Soldaat val na sy dood tydens militêre demonstrasie

(Argieffoto) Oryx-helikopter Foto: airforce-technology.com

ʼn Suid-Afrikaanse soldaat het die afgelope naweek uit ʼn helikopter na sy dood geval tydens ʼn militêre demonstrasie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het bevestig sers. Goodwill Kabelo Moagi (35) het Saterdag per ongeluk uit ʼn Oryx-helikopter geval tydens ʼn demonstrasie van militêre onttrekking by die spesialemagte-viering in Phalaborwa in Limpopo.

“ʼn Amptelike ondersoek is van stapel gestuur om die verloop van gebeure wat gelei het tot die noodlottige ongeluk te bepaal,” lui ʼn verklaring van die SANW.

Genl. Solly Shoke, hoof van die SANW, is luidens die verklaring hartseer oor “die tragiese afsterwe van ʼn SANW-lid wat aan die 7- mediese bataljon verbonde was tydens ʼn toudemonstrasie in Phalaborwa”.

Moagi was die spanleier ten tyde van die ongeluk.

Volgens die verklaring het Shoke, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, asook Sam Gulube, die sekretaris van verdediging, hul medelye met die familie, geliefdes, kollegas en vriende van Moagi betuig.

“Mag sy siel in vrede rus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

willie ·

Eers val ñ brandweerman verdiepings vêr na sy dood, toe ploeg die helikopter tydens ñ demostrasie met die AAD skou en nou hierdie ongeluk! Iets sê vir my opleiding skiet te kort!

Die waarheid ·

@mo. Hy was baie goed opgelei so asb. Dit was n ongeluk wat nie moes gebeur het nie. Sulke goed gebeur al is jy hoe goed opgelei. Simpatie en sterkte aan sy makkers en familie.

Rambo ·

@Die Waarheid. Aan jou brief kan ek lees jy was nie in die ou Weermag nie. Ongelukke gebeur as jy nie genoeg opgelei is nie. Ek stem saam met Willie. Aan die huidige statestieke kan ‘n blinde man sien opleiding is die probleem.
Ongeluk =gebrek aan goeie opleiding en ondervinding

AW ·

Gaan kyk asb ook hoeveel Recce’s oorlede is gedurende opleiding….

Wayne ·

@AW . Die antwoord is GEEN ! Tydens opleiding is jy nie n operateur in die spesmagte nie . Slegs na jou opleiding ontvang jy die ” laurel dagger ” . Dan is jy eers n ” Recce ” .

AW ·

Nou wonder ek van watter Special Forces die volgende lede was????

Ceremony for soldiers missing at sea
NEWS 24 – 09:11 30/10/2013

Johannesburg – A private ceremony will be held for the families of two special forces members missing at sea in Namibia, the SA National Defence Force (SANDF) said on Tuesday.

The purpose of the ceremony was for the families to conduct rituals in accordance with their culture, SA Navy spokesman Captain Zamo Sithole said in a statement.

Captain Kgabo Wilson Mabutla, 27, from Ga-Matlala in Polokwane, and Corporal Senatla AbelSebooa, 27, from Orange Farm, south of Johannesburg, have been missing since 6 October. Both are members of the special forces regiment.

They disappeared in a boat accident during a SA Development Community special forces training exercise in Sandwich Harbour, Walvis Bay, Namibia.

An extensive search was carried out, but the operation had now been scaled down, Sithole said.

Onopgelei ·

Die ouens wat moet oplei is nie opgelei nie. Die ouens wat die eertes moes oplei was ook nie opgelei nie. Nou wat het jy dan ? ‘soldate’ wat absoluut niks beteken nie. Dieselfde as onderwysers in S A. Nou stap studente uit die eksamen lokaal want die toetse is te moeilik. Hulle was al die jare deurgesit. Wonder wie het die ‘soldate’ deurgsit? Die onopgeleides neem ek aan.

willie ·

Nie baie jare terug nie het hulle ñ leerling swart vlieënier wat so drie keer sy lesensie nie kon slaag nie op Langebaan weens druk van bo deurgesit! Die resultaat was dat hy homself en die Pilatus vliegtuig afgeskryf het! So kan ons nog baie voorbeelde in die verlede gaan opdelf! Maar leer sal hulle nie, want transformasie kry voorkeer! Tragedie op tragedie!

vissie ·

Dit bly baie tragies…my volle meegevoel aan sy kollegas en famillie

Honeybird ·

I Have a brother in the Defence Force, and if I understood him correctly, that there was a Recce Operator that was killed during a training exercise in the 80’s, when the members parracute failed to open.

However, this information was not made public, due to the then regimes policy of non transparancy and secrecy

Marthinus Willemse ·

@Rambo: Die ou SAW was nie so wonderlik nie. Baie foute en probleme is stil gehou en weggevee. Tydens Oefening Thunder Chariot in Lohatla het `n Ratel oor twee troepies gery. Gelukkig het hulle net `n paar skrape opgedoen.

My oom, Paul Willemse, is in 1965 dood nadat hy tydens strafdril vir water gevra het. Hy is onder andere deur sy onder-offisiere geskop. [Ek het `n artikel vir Volksblad daaroor geskryf.]

Die Chinese het `n gesgede: As jy niks doen nie, maak jy geen foute nie.

SjN ·

Nie net opleiding wat op standaard is nie, kyk na die verwaarlosing van die perde by Potchefstroom basis, dit alleen spreek boekdele.

Martha ·

I am open for Correction as I am relying on memory…… my late friend, has told me one saterday evening, at a braai that they in the police was told that “There is not such a thing as failing a police trainee” , and that even should a police trainee fail for a third time that the police trainee must be found Competent eventually.

This “There is no such thing that a police trainee will fail and must be found competent – Thinking” generated from the mass recruitment, prior to the Soccer World Cup 2010.

It is alledged that there are academics that have written papers / books about the poor / lower standard of training, however I still have to find and read such document or book.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.