Soldaat beseer tydens weermagoefening

Tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag tydens Weermagdag op 21 Februarie 2015 in Potchefstroom, Noordwes (Foto: Potchefstroom Armed Forces Day, Facebook)

Tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag tydens Weermagdag op 21 Februarie 2015 in Potchefstroom, Noordwes (Foto: Potchefstroom Armed Forces Day, Facebook)

ʼn Soldaat is Donderdag beseer tydens ʼn oorloggereedheidsoefening van die nasionale weermag in die Noord-Kaap.

Lt.genl. Vusi Masondo, hoof van die Suid-Afrikaanse Leër, het bevestig dat ʼn “klein voorval” Donderdag plaasgevind het tydens ’n oefening waarin soldate moes demonstreer hoe ʼn beseerde soldaat met ʼn helikopter weggeneem word. “Ons het ʼn klein voorval gehad toe die helikopter opgestyg het voordat die tou heeltemal opgerol was. Die tou het een van die spoorsnyers op die been getref,” het Masondo gesê.

“Volgens terugvoer aan my is die besering nie ernstig nie. Hy kan loop. [Paramedici] het hom ondersoek. Ek is dankbaar, want een van die redes waarom ons so baie in opleiding belê, is dat as ons oorlog toe moet gaan, ons nie foute soos hierdie wil hê nie.” Hy het gesê foute kan tot “die onnodige verlies van lewens” lei.

Die voorval het voor senior weermag- en lugmagbeamptes, verskeie buitelandse militêre verteenwoordigers en die media plaasgevind. Die soldaat is deur die tou saamgeruk toe die Oryx-helikopter opgestyg het tydens die oefening. Toeskouers het na hul asem gesnak van verligting toe die soldaat daarin kon slaag om homself betyds los te wikkel. Verskeie soldate en ʼn ambulans het na die toneel gehaas.

Die Exercise Young Eagle-opedag is by die weermag se gevegsopleidingsentrum in Lohatlha gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Roy Marais ·

Masondo is Hoof van die Leër NIE Hoof van die Weermag nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Roy

Ons vra groot om verskoning vir die fout! Ons bring die wysiging aan.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ampie ·

Is dit nuus? ‘n Soldaat is deur ‘n tou beseer tydens ‘n weermag oefening. Hierdie was ook op vanaand se TV nuus. Daar praat die hoof van die weermag toe oor die ou wat sy been beseer het. Regtig? My seuntjie in die kleuterskool het vandag geval en daar was bloed op sy knie. Sy besering was dus erger en meer nuuswaardig. Die media moet regtig begin besef dat sommige stories geen waarde het nie en dat die hou van ‘n nuuskonferensie nie beteken iemand moet ‘n storie oor snert skryf nie. Net gister lees ek ‘n koerant plakkaat dat ‘n kaping naby Pretoria gefnuik is. Is dit nuuswaardig? Wat van die 20 wat nie gekeer is nie? Wat van die 50 moorde wat daagliks in die land gepleeg word? Niemand het iets daaroor berig nie.

Shannon ·

In 1990 was van hierdie ‘soldate’ in die foto nog aan die ander kant van die Caprivi.
Nou’s baie van die voormalige soldate aan die ander kant van die oseaan.
Frederick en Roelf se ‘negotiations’ het toe goed afgeloop ?

Martin ·

Was in die Tagtigs in die Weermag. Daar het baie erger dinge met ons gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.