Soldaat se liggaam in kattebak gevind

Die SANW en die polisie is ontplooi op die Kaapse Vlakte (Foto: Henk Kruger/Cape Argus/ANA)

Die ANC se studiegroep oor verdediging en militêre veterane het Maandag gesê hy is geskok oor berigte van die verkoolde liggaam van ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat in ʼn motor se kattebak gevind is.

Die soldaat is in Kaapstad ontplooi as deel van Operasie Lockdown, ʼn voortgesette operasie om bendebedrywighede in die Wes-Kaap te bekamp.

“Ons veroordeel hierdie sinnelose moord en ander geweld teen ons land se soldate wat in ons gemeenskappe op die Kaapse Vlakte ontplooi is om die vrede te bewaar,” het Thabo Mmutle, namens die studiegroep, gesê.

Hy het gesê die groep verwelkom nuus dat die polisie reeds persone in hegtenis geneem het wat van die moord verdink word. Mmutle het ʼn beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag gedoen om met die polisie saam te werk om seker te maak die oortreders word vervolg.

“Bendegeweld het te veel mense se lewens geëis in ons gemeenskappe en dit moet tot ʼn einde kom. Ons maan lede van die gemeenskap om die SANW en die polisie by te staan om die bendegeweld te beëindig deur voorvalle van geweld teen soldate en ander wetstoepassers aan te meld.”

Hy betuig sy meegevoel met die soldaat se familie en vriende en die SANW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Goeie naand MM. Is daar n probleem met die forum. Op my selfoon is daar geen fotos by die berigte nie en kommentaar maak ook nie oop nie.

Piet ·

MM maak asb seker van julle feite. Die weermag lid was nie deel van OP Lockdown nie. Nie alle weermag lede van die onderskeie eenhede in die Kaap is deel van die operasie nie. Die weermag het ook niks te doen met die bendes nie. Dit is die SAPS se werk die Weermag bied ondersteuning aan die SAPS.

Michael P ·

Hoe kan die A N C heel tyd se hulle is geskok oor n moord hulle keur moorde dan goed.

Lourance ·

@Michael, hul is geskok want dis die verkeerde ras wat vermoor is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.