Soldate beseer toe militêre voertuig omslaan

Die SAMil 20-vervoerwa het glo van ‘n brug af getuimel. (Foto: Vehicle Trackers/Twitter)

Vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is na ’n hospitaal geneem nadat ’n militêre voertuig Maandag in die omgewing van Ladysmith in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Die soldate, almal verbonde aan 5 SA Infanterie Bataljon (5 SAI), was in ’n SAMil 20-vervoerwa van die Boschhoek-opleidingsarea op pad terug na 5 SAI in Ladysmith toe die voertuig omstreeks 10:00 op die Wasbank-pad omgeslaan het.

Die SAMil 20 het na bewering van ’n brug afgetuimel. Die brug is glo op ’n grondpad geleë.

Die soldate het ligte tot ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en is na twee onderskeie hospitale in Ladysmith geneem vir mediese behandeling.

Die SANW sê in ’n verklaring ’n ondersoek sal gelas word na die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Misky ·

Nie verras nie en al videos gesien oor die bestuursvernuf van deesdae se lede. Skokkend om minste te sê

Persheks Adri ·

Hulle kan nie eers in klim of spring nie so ja… Trots SA

Juffrou ·

Seker die bruggie misgery. Dit kom van jaag op ń grondpad. Beskik mos oor geen bestuursvernuf óf logika.

FM ·

Dis nie sulke ongewone nuus nie

SAMEL het van middelbaan in ‘n eenrigting straat sommer bo-oor ons Mazda na regs gedraai. Onnodig om te sê dat die R95000 skade nooit aan ons vergoed is nie.

Dis genade dat ek geen besering opgedoen het nie

Kokkie ·

Gaan maak nou oorlog met sulke idiote. Hulle het al die oorlog verloor voordat daar nog ‘n enkele skoot geskiet is.

Niklaas ·

Die weermag van Malawi sal ons sukkelaar soldate binne enkele ure oorrompel, as mens kyk na hierdie vlakke en standaarde van die huidige SA Army

Swerwer ·

Was die brug dalk onstabiel? ‘n Samil 20 is ‘n stabiele voertuig en kan grondpaaie/ongelykhede goed hanteer.

Boerkind ·

Die opskrif moes lees: ANC gooi land om met CR aan die stuur…. selle storie!

Windhond ·

Hou hulle asb net weg van n Buffel af – hy val sommer om as jy na hom kyk

Lion ·

Korrek. As ek reg onthou het ons meer soldate verloor agv voertuig ongelukke as deur vyand optrede in die 1980’s.

Pablo ·

Nog nooit in my dae van so iets gehoor nie, maar dan onder due ANC is niks meer vreemd nie.

ES ·

My pa is ‘n oud 5 SAI veteraan en was verbonde aan die Bourke’s Luck spoorsny eenheid naby Graskop. Dit was die dae toe ons weermaag nog integriteit en bevoegdheid gehad het…

Kokerboom ·

SANW op pad na totale selfvernietiging. SANW is sy eie grootste vyand

Niklaas ·

Ek sal nie verbaas wees as daar bevind word dat hierdie kerels eers lank by ‘n Sjebeen gestop en kuier het nie . Daardie inligting oor sulke bloed toetse sal ons natuurlik nie hoor nie.

Chris dupreez ·

Lede van 5SAI en hulle ry n Samil van n brug af ??. Wow, so much vir ons infantri.

Anoniem ·

Die drywer is seker verbonde aan die een of ander taxi organisasie …

Anel ·

Hoef nie ver te ondersoek nie. Bestuurder het seker nog nooit so voertuig bestuur nie. Ai, tog. En hoeveel beloop die skade wat ons nou weer moet dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.