

Die Wolf ·

Dit is nou maar weer n bewys dat julle nie die vaagste idee het hoe om n land te bestuur nie. Dit is hoekom die land is waar ons nou is. Jou mag is besig om soos n kaartehuis inmekaar te tuimel. Dit is mos makliker om ander te takel om jou onbevoegdheid weg te steek.

Bernard ·

As Lesufi nie kan gal braak teen enigiets wat Afrikaans of Afrikaners is nie, is hy nie Lesufi nie!!!

Miskruier ·

Alle unies is nie dieselfde nie, sommige is daar vir die opbou van n nasie, ander net vir geld.

Blikke ·

Lyk my die ou het n wesenlike probleem en wel met vooruitgang in hierdie geval. Dalk om sy eie onvermoee te probeer verdoesel sou ek reken. Miskien onsteld oor hy geen bydrae kan maak nie en natuurlik ook omdat hy nou heeltemaal uitgesluit is ten opsigte van enige beheer en seggenskap in die verband. Miskien moet iemand die ou dalk inlig dat geen vondse en begeleiding van sy kant af benodig word nie en dat ons heel goed sonder hom sal kan klaarkom. Skynbaar kan hy nie hierdie konsep begryp nie en is dit die oorsaak van bittere teleurstelling en frustrasie vir die man en sy kaders….want hoe dan nou dat hulle nie kan beheer en plunder nie. Ek is ongelooflik trots op hierdie inisiatief en kan net se RESPEK…Doen so voort!!!

Spyker ·

Kan n persoon nou so min van homself dink dat hy keer op keer sy eie naam gat maak?
Staan ook maar vêr agter toe gesonde verstand uitgedeel was

Jaco ·

hoe kom soltech by regstellende aksie en BEE verby? Wetgewing daaroor se dat regstellende aksie en BEE toegepas moet word wanneer die aantal personeel n seker getal oorskry en wanneer die finansiele omset per jaar ‘n sekere bedrag oorskry.

Blikke ·

@Jaco….nie nodig om verby te kom nie…solidariteit het reeds bevestig dat enigiemand wat in AFRIKAANS will leer meer as welkom is.

Scalla ·

Is ook van die wat hopeloos te veel media dekking ontvang en soos n passer redeneer!

Josh ·

Hulle kan dit nie vat dat die afrikaner altyd ‘n plan maak om bo uit te kom nie!

Mrs H ·

Ag Lesufi, jy haat maar net wit Afrikaners, en dit wys met jou jaloesie, en hoe jy hulle niks gun nie. Jy haat dat hulle soveel ambisie en dryf het. Jy haat dat hulle altyd oplossings het wat werk. Iets wat jyself nie van jouself of van ‘our people’ kan se nie ne? En jy haat dit. Plaas leer jy eerder iets as jy maar net van jou haatdraendheid kan ontslae raak. Shame on you Lesufi, when you should encourage and celebrate any new constructive and productive development, especially in a ‘junk status’ country – your real jealous problem, is the fact that it happens to be white Afrikaans people AGAIN! Sorry for out thinking and out shining you and your hate AGAIN! It was really not deliberately or intentionally, it is just a human right, a mothertonque and culture which we happen to love, live, practice and would like for you to respect it like Afrikaans people respect your language and culture. You should give it a try, it will make a better man and leader of you Lesufi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.