Soldaat in hof oor ammunisie

Twee mans is in Phalaborwa in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van ammunisie (Foto: SAPD, Limpopo)

Twee mans is in Phalaborwa in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van ammunisie (Foto: SAPD, Limpopo)

ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat in hegtenis geneem is in verband met die onwettige besit van ammunisie, het Dinsdag in die landdroshof in Phalaborwa verskyn.

Santos Leon Congo (40) is Saterdag saam met Sambo Boye (44) van Senegal in Phalaborwa in hegtenis geneem.

“Die SANW-lid het met ʼn sak in Spekboomstraat geloop. Die polisie het versoek om hom te deursoek waartydens beamptes beslag gelê het op 663 patrone vir ʼn 7.63-geweer,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. “Die tweede man is op dieselfde dag by sy huis in hegtenis geneem nadat 17 patrone vir ʼn 9mm-pistool in sy besit gevind is.”

Die mans staan tereg op aanklag van die onwettige besit van ammunisie. Congo is vrygelaat op borgtog van R1 000. Hy moet weer op 10 Maart in die hof verskyn. Boye bly egter in aanhouding. Hy moet weer op 23 Januarie in die hof verskyn vir sy aansoek om borgtog.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Louw Badenhorst ·

Julle bedoel seker 7.62mm geweer amo.
Groete Louw

Sune van Heerden ·

Dagsê

Ek kan bevestig dat die berig korrek is volgens die inligting wat die polisie aan ons deurgegee het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Fred ·

Sune, ons glo jou dat julle artikel die polisie se persverklaring reg aangehaal het, maar dit beteken nie noodwendig dis korrek nie. Dit beteken eder dat ons polisie kan nie een van die mees algemeenste kalibers in die wêreld akkuraat identifiseer nie.

Rabes ·

Daar is wel 7.63×51 ammunisie wat vir die mauser vervaardig word, maar ek dink die spesifieke soort is van die weermag en sal dan 7.62 wees vir die R1

Matmiet ·

Dit is eintlik 7.63×39. Dis n kort petroon. Die in die foro lyk soos n standaard 7.62.×51.

Justice ·

Daar kort 137 patrone om die 4 pakke LMG belde van 200 elk vol te maak – het Congo enigsins ‘n verduideliking daarvoor gehad voordat hy op borg vrygelaat is?

Frikkie ·

Al die kommentaar rakende die spesifikasie van die ammo vir my nie so belangrik nie. Wat vir my saak maak is dat die soldaat die ammo verby die hekwag van die basis kon kry. Wanneur ry iemand met ‘n trok en tank daaruit om ‘n plaas aanval of iets soort gelyk te loots. Die basis se bevelvoerder moet sekerlik ook rekenskap gee dat dit so maklik is om ammo uit te dra, wat nog te meer onsse minister van verdediging wat gaan hy/sy daaroor doen.

cor ·

As daar met die weermag se voertuie rond gery word asof dit n privaat besitting is, drank en ander goed openlik by die hekke ingeneem word, hoekomdan nie met patrone uitloop nie. Weermag dissepline soos ons dit ken is 22 jaar terug by die selfde hekke uit gegooi met die opdrag moet dit nie weer toelaat nie.

Trots Afrikaans ·

Ek praat onder korreksie, maar dit blyk van die foto nie soos NATO rontes nie. M.a.w, dit is nie die 7.62 x 51 nie. Die NATO ronte is ‘n lang dun ronte terwyl die Soviet ronte ‘n korter (39mm), vetter ronte het.

Swanna ·

Stem Frikkie/ Justice. Wil ook weet hoe kry hy dit by die basis uit nogal in ‘n plastiek sak en waar is die wapen wat hy sou gebruik om daardie patrone te vuur. Want dit is nie net ‘n gewone outomatsiese wapen nie dit is’n LMG soos ons dit geken het. Wat wou met al daardie patrone gaan maak het en wie wou hy gaan verwoes het. Maroela moet ons ophoogte hou met hierdie saak. Dit gaan nogal interresant wees om die ding te volg.

Piet Skiet ·

Dit gaan n baie kort oorlog moet wees met net 663 7.62 rondtes…

Nee wat dis maar net n dief wat dit wou verkoop het…

Hendrik ·

My neus sê die eind-klient was bes moontlik ‘n renosterstroper.

Skim ·

Besig om voor te berei vir die REVOLUSIE, die saak sal stilword. Klein bietjie op ‘n slag word uitgesmokkel, en uiteindelik is hulle gereed vir die aanval.

Jan S ·

Vir diegene wat nie weet nie, daardie is ammunisie belde vir ‘n masjiengeweer. Let op dat daar elke paar rondtes ene met ‘n rooi punt is, dis die tracer rondte sodat jy kan sien waar jou koeëls trek. Ook, die rondtes kan uit die belt uitgehaal word as jy dit in ‘n ander geweer wil skiet.

Wat die kaliber vir my interessant maak is dat die koeels in ‘n 7.62x51mm geweer soos ‘n R1/FN FAL of ‘n .308 Winchester jaggeweer gebruik word. AK’s (7.62×39) en R4/R5’e (5.56×45) gebruik ander kalibers – so die vraag is wie is nou eintlik sy ‘teiken’ mark? Het iemand ‘n arsenaal ou gewere uit die Bos-/Rhodesia-/Mosambiekse oorlog?

Pieter ·

Dis die probleem met ons mense kyk by die eintlike gevaar verby en kibbel oor die kaliber van ammunisie. Magies mense , hierdie was een geval by een basis, daar is hoeveel basisse in die land, en as dit so maklik was om die hoelveelheid ammunisie by ‘n basis uit te smokkel hoeveel ammunisie word dan landwyd uit basisse gesmokkel. Is die een geval van Phalaborwa nie net dalk net die oortjies van die seekoei nie?

Dit is ook alom bekend dat die Polisie Diens is die een mag in die land wat die grootste rekord het van diens wapens wat velore raak.

Maar nou ja as kalibers meer belangriker is as gesteelde ammunisie wat teen ons kan gebruik word …. moet dan nie lang trane huil as julle geliefdes moord statistieke word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.