Soldate in hof wat glo help voertuie oor grens smokkel  

Die verdagtes in die hof. (Foto: NVG)

Sewe weermaglede het Woensdag in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn nadat hulle glo met sindikate gekonkel het om gesteelde motors in ruil vir geld oor die grens te smokkel.

Rapula Reuben Maidi (49), Edward Lepokola (48), Bulelani Danti (29), Ludwe Gwedashe, Thembani Mjelo (31), Marks Funeka (49) en Peter Thato Namane (51) is onderskeidelik Maandag en Dinsdag in hegtenis geneem tydens ’n gesamentlik operasie deur die misdaadintelligensie-eenheid, die nasionale ingrypingseenheid (NIU) en die weermag.

Dié weermaglede was tussen 2017 en 2019 by die Beitbrug-grenspos ontplooi om die gebiedsintegriteit van Suid-Afrika te beskerm.

Hulle het glo in die tyd saam met sindikate gewerk en omkoopgeld geëis waarna hulle toegelaat het dat voertuie oor die grens na Zimbabwe gesmokkel word. Daar is glo R15 000 per voertuig geëis.

Die verdagtes sal na verwagting tydens hul volgende hofverskyning op 28 Junie om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Wat nog?

absoluut

Dis nou die beeld van ons eens magtige en trots weermag

Kaptein67

Soldaat se [email protected]!!! Kriminele JA!!

Kokerboom

Oneervolle ontslag SONDER pensioen en tronkstraf. Dis omdat ons krummels aanstel dat Staat kan spog en se ons het soveel werk geskep!!!As oudoffisier(burgermag) skaam ek my vir die ding wat hul tans die SA Weermag noem!!

SjN

Koekom borg, hul gaan net soos die voertuie oor die grens verdwyn, hou hulle in veilige bewaring.