Sol-Tech se R300 miljoen-kampus in gebruik geneem

Die nuwe Sol-Tech kampus is Vrydag ingehuldig. (Foto: Mia Slabbert)

R10 op ʼn slag. En Vrydag is die nuwe Sol-Tech-kampus, wat eindelik R300 miljoen gekos het en verlede maand klaar gebou is, in gebruik geneem.

“Sol-Tech is ʼn lewende monument. Dit is gebou uit die gemeenskap deur die gemeenskap en is hoofsaaklik finansier deur die maandelikse R10-bydraes van al ons lede,” sê sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Elkeen se bietjie het saam ʼn sterker toekoms vir ons kinders gebou.”

Hermann sê opleiding is per definisie toekomsgerig.

“Dit kyk vorentoe en berei die jeug voor om te bou aan hul toekoms en ook aan ʼn toekoms in ons land. Terwyl ander vlug na groener weivelde oorsee, in hulself keer en net na hul eie welsyn wil omsien of selfs heeltemal opgegee het, bou ons ʼn instelling om die jeug te bemagtig sodat hulle welvaart vir hulself en hul gemeenskap binne Suid-Afrika kan skep. Die monument is ʼn verklaring dat ons hier is om te bly en om te bou.”

Bouwerk aan die moderne kampus het in September 2019 begin toe die eerste sooi gespit is. Daar is minder geld bestee as waarvoor aanvanklik begroot is en die projek is vroeër afgehandel as beplan.

Die eerste studente het verlede maand reeds aangemeld, ten spyte van die uitdagings wat die Covid-19-pandemie en die inperkingstyd veroorsaak het.

“Hierdie kampus is ʼn merkwaardige prestasie vir die gemeenskap. Dit is ʼn tasbare resultaat van waartoe ʼn gemeenskap in staat is as hy sê: ‘Ons sal self’,” sê Hermann.

“Ons vier hierdie mylpaal vandag saam met elke lid en skenker wat tot hierdie mylpaal bygedra het en is saam met hulle trots daarop. Ons jong mense is veerkragtig. Al wat ons moet doen, is om te sorg vir wind onder hul vlerke.

“Hierdie kampus en Sol-Tech is die wind onder ons jong mense se vlerke – kom kyk gerus.”

Die Solidariteit Ambagsgilde het ook aangekondig dat 26 Maart voortaan bekend sal staan as Nasionale Ambagsdag.

Die gilde se “Jou yster”-toekenning sal ook jaarliks op dié dag gedoen word aan ʼn ambagsman wat ʼn besondere bydrae in die ambagsbedryf gemaak het.

Die eerste toekenning is vandag aan Leon van Wyk, ʼn lektor by Sol-Tech, gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Misky ·

Wat n sukses verhaal is dit nie en dit maak my sooooo trots as blanke Afrikaner en mede Afriforum lid. Welgedaan en julle bewys net dit kan gedoen word!!!!

Nou moet julle dalk net sekuriteit super skerp maak….. die *ander* gaan nie hiervan hou nie

007 ·

Baie geluk en ons is trots om Wit, Afrikaans en Geseënd te wees. Gee vir ander mense R250 mil en hulle bou n firepool, ander santeer skole en en en.

Sê Ook Maar Net ·

Baie mooi. Cheeta, jammer ek klink “stupid”..Wat beteken “santeer”?

Hendrik ·

Pragtig – nou voorwaarts na ‘n volwaardige natuur-, landbou- en mediesewetenskappe fakulteit by Akademia.

Yolandie ·

Bravo…..Solidariteit!!!! Mag Sol-Tech ‘n reuse sukses wees met julle aan die stuur. Ek is trots om ‘n Afrikaanse Suid -Afrikaner te wees as ek sulke artikels lees!!!

Kaptein ·

Dit is nou hoe dit gedoen moet word. Fantasties en baie geluk. Julle ysters.

Ronel ·

Hopelik sal my oudste seun ook volgende deur daai deure kan loop. Trotse solidariteit lid hier. Wel gedaan aan Solidariteit se mense wat veilige naskoolse studies vir ons kinders moontlik maak.

Francois Le Cochon ·

Dit is wat vermag kan word as daar nie korrupsie is nie.

Francois Le Cochon ·

Ek merk dat die beitel in die beeldhouwerk nie voldoen aan beroeps veiligheids vereistes nie. ‘n Beitel se bokant mag nie omkrul nie, dit moet gereeld afgevyl word. Maar nou ja, dit is net ‘n beeldhouwerk.

Henk ·

Francois, ek vermoed jou opmerking is tong-in-die-kies en daarom hou ek daarvan. Ongelukkig het “beroepsveiligheid” soveel grond gewen omdat daar soveel idiote is wat teen hulleself beskerm moet word. “Beroepsveiligheid” het ‘n beroep geword wat oorgewaai het na maskers of selfs erger – net ‘n deurskynende plastiekskerm dra om ‘n virus se oordrag te beperk – absurd!! Mense moet eerder “common sense” geleer word as om ongekwalifiseerd aan reëls en regulasies onderwerp te word. Gelukkig is daar in elk geval iets soos “natuurlike seleksie” wat sorg dat idiote leer wat hulle moet.

Dup ·

Party mense breek af en vernietig en party mense bou en skep iets uit niks.As “our people” hierdie projek hanteer het sou dit nog steeds op fondasie vlak wees;200% oor begroting en meeste van die geldjies het voete gekry…..feite is feite…..

Lourens CFG ·

Hoe bemoedigend om te lees dat ‘n projek MINDER gekos het as die aanvanklike prys, en ook VROËR klaar gemaak is.
Al die ander projekte in ons land kos gewoonlik 3 + keer meer, en vat jare langer as beoog, en is dan steeds nie klaar nie en/of foutief. (Soos byv. die kragstasies)
Veels geluk.
Riem onder die hart.
ONS KAN!!

Danie ·

Dit is wat moontlik is as daar nie terroriste by betrokke is nie….ekonomiese terroriste

JM ·

BAIE GELUK Solidariteit, ek bars van trots op julle! Hou so aan!

Potifar ·

Dis uitstekend! Ek wil wel nie n doem profeet wees nie maar die EFF lek hul lippe af.

Danie ·

Dit sou NOOIT moontlik gewees het as daai lot terroriste betrokke was nie!

Strandloper ·

Mooi man! Ons wil, ons kan, ons sal! Trots om deel van julle te wees!

marius ·

Ons sal , want ons wil , want ons kan , want ons gaan …self

Jaco ·

Hoe kom soltech by regstellende aksie en BEE verby? As ‘n besigheid se aantal personeel ‘n sekere getal oorskry en as ‘n besigheid se finansiële onset ‘n sekere bedrag oorskry, moet regstellende aksie en BEE toegepas word. Ek weet dis nare wette, maar net omdat dit naar is kan soltech dit nie ignoreer nie. Dis harde werklikhede van die huidige SA én dis wette wat sal bly. Soltech is in Gauteng, so om die personeel met kleurlinge te laai net om dit Afrikaans te hou em aan regstellende aksie te voldoen, gaan nie werk nie. Dít werk nie eens meer in die Wes-Kaap nie. Ek kan nou al begin geld spaar dat my kind eendag in Afrikaans kan studeer, maar wats die kans dat soltech oor 8 jaar van vandag af nog steeds Afrikaans sal wees?

Piet ·

Seker dieselfde manier as wat ń skool soos Waterkloof met 2400 studente en jaarlikse fooie van R35000 dit reg kry.

Landras ·

Dit is fantasties !! Self empowering of sal ek sê WEE ? Nou wag ons vir SOLMED – asb , ek is bewus van soveel slim jongmense wat medies wil studeer en eenvoudig nie keuring kry oor velkleur nie . Hulle skryf in vir BSC met die doel om tweedejaar te swaai , dan kry die slimstes van die slimstes nie eers die geleentheid nie . Ons is saam opgewonde vir ons jongmense , dankie !!!!!!

FranWilder ·

Wow, dit het minder gekos as wat hulle gedink het en is vroer klaar gebou. Dis nie elke dag dat n mens dit hoor nie.
Goeie werk!

Danie ·

Nou wag ons net vir our poepels om volgende jaar te kom betoog teen klasgelde en so bietjie hier en daar goeters af te brand.

Gerrie ·

In korter tyd as beplan en teen laer koste afgehandel. Net mooi die teenoorgestelde van alles onder die ANC kaders se beheer.

Stof ·

Die toonbeeld van voortreflikheid.
Om in ‘n goedopgeleide vakman te belê in ‘n tegnologiese era, is voorwaar ‘n wyse besluit.
Mag Vader se oorvloedige seën en guns, ruim op hierdie nuwe era en nuwe perseel, sowel as op elke persoon daarby betrokke, rus.

Henk ·

Ek hou van die beeld. Dit herinner aan NP Van Wyk Louw se Beiteltjie…‘n beitel moet kan klip breek
as hy ‘n beitel is … Welgedaan Solidariteit!! Vir die wat wil onthou en vir die wat nog nooit geweet het nie:

Ek kry ‘n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.

Ek sit ‘n klippie op ‘n rots:
– mens moet jou vergewis:
‘n beitel moet kan klip breek
as hy ‘n beitel is –

ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs ‘n voeg:

toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,

die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe –
só moet ‘n beitel slaan
wat beitel is, of hoé?

Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met ‘n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop.

JohanR ·

Julius Malema moet hier student word in die kursus houtwerk! Hy kan dan ook vir homself sien hoe dit wit Afrikaner dit doen!

Jr ·

Ek is trots en as ek na die gebou kyk sien ek my 100 bakstene en hulle is vas aan my broer en sister ‘s se bakstene. Wat ń eer – Eendrag is mag. Binne ń jaar en ń half. Geen tender bedrog niks funny. Mooi gedoen manne.

Eragrostis ·

Solidariteit, julle Ysters. Ons staan trots om dit waaroor die blanke in staat is, te sien. Dit wat julle vermag het midde al die uitdagings binne ń ANC-beheerde milieu spreek boekdele. Julle stel so ń goeie voorbeeld vir die ANC en die wêreld, iets wat nie in die ANC se verwysingsraamwerk bestaan nie, soos Tyd, Beplanning, Begroting, Finansiële bestuur, Eerlikheid, Werkstrots, Presisie en Netheid. Wel gedaan. Ons maandelikse bydra as lede van Solidariteit is elke sent werd.

Jan ·

My seun het so agt jaar terug sy ambag deur Soltech gedoen.Op die stadium baie trots on dit vir almal te se veral as ek sien wat wat hy tot duster bereik het..Dankie Solidariteit

Jannie ·

Julle is ysters. Wys jou net wat gebeur as bekwame mense op niks minder as meriete aangestel word!

Jannie ·

Squirrel, neem kennis asb…..hierdie is deel van jou mense. Haal jou rasbril af en gebruik hulle om korrupsie en onbevoegtheid teen te werk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.