Soldaat se appèlaansoek afgekeur

Argieffoto

Die militêre appèlhof het ʼn soldaat, wat tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is op aanklag dat hy sy meisie doodgeskiet het, se appèlaansoek afgekeur.

Elias Mogaki het sy vriendin, Nomathemba Ngeleka, op 27 Oktober 2017 doodgeskiet terwyl hulle albei in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi was. Albei was deel van 5 Infanteriebataljon as deel van die SANW se ingrypingsbrigade.

Mogaki het probeer om sy eie lewe te neem ná hy Ngeleka doodgeskiet het. Hy is in die DRK gestabiliseer voor hy na Suid-Afrika oorgeplaas is vir verdere mediese behandeling. Hy is daarna formeel aangekla op aanklag van moord, skuldig bevind en op 18 Junie 2018 deur ʼn militêre regter tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Brig.genl. Mafi Mgobozi het Woensdag in ʼn verklaring gesê die beskuldigde het ʼn geleentheid gehad om teen sy vonnisoplegging te appelleer. “ʼn Militêre appèlhof het egter die vonnis bekragtig.”

Mogaki is tans in Bloemfontein in aanhouding by ʼn aanhoudingsentrum van die weermag. Sodra hy uit die weermag ontslaan is, sal hy na die Rustenburgse korrektiewe sentrum oorgeplaas word waar hy sy vonnis sal uitdien.

Militêre howe is verantwoordelik vir die vervolging van soldate wat die militêre gedragskode oortree, en dié hof beslis ook oor alle misdrywe van soldate in buitelandse vredesoperasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alta Smit ·

Ek is op d 4de Nov 2016 deur gewapende soldate onwettig uit my huis (waarvoor Ek huur betaal)verwyder. My meubels was op die stadsplein in die Reen Vir die nag. Geen soldate is aangekla Nie, ten Spyte daarvan dat die Regter in Hooggeregshof die uitsetting as onwettig verklaar het. Hul het aanvalswapens (R4e) gehad sonder magtiging. Hoekom is Geen soldaat verantw gehou Nie? Volgens hul eie Code of Conduct mag hul n onwettig opdrag weier. Hul het nie, maar is ook Nie aangekla Nie. Hoekom Nie??? Ondersoek die weermag net sake wat in die buiteland hul beeld skade Kan berokken??? Terwyl die Minister van Verdediging in parlement toegegee het dat weermag wapens in transito rooftogte gebruik word??? Hoeveel beheer het die weermag oor hul wapens? Was se bedreiging het n enkelma met n kind met n ongeneeslike siekte vir die weermag ingehou dat hul dit nodig geag het om wapens op ons te rig??? Ek het Geen maar Geen respek Vir die weermag nie. Alles Kan egter Nie onder die mat gevee word Nie…..die waarheid Kom altyd uit. En die God wat Ek Dien slaap of sluimer nie- Alta Smit, Militere Basis , Port Elizabeth

Paul ·

Afriforum, ek lees ‘n wekroep van Alta, sy is verseker nie die enigste nie, kan julle help? Ons weet mos hier is erge vergrype in die land.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die jagter Piet van Gase
Had dikwels die verdriet
In plaas van vette hase sy honde raak te skiet
Toe het oom Koos van Tonder
die raad hom ingeblaas
Hy mik nou vir sy honde
en dan tref hy soms ‘n haas……….

christa ·

Pragtig aan die Militere appelhof. Wil hulle nie ook in die privaatinsektor kom optree nie. Dan sal daar beter strawwe wees vir moordenaars. Ons howe vat alles te ligtelik op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.